‘De Klerk sou in die tronk wees as ek president was’

Malema Maandag buite die hof. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Malema Maandag buite die hof. Foto: Getrude Makhafola/ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het Maandag ná sy verskyning in die Bloemfontein-landdroshof gesê oudpres. FW de Klerk sou in die tronk gewees het as sy party aan bewind was.

Malema het buite die hof aan ondersteuners gesê De Klerk het as “leier van die apartheidsregering wag gehou oor die moord op swart mense”. Die FW de Klerk-stigting het Malema vroeër gekritiseer oor sy uitlatings verlede week dat wit mense besoekers in Suid-Afrika is.

“De Klerk het geen reg om ons voor te skryf oor aanhitsing nie … hy het wag gehou oor die moord op ons mense. De Klerk moet elke aand as hy gaan slaap bid dat Malema nie president van Suid-Afrika word nie. As ek president word sal De Klerk toegesluit word vir die misdade wat hulle vir baie lank teen swart mense gepleeg het.”

Volgens Malema verdien De Klerk “om in die tronk te verrot” aangesien hy “nooit gestraf is vir die moord op swart mense nie”. Malema is luid toegejuig. “Wie is De Klerk om my te wil voorskryf oor demokrasie? ʼn Moordenaar? Ek sal nooit vir De Klerk luister nie. My wens is om hom in die tronk te sien en vir lank te sien swaarkry,” het Malema gesê.

“Hulle het ons mense doodgemaak en soos diere geslag. Ons vra nie dat wit mense geslag word nie, minstens nie nou nie.”

Malema het verlede week soortgelyke uitlatings gemaak wat hom reeds ʼn klag by die Menseregtekommissie en die parlement se etiekkomitee op die hals gehaal het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Kiepie ·

Hoekom kry hierdie man se doen en late so baie media-dekking? Sy party verteenwoordig 18% van die kiesers maar daar gaan nie ‘n dag verby dat hy nie in elke koerant, op tv-, internet- en radio-berigte verskyn nie. Besef die media nie dat hulle presies in sy hand speel nie? Pleks daarvan dat sy boodskap deur die 50 of 100 buite die hof gehoor word, word dit nou aan die miljoene uitgebasuin deur die media.

Karring ·

Ek stem saam met malema in hierdie geval, ek sou ook baie graag fw in die tronk wou sien.

Ekke ·

En so praat die slagter van wit boere maar net aan en aan……. Amazing land die van ons

Vivian ·

As ek President kon wees sou hy ook in die tronk gewees het, maar vir die waarheid. Nie vir opgemaakte stories nie.

Lila ·

Waar kom die siel aan sy inligting? Ek self is nie n de Klerk aanhanger nie.. maar wat darem te erg is, is te erg.. waar het hy hom skuldig gemaak aan volkemoord.. en waar is daar mense soos diere geslag in die ou SA? Dit is ‘n nuwe tendens dat mense op plase en plotte en selfs in dorpsgebiede deesdae soos “diere” geslag word en Zuma en hý gaan nog boet vir dit!

Schalk ·

Malema is soos tipies altyd oningelig oor sy bewerings en uitlatings . De Klerk is verwerp deur baie blankes en daar was teen hom gedraai soos wat Malema nou teen Zuma draai. Politikuste is nie almal eerbaar in hulle motiewe of metodes om beheer te verkry nie. Dit is kenmerkend hoe die DA na die verkiesing skielik uit die EFF se galbraak bly. Nog meer kenmerkend is hulle stilswye teenoor die witman se rol in hulle verkiesings seges. Of is ek nou verkeerde kant van die politiek met my bewerings oor onderlinge onderhandelinge op die prinsiep van “I will help you win , You will score when I win?

Annemarie ·

Stem saam Schalk… Tjommie tjommie… Dit was waarskynlik al voor die verkiesing so beplan!!! Onthou Malema het nie geskiedenis op skool gehad nie…vandaar die foutiewe inligting!

Boetman ·

Schalk, daai “Politikuste is nie almal eerbaar in hulle motiewe of metodes… ” rek darem die realiteit. Na ‘n leeftyd soek ek steeds na slegs een eerbare politikus.

Elsje ·

Ons en julle kinders speel saam, ons en julle kinders is vriende, ons en julle kinders sing en dans saam. Julle is die probleem, julle wil nie toelaat dat ons en julle kinders versoen nie. Julle hou van haatspraak en moord.

Nici ·

Die meerderheid Suid Afrikaners soek vrede maar haat en rasse onverdraagsaamheid word aangevuur deur politisie wat almal speel vir eie gewin. Elke mens moet self besluit of hy ñ yoyo wil wees of nie. Die tou waarmee Malema almal speel gaan nog die een wees waarmee hy homself gaan ophang.

Simon ·

Malema is slim genoeg om te weet hy kan sulke laakbare en strafbare opmerking in die openbaar te maak terwyl hy nie daaroor aangetas kan word nie.
Dis nie n siviele saak nie want geen individual word geraak nie.
Dis nie n kriminele saak nie want die OB sal nie n saak teen hom opvolg nie.
As hy blank was en sulke opmerking sou maak was hy al voor eergister in die tronk

Johann ·

Waar is die Afrikaner organisasies, almal van julle, nie net Afriforum nie, waarom sleep hulle vir eens en vir altyd nie die man voor die hof en kry ‘n uitspraak wat die werklikheid uitspel nie? En ek praat nie van die een wat nou uitgestel is nie, want daar is ook maar net een of twee instansies by betrokke. Dit lyk my julle neem die man nie ernstig op nie. Ek kry die indruk dat julle besig is om ons te versaak. of gee julle net nie om nie? Wat is hierdie wat hy nou kwytraak anders as ‘n uitdaging aan die Afrikaner en FW?

Vaalseun ·

Malema het gesê hoe meer hy lees, hoe meer besef hy hoe min weet hy. Het iemand dalk vir hom ‘n boek oor Tsjaka? Dit word geskat dat Tsjaka 2.5miljoen swartes tydens sy skrikbewind laat dood het. Ek is nie bewus van ‘n aanklag teen FW dat hy ooit eers probeer het om ‘n mens dood te maak nie, van watter kleur ookal.

foxi ·

Malema…….n baie klein sandkorreltjie in die woestyn…..

Johann Barnard ·

Hulle kan bly wees ek is nie president nie,ek sou Hitler soos n engeltjie laat lyk het.

Ouma ·

Ek is nie ‘n boffin met geskiedenis nie. Maar as ek reg verstaan, het die swartman die grond van die Koi-San afgeneem wat eerste in SA was. Op ‘n skinkbord gekry? Ek twyfel. Hulle is uitgemoor. Malema is Suid Afrika se grootste vyand. Slim en geslepe.

Jan ·

Die slagting is deur dingaan begin nadat hy Piet Retief vermoor het. Babatjies teen die wawiele doodgeslaan…… Weet jy daarvan malema?

Theresa ·

Hy lees seker die feite van een of ander geskiedenisboek verkeerd. Wie het nou eintlik vir wie deur die jare heen sogenaamd geslag? Liewe aarde!

leon ·

Ek stem met jou saam Jan hulle het mekaar uitgemoor en die ANC het baie van sy eie mense in hul opleidingskampe vermoor en dit voor die deur van die apartheidsregering gegooi. As die witmense hulle soos vermoor het soos Malema se hoekom is hulle 45miljoen vandag

M'Lady ·

Hoe enige regdenke wit mens nog kinders in die wereld wil bring in hierdie land gaan my verstand te bowe.

Theresa ·

Nou toe nou Mnr Opsteker en Haatspraak nr 1. Wie dink jy is jy om soveel te sê oor vorige leiers?? Wat van baie ander leiers – onder andere jou voorgangers wat voor in die koor was met allerlei misdade.
Gee ‘n paar van die “slag”voorbeelde. Ek weet waaragtig nie waarvan jy praat nie.
Wie in die wêreld is onskuldig wanneer daar sogenaamd gestruggle word.
Wens jy wil grootword. Jy skaad vooruitgang en vrede. Sies man.

Bruno Stef ·

Malema lei aan n massiewe minderwaardigheids kompleks teenoor witmense daarom dat al sy uitsprake op die verkleinering van veral Afrikaans sprekende witmense gerig is.Dit is alles goed so vir die oomblik ons sal mekaar dan maar vorentoe weer ontmoet as jy dan jou langtermyn vooruitsig wil uitvoer soos jy gese het ons wag maar en sien.

Jean ·

Ag aarde tog en ons skryf steeds artikels oor hom . ek wonder wat sal gebeur as GEEN koerant of GEEN ander mediahuis enige dekking aan hom verskaf nie? Waar val hy nou met FW uit? FW was dan hulle hero op ‘n tyd gewees. Toemaar boet as die hemel op ons val het almal blou mussies op .. what the??

Jebs ·

Ek sien nie dat die DA enige iets sê oor hierdie karakter se klappermond nie…..hul mos bitter selektief oor wie hul kommentaar lewer en teen wie hul optrede eis. Wakker word mense!! Jul passiewe houding maak van jul kannonvoer.

Rupert Ashford ·

Hy het die DA aan die spreekwoordelike beet want dit is hy wat hulle aan bewind hou in hierdie munisipaliteite waaroor julle almal so opgewonde is. Hulle durf nie iets teen hom se nie.

Rocky ·

Jebs. Lees maar ‘n bietjie wyer om die algemene kennis the verbreed.

tom ·

Malema jy’s n siener jy gaan jou gat sien ,wil net vir jou se ek is wit blanke afrikaner ek is nie bang vir jou jys n lafaard wag maar die wiel draai

KP ·

Malema weet niks van geskiedenis maar het darem n F gekry in houtwerk so hy behoort n kabinet te kan bou uit van sy ondersteuners………………….

Esmay ·

Malema bedoel seker hy kan nie glo dat n mens soos fw de klerk so simpel kan wees om jou eie volk af te teken en vir die wolwe te gooi nie. Ek dink Malema wil hom doodlag want ek sou ook!!! Malema het beslis die hef in die hand want die grondwet is nie die papier werd wat daarop staan nie …..!!!!!

ADRI ·

Hoe is dit moontlik dat Juluis Malema al hierdie uitlatings kan maak sonder dat dat iets gebeur of is hy verhewe bo enige ander mens in SA. Hy verwag van ander Suid-Afrikaners om ordentlik op te tree geen haatspraak geen korrupsie maar hy oortree byna elke moontlike wet ooo gaats het vergeet wette is hier nie meer nie in elk geval net vir sekere Suid-Afrikaners die wat die belasting betaal en die land aan die gang probeer hou terwyl die ander persone ons land ‘n sirkus maak. Sjoe van die politieke leiers moet wakker word net in hulle koppe is daar apartheid en rassisme die res van ons is al verby daardie staduim is mos 1994 verby. Of is dit nou net omgekeerde apartheid en rassisme??????

R Eaton ·

Die linkse media gee hom al die blootstelling wat hy benodig. Waarom Trump gewen het. Wyse mense begin deur die media te kyk.

Oom Kalahari ·

Die jong seun “Malema” was gebore met die goue lepel en toe hy moes leer het hy getoi-toi. Daarom dat hy so agterstand met die geskiedenis beleef. Die “Afrikaner Boer” het vir hom ‘n tuiste en geleenthede geskep in hierdie land en waarom is hy dan nie so uitdagend teenoor die Britte nie aangesien dit ‘n Britse Kolonie was? Laat die rustende leeu met rus asb en geniet die goeie demokrasie wat almal gebied word..

gatiep ·

Die nie die rooi ou weet eintlik self wat sy eie agenda is nie.
Hy baklei dan nou teen die einste ou wat die land gegee het vir hulle?

Callie van der Merwe ·

Jou haatspraak en en swak kenneis maak my naar! Ou seun jy kook oor van die haat! God sal met jou afreken!

Drikus ·

Nou maar mooi. Gaan Malema gestop word? “Ten minste nie nou nie”, om sy eie woorde te gebruik!
Hoop hy lees tussen die lyne, soos hy wil hê ons moet.

Manie ·

Ek stem saam dat DE klerk in die tronk hoort vir verraad teen die Afrikaner

Lance ·

Die media maak hom wat hy is niemand anders nie …hy is minderwaardig en diep haatdraend …hoe kan so iets verander wonder ek …die houding verseker vir hom n werk en geld in sy sak al sou hy besluit hy sien dit anders en verander …catch 22

Jan ·

Dit laat hom sterk en ongelooflik belangrik voel om die wittes so te kan uittrap, en dan juig die mense natuurlik vir hom. Dit pas my dat hy die wit mense so haat, dan bly hy uit my pad.

Wittes ·

Malema onthou net asb dat Pik Botha saam met De Klerk geloop het, bere vir hom ook ‘n sel.

Jan ·

En weet jy wat Malema, as jy reg is, dan is ek bly dit het gebeur, jy verdien dit. En nog iets, jy vermaak my nie, as ek als oor kan wens, dan wens ek dat als weer gebeur, presies soos dit het.

popeye ·

As ek Prez was was jy in die tronk Juju….maar nou is nie ek of jy Prez nie so ons gebrabbel bly maar gebrabbel of hoe…boet?

PMB ·

Iemand moet die ongeleerde nar op sy plek sit. Hy is besig om baie mense onnodig te onstel. Ons het genoeg om mee daagliks te deel ons het nie nog sy bog nodig nie. Die enigeste mense slagting wat hier plaas vind is op ons volk. Geen politieke party se iets oor Malema se uitlatings nie want dit is maar net teen die wit Afrikaner?

lettie ·

Hy kry hopeloos te veel mediadekking. Buitendie deel hy en mugabe n enkele breinsel al om die ander dag. Mugabe het die wittes verjaag maar steeds het hy nie geluk gekry nie, net teespoed en verdrukking vir al sy eie mense.

Anoniem ·

Dit is hoog tyd dat iemand vir Malema ‘n les gee van die volledige en ware geskiedenis van Suid-Afrika.

Johanna Botha ·

Ja en om te dink in 1976 was n zim Dollar sterker as n Britse pond ….hehe kyk wat het gebeur tot nou …toiletpapier is glo ek meer werd hehe

Lassie ·

Baie teleurgesteld in Maroela Media dat Malema soveel dekking kry. Wat probeer julle bereik deur sy uitlatings te adverteer? Nog rassehaat aan te blaas? Belaglik.

Dan ·

Ek stem saam dat de Klerk in die tronk hoort, maar nie vir die redes wat Malema uitgedink het nie – doodeenvoudig vir sy verraad teen die Afrikaner. Malema is ‘n direkte gevolg van de Klerk en sy trawante se vrywillige oorgawe van die land. Die mense wat destyds vir die nuwe SA gestem het, moenie nou kla nie. Hulle was behoorlik gewaarsku.

Esmay ·

Dan. Stem heeltemal saam. Elke Ja stemmer van 1992 behoort hul kop in skaamte te sak. Hulle is indirek aandadig saam met fw de klerk vir wat hier aangaan.

Rupert Ashford ·

Ek tel 5 ouens wat potensieel vir hom gaan stem uit die kommintare (let wel nie kommentare). Geen wonder die boere is waar hulle is nie.

Vic ·

Malema is n slim man, nes Donald Trump. Teiken die regte gehoor, wat nie vir hulleself kan dink nie. Dit werk, want hulle is die meerderheid.

Nico ·

Dis maar hoe n nar is mense lag die heel tyd vir hulle malema as jy eerlik en opreg is maar ek dink nie so nie oorhandig jou self vir die geld wat jy by Sars en jou mense gesteel het onthou dis nie net wittes wat betaal nie

non ·

Malema kan maar kom. Ek is reg vir hom. Kan nie wag nie!!!Wat de klerk aanbetref – hy is klaar in sy eie tronkweens verraad teenoor sy eie mense. Hy is nerens welkom nie.

Theresa ·

‘n Uitbuiter van formaat. Hoop verseker dat slim sy baas vang in hierdie geval.
Ek is oortuig daarvan as enige blanke dieselfde uitlatings oor enige ander kleur in hierdie land sou maak, daardie persoon summier gearresteer, verhoor en tronk toe gestuur word vir rassisme en haatspraak. Sy swak manier van doen, laat mens gril.

Flippie ·

En as ek president was, was Mandela nog steeds in die tronk.

neelsie ·

Wat verwag jy van iemand wat Mugabe as rolmodel het?
Die swakste van swakkes.
Hy is n haatblaser, wil net he een blanke moet aksie neem ,om so weer ons te beskuldig van alles en nog wat.
Sy populistiese styl verlei en saai net haat.

Kas Smit ·

Malema is nie onkundig nie – hy verkondig net halwe waarhede aan mense wat graag wil glo hulle word verdruk en hierdie soort praatjies laat hulle lekker voel en sweep hulle op. Hulle is ‘n klein groepie in vergelyking met die totale bevolking, maar hulle word vinnig meer soos met die #Fees must fall ens. gebeur het. Swart mense moet reg ingelig word, maar dit sal nie ‘n wit persoon moet wees nie want hy/sy sal as ‘n leuenaar uitgekryt word. Dit moet uit die swart geledere kom, maar ek dink nie daar is een van hulle wat braaf genoeg is nie, maar op die een of ander manier moet Malema ontbloot word as die opportunis wat hy is.

Johan ·

En jy sal al doodstraf gekry het vir haatspraak as ek president was….maar jou tyd raak min…

Rynhardt ·

De Klerk gaan nooit al sy miljoene kan uitleef nie! Ek ondersteun enige strafregterlike vervolging van De Klerk en sy natte asook die wat hom gehelp het om die afrikaner te verraai.Ek ondetsteun nie Malema in enige iets nie! Ons volk moes lankal opgetree het teen die verraaiers wat lekker vryelik tussen ons beweeg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.