De Klerk-stigting reageer op EFF-aanval

Oudpres. FW de Klerk by die Staatsrede (13 Februarie 2020) (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Die FW de Klerk-stigting het EFF-leier Julius Malema se aanval op die voormalige president veroordeel as “boelietaktiek om die demokratiese prosesse te ontwrig”.

“Ons het sy tipe al vantevore gesien. Diegene wat uniforms dra, wat boelietaktiek gebruik om die demokratiese prosesse te ontwrig, wat rassehaat aanhits hul leiers ‘Führer’, ‘Duce’, of ‘Commander in Chief’ noem,” het die stigting Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Malema beklee die amp van “Commander in Chief” en die EFF-LP’s is bekend vir hul rooi uniforms – oorpakke, mynhoede en voorskote en serpe vir vroue.

“Oudpresident en Nobelpryswenner FW de Klerk en sy vrou Elita moes [Donderdagaand] tydens die staatsrede herhaaldelike venynige aanvalle deur Julius Malema en EFF-LP’s aanhoor,” het die stigting gesê.

“Hulle beweer sy hande ‘drup van bloed’, insluitend die bloed van diegene wat by Boipatong doodgemaak is. En die ergste, dat FW de Klerk die vorige week tydens ʼn televisieonderhoud ontken het dat apartheid ‘ʼn misdaad teen die mensdom’ was.”

Die stigting het gesê De Klerk het sy ampstermyn gebruik om apartheid te ontbind en oor ʼn nuwe Grondwet te onderhandel wat ʼn nuwe bedeling ingelei het waar alle Suid-Afrikaners gelyk is voor die wet.

“De Klerk het herhaaldelik die growwe ongeregtighede onder apartheid erken en het op verskeie geleenthede om verskoning gevra vir diegene wat onder vorige regerings gely het. Hy het die proses gelei wat uiteindelik die afskaffing van alle oorblywende apartheidswette beteken het.

“Die idee dat apartheid ʼn ‘misdaad teen die mensdom’ was, bly politieke propaganda deur die Sowjetunie en hul ANC/SAKP-vennote om wit Suid-Afrikaners te stigmatiseer deur hulle te vergelyk met werklike misdade teen die mensdom – wat gewoonlik algehele totalitêre onderdrukking en die slagting van miljoene mense insluit. In teenstelling, het ongeveer 23 000 persone tussen 1960 en 1994 in politieke geweld en minder as 5 000 is deur sekuriteitsmagte doodgemaak. Meeste van die sterftes het plaasgevind weens die konflik tussen die IVP en die ANC.”

Die stigting se verklaring stel dit in teenstelling met gruweldade onder kolonialisme in ander Afrikalande. “Die Britte het tydens die Mau-Mau-opstand meer as 320 000 persone aangehou en meer as ʼn duisend Mau-Mau-lede is gehang. Die Franse het meer as 140 000 persone in Algerië doodgemaak in ʼn oorlog wat 700 000 lewens geëis het.”

Die stigting versoek ʼn gebalanseerde begrip van die verlede en verwys na emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu wat in John Allen se boek, Rabble Rouser for Peace, gesê het daar is geen bewyse om De Klerk met apartheidsgeweld te verbind nie.

“Niks hiervan het ten doel om die ongelykhede wat ongetwyfeld onder apartheid gepleeg is, te verbloem nie,” lui die verklaring.

“Dit is ironies dat Julius Malema, wat die venynige aanval op De Klerk geloods het, gedreig het om ʼn werklike misdaad teen die mensdom te pleeg toe hy op 7 November 2016 gesê het: ‘Ons eis nie die slagting van wit mense nie – ten minste nie nou nie’.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Grassie ·

Ek wonder of de klerk nie nou al ‘n bietjie eensaam begin voel nie. Hy word nou van links en regs verfoei. Dit is blykbaar nog net ‘n paar veteraan ja-stemmers wat hulle om hom skaar.

Dr Pieter ·

Sodanige kommentaar kom slegs van mense wat geen idee het van die toestand waarin SA verkeer het voor 1994 nie. Dit is grotendeels weggehou van die bevolking deur noodtoestande en streng beheer van die media.
Hoeveel weet u van al die dinge wat veral tussen 1985 en 1990 gebeur het? Doen bietjie navorsing in buitelandse publikasies van daardie tydperk, wat nie onder dieselfde sensuur geplaas was nie.

FW is ‘n held en staatsman van wêreldformaat. Hy het grootskaalse bloedvergieting voorkom en het die moed en durf gehad om ‘n onverdedigbare stelsel beëindig, wetende dat dit hom sy eie magsposisie as Staatspresident gaan kos.
Die tragedie is nie dat sy vyande hom aanval nie, dit is te verwagte, maar wel deur leuenstoel politici wat ook maar agter “slogans” aanhardloop, net soos Malema se volgelinge verblind word vir die waarheid deur sy slagspreuke.

gatgogga ·

Dr Pieter, jy kan maar net nie verby jou oogklappe sien nie, kan jy?
Almal weet dat iets gedoen moes word om apartheid te be-eindig. Verstaan dit tog nou eenmaal, en verduidelik dit aan jou gekaapte makkers daar. Ons besef dit.
Waaroor ons kla is die manier waarop hy alles opgegee het, en homself daarna onttrek het sodat die wittes van hierdie land die prys moes betaal vir die NP politici se selfsugtigheid en onbekwaamheid.

Estelle ·

Ek stem saam Werner. Hoop hy het baie vernederd gevoel. Selfs Ramaphosa het teen hom gedraai deur te se mense moet hom nie bedank nie. Hy het gedink hy gaan n “hero” wees en nou is hy niks. Mense beskou hom as n verraaier.

Strandloper ·

Ek stem saam apartheid was nie reg nie…maar hoekom jou eie volk uitverkoop? Twee verkeerders maak nie n reg nie!

Nie Verbaas ·

De Klerk, jy is seker trots om te sien waar ons land vandag is. Malema, enigste verskil tussen jou en n lee blik as dat die lee blik minder lawaai en meer kan dink.

Haan ·

Die waarheid kan kaal rondloop, maar n leuen moet altyd geklee wees

Jaco ·

Nee stemmers en hulle leiers van daardie jare is maar net so skuldig as FW. Vanaf 1979-80 het die AWB en klein regse groepe begin praat van ‘n volkstaat. Dis aanmekaar afgeskiet. Die regende Nasionale Party het gesê dis rassisme en “dit kan nie werk nie”. Die leiers van die regse konserwatiewe party en die HNP het ook gesê “dit kan nie werk nie” en eerder geglo dat hulle, al werk hulle nie saam nie, kan eendag ‘n verkiesing wen, die regering word en dan apartheid terugbring. Dit het toe nooit gebeur nie. 1 miljoen nee stemme in 1992 is af na 425 000 vir die vryheidsfront in 1994. Daarna kwyn die party. Eendag wanneer ons wit mense finaal uitgewis is, blameer dan nie net vir FW, die ANC en die EFF nie, maar sommer ook ons eie mense met ons gebrek aan belangstelling in verkiesings en met die alewige “dit kan nie werk nie” verskonings.

Kokkie ·

FW se lakeie, Dave Steward en Theuns Eloff, se oordeel het hulle nogeens lelik in die steek gelaat. Miskien was dit in opdrag van die oubaas self. Maar ‘n ware staatsman sou hom nie aan drek soos die EEF gesteur het nie. Malema en kie is self hulle grootste vyande. Om nou na die media toe te hardloop, jouself te pobeer verweer en regverdig, is niks minder nie as kortsigtig. Daarmee word aandag en erkenning verleen aan die EEF en Malema, en geniet hy nog méér onverdiende aandag as wat hy reeds van die SABC kry. FW het sy eie mense en alle minderhede in die land verraai en uitverkoop en dis die oorgrote sentiment en reaksie wat volg op hierdie ‘getjank’’ van sy ‘Stigting’. Hoekom het hy hom nie Donderdagaand beroep op sy veelgeroemde ‘wigte’ en ‘teenwigte’ waarmee hy kiesers bedrieg en mislei het nie? Daar was by my hoegenaamd geen simpatie vir hom Donderdagaand nie. Wat hy gesaai het, het hy verdienstelik en in oorvloed gemaai.

Michael ·

Ek het nooit gedink ek sal ooit met malema en sy party saamstem nie in hierdie geval steun ek hulle 100% oor de klerk.

Johan Venter ·

Julius skep sy eie fopnuus, veral oor wit mense, waarop hy teer en waarmee hy die wêreld storm loop, sy suurstof kry hy uit die reaksie van sy volgelinge en bloodstelling in die pers. Dan betreffende ander kommentare hieronder, hierdie aanval van Julius het niks met die referendum van 1992 of uitverkoop te make nie, daardie aangeleentheid is in rubrieke en artikels reeds elders in die week op Maroela bespreek.

Michael ·

Wie vereenwoordig fw de klerk in suid afrika, wat doen hy positief behalwe om elke jaar 2 Februarie bog te praat verder doen hy niks om sy foute reg te maak nie Solidariteit en Afriforum het al meer vir die die mense van SA gedoen as wat hy in sy hele ampstermyn as apartheid presedent gedoen het .

Petrus ·

Hoe het Dr Andries Treurnicht destyds in debat voor referendum met FW gesê? “Op die uiteinde sal die getalle die deurslag gee!”

gatgogga ·

FW en sy werknemers by die stigting is baie vinnig om vir FW op te kom. Om FW as persoon te verdedig.
Maar FW was nie daar om sy mense te verdedig toe hy nodig was nie. Toe was hy te besig om sy lewe van weelde en ontspanning te geniet.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die EFF Commander in Chief en sy lakeie rol sekerlik hierdie hele week op die grond rond en drink sjampagne en lag vanuit hul mae terwyl hulle al die galbraak negatiewe kommentare teenoor mnr F W de Klerk in hierdie artikel lees. En wat doen die klaers en verwyters vir die bevordering van geregtigheid en naasteliefde en vir ‘n pragtige vredevolle voorspoedige Suid-Afrika?

Jaco ·

En niemand blameer vir Ferdi Hartzenberg, Andries Treurnicht en Jaap Marais nie: almal regse politieke leiers wat TEEN volkstaatidees was. Teen afskei in ‘n kleiner vaderland. Niemand blameer ook die helfte van die 1 miljoen nee stemmers wat in 1994 nie gaan stem het nie. Niemand blameer die wegbly kiesers wat die vryheidsfront vir jare laat kwyn het nie.
Kortom, baie van ons eie mense wat nou so kla en net vir FW beskuldig, is maar net so skuldig.

henk ·

Ek hoop fw sal nog baie jare leef om die gevolge van sy toekomsvisie persoonlik te ervaar.

Johan Venter ·

As ek dit so hier bo bekyk is meeste mense, indien nie bykans almal nie, wat hier kommentare lewer dit eens dat Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom was en daarom ondersteun julle vir Julius en die EFF hierin. So maak nie saak wat FW gedoen het nie, julle is so kwaad vir hom oor die pad wat hy na die 1992 referendum geloop het, nou ondersteun julle sommer vir Julius net om FW daaroor by te kom, al het Julius en FW se uitlatings soos hier bo in die berig niks met 1992 se referendum uit te waaie nie, dit word nie eens genoem nie.

Waarom sê julle nie hy is reg oor sy uitlating betreffende Apartheid en Julius verkeerd nie, maar nee, julle klap nou sommer vir Julius hande. Ek daag julle om sy vergaderings te gaan bywoon en om hom daar in jul persoon toe te juig.

Ek skaam my dat ons sulke ruggraatlose mense het wat nie reg van verkeerd kan onderskei nie, julle is presies van dieselfde ingesteldheid as Julius.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.