De Klerk trek stelling oor apartheid terug

Oudpres. FW de Klerk by die 2020 Staatsrede (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Oudpres. FW de Klerk het Dinsdagmiddag sy stelling dat apartheid nié ʼn misdaad teen die mensdom was nie, onvoorwaardelik teruggetrek.

Dit nadat verskeie organisasies geëis het dat hy sy Nobelprys vir vrede teruggee oor dié gewraakte uitlating kort ná Donderdag se staatsrede. Die stelling het deel gevorm van ʼn verklaring wat die FW de Klerk-stigting uitgereik het in antwoord op die EFF-leier Julius Malema se aanval op De Klerk tydens die staatsrede.

“Ek het kennis geneem van die hewige reaksie wat ons antwoord op die EFF se aanval op my Donderdagaand uitgelok het. Die FW de Klerk-stigting het gevolglik besluit om die verklaring wat op 14 Februarie uitgereik is, onvoorwaardelik terug te trek en vra om verskoning vir al die pyn, woede en verwarring wat dit veroorsaak het,” lui nóg ʼn verklaring wat die stigting Dinsdagmiddag uitgereik het.

De Klerk sê hy stem saam met die Desmond en Leah Tutu- stigting dat dit nie nou die tyd is om te stry oor die vlakke van onaanvaarbaarheid van apartheid nie. “Dit was totaal onaanvaarbaar.”

Hy het daarop gewys dat die Internasionale Strafhof apartheid as ʼn misdaad teen die mensdom beskou en dit definieer as “onmenslike dade … gepleeg in die konteks van ʼn institusionele regime van stelselmatige onderdrukking en oorheersing van een rassegroep oor enige ander rassegroep, met die doel om daardie regime te onderhou”. “Die FW de Klerk-stigting stem saam met hierdie bepaling,” lui die verklaring.

De Klerk sê die stigting bly daartoe verbind om versoening tussen verskillende rasse te bewerkstellig en die waardes waarop die Grondwet gevestig is, na te streef. “Dit sluit menslike waardigheid, die verkryging van gelykheid en die bevordering van menseregte in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

42 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Kan al weer nie sy ou ruggie styf maak nie

Cheetha

Seker Maandag middag, Dinsdag kom nog?

Johan Venter

Soos FW de Klerk die land en sy mense destyds met die vermiste 1992 se tweede referendum in die steek gelaat het (wat hy toe nooit laat plaasvind het nie), baie sê hy het die land verraai, so het die FW De Klerk Stigting se oordeel nou die land in die steek gelaat met sy plasing verlede week op 14 Februarie oor apartheid wat nie ‘n misdaad teen die mensdom was nie en waarvoor FW vandag op 17 Februarie omverskoning gevra en dit onvoorwaardelik teruggetrek het, daardeur het hy NOU olie op diegene (soos Julius, die ANC, Thabo Mbeki en… Lees meer »

Nie Verbaas

Jou jellievis, hoe kan jy toelaat dat hulle jou intimideer?

Joe Olivier

Weereens kies hy die maklike uitweg en trek sy woorde terug. FW maak nou ons boere ook gelukkig en gee jou nobel prys terug en skenk n paar miljoen aan die slagoffers en hul families van plaasmoorde.