De Kock: ‘Ek is nie ’n rassis’

Quinton de Kock. Foto: Randy Brooks/AFP.

Quinton de Kock sê hy is bereid om die knie te buig as dit opvoedingswaarde het en sal help om die lewe vir ander beter te maak.

“Ek wou nooit gehad het dat die aandag net op my gevestig word nie. Ek verstaan dat dit belangrik is om teen rassisme op te staan, terwyl ons as spelers ook ’n voorbeeld moet stel.”

’n Storm het vroeër hierdie week oor die talentvolle paaltjiewagter se kop losgebars nadat hy hom weens “persoonlike redes” aan die Proteas se tweede groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande onttrek het.

Dit het gevolg kort op die hakke van Krieket Suid-Afrika (KSA) se eis dat elke speler vóór die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde die knie moet buig.

De Kock het voorheen staande gebly.

“Ek is al baie dinge op die krieketveld genoem. Selfsugtig. Onvolwasse. Daardie woorde het my glad nie gepla nie. Maar om as ’n rassis uitgekryt te word maak wel baie seer; nie net vir my nie, maak ook vir my gesin en my swanger vrou.

“Ek is nie ’n rassis nie. Ek dink almal wat my ken, weet dit. Ek het nog altyd oor hierdie kwessie stilgebly, maar nou voel ek dat ek my standpunt moet verduidelik.”

Volgens De Kock is hy deel van ’n veelrassige familie – sy halfsusters is bruin, terwyl sy stiefma swart is.

“Swart mense se lewens maak dus van jongs af vir my saak; nie net omdat daar nou skielik ’n internasionale beweging is nie. Ek is grootgemaak met die wete dat almal regte het en dat almal ewe belangrik is.”

De Kock het vantevore staande gebly. Foto: Randy Brooks/AFP.

Tog het dit vir hom gevoel dat hierdie einste regte van hom weggeneem is toe KSA die spelers op die nippertjie ingelig het dat hulle verplig is om voor die aanvang van die Windies-wedstryd die knie te buig.

“Ek gaan nie jok nie. Ek was geskok toe ons op pad na ’n belangrike wedstryd aangesê is om ’n instruksie te volg, terwyl ’n mens tussen die reëls kon lees wat die moontlike gevolge sou wees as jy dit nie doen nie.

“En ek dink nie ek was die enigste een wat so gevoel het nie. Ons het kampe bygewoon, vergaderings gehou en Zoom-sessies gehad; ons weet waar ons almal staan – saam as ’n span.”

Volgens De Kock het hy egter nou beter begrip vir die situasie ná ’n “emosiebelaaide” gesprek met KSA-raadslede, ’n gesprek wat hy wens vroeër plaasgevind het.

Sodoende kon die Proteas slegs op krieket gefokus het en om wedstryde te wen.

“Ek het nie verstaan waarom ek met ’n gebaar iets moet bewys nie, terwyl ek daagliks by mense van alle rasse leer en vir hulle lief is. Wanneer jy sonder enige voorafbespreking aangesê word om iets te doen, is dit betekenisloos.

“As ek ’n rassis was, kon ek maklik lieg en die knie buig, maar dit is verkeerd en hoegenaamd nie ’n bousteen vir ’n beter samelewing nie.

“Ek wil graag my spanmaats – en veral vir Temba (Bavuma) – vir hul ondersteuning bedank. Mense besef dit dalk nog nie, maar hy is ’n ongelooflike leier. Ek sal van niks meer hou as om my land weer op die krieketveld te verteenwoordig nie.”

Die Proteas speel Saterdag teen Sri Lanka in hul derde Wêreldbekerwedstryd.

Lees De Kock se volledige verklaring hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Nici ·

Ek kan eenvoudig nie begryp dat De Kock nie begryp dat dit niks met rassisme te doen het nie. Mens buig vir Marxisme nie vir anti-rassisme nie. Lees niemand BLM se inligting nie?

piet ·

Watse bronne se inligting lees jy? Volgens my bronne het die BLM-beweging ontstaan omdat wit polisiemanne in Amerika meer geneig is om op vermeende swart misdadigers te skiet en dit word statisties bewys al oor dekades. Die paar gevalle wat kort namekaar voorgekom het, het die situasie aangeblaas.

Keelvol ·

Piet, die meeste mense wat deur die amerikaanse polisie geskiet word is wit. Nie swart mense soos jy beweer nie. Gaan kyk na hulle statistieke.

Christian ·

‘n lafhart doen nie wat Quinton die week gedoen het nie. Quinton het wel nou jammer gesê maar die’ man het sy man gestaan toe almal om hom nie kon nie. Ek het soveel respek vir hom, die hoeveelheid druk wat op hom is om almal gelukkig te hou is te veel. Sy hele loopbaan, alles vir wat hy sy hele lewe lank gewerk het en al sy drome is op die spel en jy noem hom ‘n lafhart vir ‘n “jammer”. Daar was geen ander uitkoms nie, geen ander opsie nie en ek glo nie 1% van al die mense wat hom nou wil hang vir sy “jammer” sou nie “jammer” gesê het nie. Quinton, jy bly my Hero!

Wakkerslaper ·

Pffft! As de kock werklik beginsels en ‘n ruggraat gehad het, sou hy nog steeds daarby gestaan het (letterlik). Maar nou het die slapgat twee gesig sy ware kleure gewys…. as daar iets is wat ek NIKS van hou nie, is dit as mense voorgee hulle het beginsels.

piet ·

Hy het nie voorgegee oor enige iets nie. Jy het foutiewe afleidings gemaak sonder om agter die kap van die byl te kom. Nou dat jy weet dat hy nog altyd BLM ondersteun het is hy kamma ‘n slapgat in jou oe. Pffft.

Jean ·

Daar is ‘n groot verskil om vir BLM te staan en teen rassisme op te staan, rassisme is nie net wit en swart ras nie.

Sobymykoolkop ·

Siestog, arme jy. KSA het jou net mooi vriendelik ingelig dat hulle jou mammon kraantjie gaan toedraai.

Di ·

Die grootste RASSISTE in die land is die RASMAL regering met al sy ANC Kaders. Hulle wil letterlik als in die blankes se kele afdruk tot hulle verstik. Hulle almal moet bykom, “practise wat you preach”

Dries ·

Teleurstellend. Dit kos n man om standpunt in te neem. Dit kos ook n man om te erken jy het n fout gemaak. MAAR IS DIT N FOUT OM n Kommunistiese organisasie soos BLM se instruksies te ondersteun. Is dit n fout om te sê jy kniel net voor God ????

Michael ·

Soos al sy spanmaats is hy toe nou nie die man wat ons gedink het hy is nie. Daar is bitter min sportmanne en vroue wat nie die knie voor Mammon sal buig nie

Keelvol ·

Hulle ideologie is presies soos die klomp anc kommunisme. Liberale ingesluit.

Wat Wou ·

Jy is totaal en al reg. In toeka se dae het oorwinnaars mense GE-DWING omvoor hulle te kniel omdat hulle verloor het. Ons kniel voor God omdat ons oorwinnaars is. Jy kan niemand se hart verander deur goed op hom af te dwing nie.

Johnny ·

Gister het ek respek vir De Kock gehad. Vandag is hy maar net nog iemand wat geswig het.

Wat Wou ·

As jy jou brood en botter op Quintin se manier verdien en jy word gedwing om te kniel wonder ek wat jy sou doen?

Wakkerslaper ·

Ek kook behoorlik hier waar ek sit! Ek weet nie wat is erger nie… die links-liberale en misdadige blm beweging…. Of mense wat voorgee hulle het vaste beginsels en ruggraat todat hulle onder druk is en dan skielik (letterlik) die knie buig?

Dries ·

Ja hy se hy wou niemand seer maak nie maar nou maak hy ons vreeslik seer en hartseer. Daaroor voel hy niks as jy so na die kommentare kyk het hy gekies om sy eie mense seer te maak en ons vyande plesier te gee daaroor

Malan ·

“Ek is nie ‘n rassis nie”? Ek is ‘n slapgat soos al my spanmaats

Wakkerslaper ·

Presies! Dit is ons grootste probleem deesdae…. mense wat te SLAPGAT is om op te staan vir wat werklik REG is!

Michael ·

Nou ja nou dat KSA vir QDK mooi verduidelik het hoe wonderlik BLM is en hy nou ‘n baie beter begrip het vir die opvoedingswaarde daarvan sal hy die knie buig want hy verstaan nou dit sal mense se lewe verbeter. Mammon is ‘n genadelose god.

Wakkerslaper ·

…blm het opvoedingswaarde sê jy? So moet mense opgevoed word dat ‘n geweldsmisdadiger wat weereens met kwaad besig was, onder die invloed van dwelms, die polisie en arrestasie mag teësit (nadat hy herhaaldelik aangesê was om saam te werk)? Dat die polisie nie hardhandig mag optree om harde kriminele aan te keer nie? Dat sy dood doelbewus en beplan was, nie ‘n ongeluk, of waarskynlik weens ‘n dwelm oordosis nie? Dat dit OK is dat duisende polisielede in die VSA jaarliks deur misdadigers wat hulle teen arrestasie verset dood gemaak word? Dat dit OK is om geweld te pleeg, te brand en plunder als in die naam van “blm”? Dat dit OK is om mense wat nie “blm” steun nie as s.g. “rassiste” te brandmerk en hulle fisies aan te rand? Dat die polisie en gereg se befondsing gesny moet word sodat misdaad kan hoogty vier? Kan ek aangaan?

piet ·

Hierdie gaan nie oor een geval nie. Daar is statistieke oor dekades in Amerika wat aantoon dat wit polisiemanne persentasiegewys meer geneig is om vermeende swart oortreders te skiet as blanke oortreders. Daar is definitief ‘n rassistiese element betrokke en dis ‘n feit soos ‘n koei. Ek weet egter nie wat Amerika se probleme met globale sport uit te make het nie. Daar is rassistiese gevalle in sport (toeskouers wat byvoorbeel rassistiese aanmerkings maak teenoor swart spelers) maar dit het niks met Amerika se BLM te doen nie. Ek verstaan steeds nie hoe die BLM-kwessie by sport ingewurm het nie.

Vrijburger ·

Nee – die statestiek wys die teendeel. Die geloof dat VSA polisie meer geneig is om swart kriminele te skiet is ‘n miete wat deur die (s)linke hoofstroom media in die VSA gedryf word.

piet ·

Wys vir my die teendeel, kom, toe. Ek het die amptelike statistieke bestudeer (nie “hoofstroom media” waarvan jy babbel nie). AMPTELIKE statistieke soos byvoorbeeld van die FBI en hulle kriminele rekord buro’s.

ameli ·

God (YAHWEH) is die enigste ware God voor wie jy buig. Die blm is nie ras gedrewe nie dis anti-chris beweging gaan lees dit op.

Piet ·

Hoop die peoples proteas verloor al hul volgende wedstryde!!!!!!

piet ·

Cheer jou nou vir die ander kniebuigers want almal doen dit (behalwe Pakistan wat besluit het om met hul vuiste teen die bors te staan ter ondersteuning van BLM).

Papsak ·

Ek kyk nie krieket nie maar die ou is n slapgat ek kniel net voor die HERE MY GOD ek voor our people buig ek sal nie never never

Wakkerslaper ·

Hy het soppas gewys dat hy ‘n slapgat is wat net voorgee dat hy beginsels het… die Boere praat van Joiners….

Wat Wou ·

n Beter MAN sal jy nerens kry nie. Wat bedoel jy, die man word GEDWING om te kniel sodat hy sy brood en botter kan verdien

Casper ·

Hy is net so slapgat soos Greame Smith.Het nie respek vir joiners nie.

Harley Davidson ·

Die storie van Suid-Afrika mense is te bang om te sê tot hiertoe en nie verder nie om welke rede ook al en so word jy ‘n slaaf van die duiwel.

Johann ·

En waar is sy kaptein? Of is die ooglopende van toeppassing? Sy “kaptein” is OF te rugraatloos om op te staan en te sê KSA se optrede is absoluut onvan pas,OF hy verklaar met sy gesdrag dat SY lewe meer werd is gebaseer op SY VELKLEUR? Meer werd as sy spanmaats wat NIE swart is nie….meer werd is as toeskouers?

JohanR ·

Nou skielik is hy ,n rassis omdat hy nie wil buig nie. Bly sterk Quinton. Jy moet weet dat miljoene mense in SA en die wereld staan sterk agter jou. Moenie dat die klomp KSA rassiste jou op jou kniee dwing nie. As die Proteas jou nie wil he nie wat jou talente iewers anders.

Wakkerslaper ·

Sal de kock nooit ooit weer ondersteu nie. Hy is ‘n twee gesig slapgat wat nie by sy beginsels kan staan nie…. en die ergste, dit vir ‘n misdadige beweging

piet ·

Jy karring nou aan met die kamma tweegesig storie. Hy het nog ALTYD BLM ondersteun, hy het dit net nie nodig geag om die knie te buig nie. Verstaan ons nou?

Willem ·

Buig diep..buig laag..kniel vir jou siel vir kommunisme..rassisme en mammon…vir korrupte ANC wat NET rasbehep is..en niks goeds kan wys vandat hulle aan bewind is nie.Karring aan .

Jakes ·

Gister n hero, vandag n zero. Ag nee ou maat, op welke manier sal jou knie buigery rassisme beveg? Ek hoop julle kry lekker pak in die oorblywende wedstryde.

Willem ·

En as jy nie knie buig nie..is jy dus ñ rassis…SIESTOG!

piet ·

Hier’s ‘n paar manne wat nou lelik ‘n woorde sluk van gister. LOL. Bokke is volgende.

Wakkerslaper ·

….dis die probleem met verraaiers, nê ou piet? Hulle gee voor jy kan hulle vertrou, maar as die stryd aanbreek steek hulle jou in die rug.

Wat Wou ·

Nee, deur julle onverdraagsame en swak kritiek, steek julle ouens die manne in die rug. Vee eers voor julle eie deure voordat julle sportlui so maklik kritiseer en oordeel. Hulle het hulle hele lewe aan hulle beroep gewy om die boonste sport van die leer te bereik net om slegte kritiek van onnoseles te kry. Hoekom kritiseer julle nie liewer KSA nie,

Frank John ·

Nog een keer wil ek hier comment. Daniel en sy drie vriende was in dieselfde Posisie as ju maar die verskil is hulle het rugraat gehad. Hulle het tot die dood toe nie ingegee nie.
“God kan ons behoed en bewaar en red maar al doen Hy dit nie, nogtans dal ons nie ons knie buig”
DIT was hul besluit waarby hulle gestaan het.
Jy buig toe die eerste druk kom.
Jy wil ander leer deur jou optrede? Wat? Om rugraat-loos te wees. Om jou eie beginsels te verwerp waneer hulle druk toe pas.
Een woord – SLAPGAT.
Wees bly jy was nie saam met Daniel nie. Jy sou werklik ‘n groot negatiewe getuienis in God se Koninkryk gewees het.

piet ·

Hy verwerp nie sy beginsels nie, hy was nog altyd ten gunste van BLM – hy het egter nie die nut gesien om daarvoor knie te buig nie. Die fout wat julle gemaak het, is om te glo dat as ‘n persoon nie kniebuig nie, is hy teen BLM. Dis nie altyd die geval nie.

Danie ·

EK het lankal die besluit geneem dat ek klaar is met KSA!! Van bo in hul kantore tot onder op die veld is dit net eenrigting, ras gedrewe, kwota en politieke sirkus.

melaney ·

Baie teleurstellende nuus. Ek buig net voor God. As ek my knie voor BLM moes buig sal ek op die hoogste trap van ‘n leer gaan staan. Basta met blm!!

Magda ·

Jammer de kock nou ook my respek vir Jo verloor. Speel maar lekker met Jo gewete, ek is ook ni n rassis ni, was nog nooit en sal ook nooit een wees ni. Maar ek buig voor niemand ni, net voor GOD. ANC ALL NATIONAL CRIMINALS EN EFF IS DI GROOTSTE RASSISTE, KOMMUNISTE, EN TERRORISTE, EN VOOR HULLE BUIG EK NOOIT OOIT NEVER IN MY LIFE. ALL LIVES MATTER, wt van ONS BOERE WAT SO WREED VERMOOR WORD, HOEKOM OMDAT DI GROOTSTE BREIN AGTER DIT IN DI POLITIEKE IS. SO JULLE ALMAL VLIEG HEL TOE EN TERUG. EK IS MOEG DAT HULLE ONS GEBRUIK VIR HULLE KLOMP SE ONBEVOEGDHEID EN MOORD EN DOODSLAG EN KORRUPSIE, DIE GEMORS. GO TO HELL.

Shakespeare ·

BLM is Satanies met geen waarde toevoeging. Google die BLM’s wat die ding begin het. So korrup as wat kan kom.

Baardman ·

Net toe ons dink daar is wel iemand met ruggraat is die span, swaai hy om. Nou help sy hele aksie niks. Hy het ingegee, niks bereik en is hy nou n “gelabel” ook. (Boonop lyk hulle stats slegter as Namibië s’n.)

Wakkerslaper ·

…terloops, blm het bitter min te doen met geregtigheid en s.g. “rassisme”…. die beweging word gedryf deur ultra linkse beginsels en ‘n inherente jaloesie en haat vir die blanke en sy suksesse in die lewe.

Anoniem ·

Quinton de Kock is die vinnigste Hero to Zero wat ek in ‘n lang tyd gesien het, selfs meer pateties as die ander kniegbuigers. Vertel ons bietjie die waarheid Quinnie, waarmee is jy gedreig? Geldjie?

Johan ·

N slapgat dit is wat hy is en die res van sy makkers net soos hy. Hulle aanbid n kimeneel uit die VSA.

SjN ·

Geld het sy kop gedraai en van besluit laat verander, sal nie meer krieket kyk.

Nici ·

Dis aaklig om te sien hoe die arme man geboelie en afgeknou word om hom in lyn te dwing. Dis jammer dat niemand saam met hom staan nie, nou word hy van rassisme beskuldig. Dis krimineel hierdie manipulasie en dwang waarmee diegene met mag deesdae wegkom.

Misky ·

Kom ons wag en kyk eers of hy werklik gaan kniel of is die hele boodskap verkeerd oorgedra en verwoord. Hy sê dan juis as die knieg buig “opvoedingswaarde” gehad het, sou hy. Nerens sê dit hy gaan dit nou doen nie.

piet ·

Die punt is hy ondersteun BLM en hy het dit nou duidelik gestel. Die buiging van die knie is bysaak maar hy sal dit nou in elk geval doen.

anniekiewiet ·

As Quinton gaan neerkniel, voel ons ook soos hierdie kommentaar vriende. Ek kan egter nie uitmaak of hy wel so gaan maak nie.
Dis een ding om om eie redes nie te kniel nie, maar dis iets heel anders om openlik te bely dat jy as christen gelowige nie voor enige iets of iemand kniel, behalwe God nie.

piet ·

Die BLM-“een-knie’-op-die-grond” het niks met aanbidding te doen nie. Die Bybel se verwysing is dat jy nie voor ander gode moet kniel (om hulle te aanbid) nie. Julle lees te veel in die kniebuigery. Dis slegs ‘n manier van uitdrukking. Ek kniel wanneer ek met klein kinders speel ook (sommer met albei kniee op die grond).

Phillip ·

Ek buig voor my God die Vader God die Suen en God die heiligegees … Nie god van rasusmu nie . Ek is nie n rasus nie maar sal nie voor enige gode buig nie

Anel ·

Almal wat nou so tekere gaan oor de Kok, hoeveel van julle het nie geswig voor die spuit nie? As jy nie gespuit word nie, kan jy nie die, daai en die ander doen nie. So wat is die verskil? Die wat knie buig vir blm ondersteun die regering en die wat hulle laat spuit ondersteun maar ook die regering. Dit sê” sê vir ons ons moet spring en dan smeek ons julle om te sê hoe hoog”! Hoe pateties! Wie praat nou van beginselvastheid?

Tiptol ·

Anel, ek het nie geswig voor die spuit nie. Ek het dit vir gesondheidsredes gedoen en dit was my keuse. Dit raak niemand nie en beïnvloed niemand nie. Dit het absoluut NIKS te doen met blm nie. Jy sit die pot mis. Moenie appels met pere vergelyk nie!!

Pieter ·

En nou word die spuit ook ingebring. Julle is werklik geseend met agterdog en “arme ek” simdroom.

gpsa ·

Van nou af is krieket vir my net ‘n insek, weet nie meer van die spel nie.
Baie terleurgesteld, maar wil nie oordeel nie, was nie in sy skoene nie.

Rhona ·

Ons land is ten gronde ter wille van sport en ander afgodes. . So, ďe Kock, kniel jy en wie ook al wil voor ander gode. Ek kniel en buig net voor my Hemelse Vader.

Zelda ·

‘If you haven’t done anything wrong, don’t apologise’ – Jordan Peterson
Ek is absoluut gatvol vir ‘woke’ en hierdie ‘geloof’ se dissipels ook. Dis tyd om op te staan vir wat reg is al sou die wêreld rondom jou nie met jou saamstem nie. Quinton de Kock: jy het jouself en die Waarheid verloën. Dis hartseer…

Niklaas ·

Dit sal eintlik genotvol wees as Sri Lanka nou na hierdie snert, die vloer vee met die knie buigers

annie ·

SA Krieket verdien eerder daai nuwe hempies van die Bokke… dié met die mooi pyltjiesmoutjies. Selfs die wind kan nie byhou by die wisselwerking in die denke van die mega-sportsgoep nie. Kan die lengte van op-die-knie nie dalk gestandaardiseer word tot ‘n volle uur nie. Is ‘n minuut of wat nie buitensporig rassisties nie… Soveel pyn en lyding deur die geskiedenis van die mensdom… Oy, oy…

Marisa W ·

Ek wonder darem wat ek sal doen as my werkgewer my verplig om die knie te buig om my inkomste te behou… Ek dink dis iets waaraan ons almal maar moet dink voor ons klippe gooi.

Uitmykoker ·

Weet KSA dat Andries Tatane ten aanskoue van plaaslike en oorseese TV-joernaliste in Ficksburg vermoor is; dat Collins Khosa by sy huis in Alexandra vermoor is terwyl hy n bier in sy voortun sit en geniet het; en dat Mthokozisi Ntumba in Johannesburg vermoor is omdat hy n plaaslike kliniek daar besoek het? Weet KSA dat al hierdie moorde deur boewe in uniforms gepleeg is; dat elkeen van hierdie moordslagoffers onbewapen was en dat Ficksburg, Alexendra en Johannesburg wel in Suid-Afrika (nie die VSA) gelee is? Het KSA enige amptelike vorm van protes aangeteken in reaksie op hierdie moorde asook enige van die ander moorde wat daagliks in Suid Afrika gepleeg word as gevolg van die optrede, of versuim om op te tree, deur ons eie gewapende magte? Die huigelary van KSA se besluit om die doelwitte van ‘n Marxistiese beweging soos BLM op ons nasionale krieketspan af te dwing skreeu ten hemele – daar sit ‘n balk so groot soos ‘n krieketkolf in the oog van KSA.

Blikkies ·

Wat ‘n Teleurstelling. Darem gedink jy het Ruggraat. Jy is maar eintlik net soos hulle.

Janee ·

Onverwags dink ek nou sommer minder van die man…….! Dit wat jy glo die regte ding is om te doen en dan verskoning te vra?? Dit werk nie vir my….

Keelvol ·

Jy’t net jou rug op jou eie mense gedraai…… ruggraatlose.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.