De Kock het glo doodsdreigemente ontvang

Eugene de Kock Foto: OFM

Eugene de Kock Foto: OFM

Verskeie koerante het Sondag berig oor die vrylating van Eugene de Kock en gespekuleer oor waar hy hom nou bevind.

“Ons het alles deeglik beplan. Hy kom in vir ʼn soft landing,” het Piet Croucamp, politieke ontleder, aan die City Press gesê. Volgens Croucamp het hulle reeds vir De Kock ʼn werk gekry.

ʼn Anonieme bron by die Kgosi Mampuru-gevangenis het aan die koerant gesê De Kock is reeds uit die tronk. Die departement van korrektiewe dienste het Sondag alle navrae na die departement van justisie verwys maar laasgenoemde was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste en justisie, het Vrydag aangekondig dat De Kock op parool vrygelaat gaan word. Masutha het tydens die aankondiging gesê De Kock het versoek dat geen besonderhede oor sy vrylating bekend gemaak word nie.

Die Sunday Independent het intussen berig dat De Kock doodsdreigemente ontvang het en dat hy na ʼn huis vir veilige bewaring geneem is. Anonieme bronne het aan die koerant gesê die dreigemente is deur verregse organisasies gemaak wat glo bang is De Kock gaan mense identifiseer wat glo ook betrokke was by apartheidsmoorde.

Die Sunday Times het berig dat Namibië se Swapo De Kock in die tronk besoek het en aangebied het dat hy op ʼn geïsoleerde stuk grond in die Okavango kan bly. Dié aanbod is glo ook genoem in die verslag wat ingedien is vir sy paroolaansoek.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Eugene de Kock op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Henry ·

En toe verander ‘praaim ewil’ sommer tjop-tjop in ‘n held wat al sy ou pelle se aandadigheid gaan bekendstel.
Wat’s nuut?
:-))

GPC ·

Jong, die ou het vir baie se “laste” gesit. Meestal sy bevelvoerders vir wie die “favourtjie” gedoen het. Die mense gaan aan asof hy die meesterbrein agter alles was. Ek’s jammer, hy’t wel aandeel aan grudade gehad, maar in my boek is hy geensins aleen skuldig om aleen te sit nie. En nee, ek hoop die ANC regering sien baie vinnig hule g@tte.

Gwen ·

Piet Bandana het seker sy broek so ’n bietjie natgemaak toe die minister vir hom en De Kock die ja-woord gegee het.

Grassie ·

Ek dink die storie dat verregse groepe doodsdreigemente teen De Kock gemaak het is sommer ‘n klomp twak. As mense hom wil aanval gaan hulle tweede kom. Ek het daardie ou tydens grensdiens in Suidwes raakgeloop, ‘n Mens neuk nie met hom nie.

Dirk ·

Stem 100% saam regse dreigemente is bog, as jy so stupid is om Genie aan te vat gaan jou famielie rou, beste soldaat in die geskiedenis van die boere

charles ·

Geniet jou tyd buite jy was nie n slapgat om wat jy verkeerd gedoen het vir ander en vir die ou klomp np voet soeners te staan nie jy is n hero soos jy is Staan Sterk

Dirk ·

Alhoewel ek glo dat Eugene nooit weer iemand sal uithaal nie, glo ek egter dat ‘n paar hoe polisie offisiere nie met hulle deure oopslaap nie. Die ou boere siekte van verraaier generals is weer bewys. Maar hulle dag kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.