De Kock hof toe oor parool-besluit

Eugene de Kock Foto: OFM

Eugene de Kock Foto: OFM

Eugene de Kock se regsverteenwoordiger het ‘n hofaansoek gebring oor die minister van justisie en korrektiewe dienste se weiering om De Kock op parool vry te laat, berig die SABC.

Julian Knight, De Kock se regsverteenwoordiger, het aan die SABC gesê dat hulle minister Michael Masutha se besluit om De Kock se paroolaansoek met ‘n jaar uit te stel, gaan teenstaan.

De Kock (65) het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien.

Masutha het verlede maand aangekondig dat De Kock nie nou op parool vrygelaat gaan word nie aangesien die families van sy slagoffers nie daaroor geraadpleeg is nie.

Masutha het gesê daar moet in die volgende 12 maande ‘n nuwe paroolverslag en profiel vir De Kock opgestel en aan hom verskaf word.

De Kock, die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, het hom in Mei tot die hooggeregshof in Pretoria gewend om Masutha te dwing om ʼn besluit oor sy parool te neem.

Regter Thokozile Masipa het op 28 Mei beveel dat die minister 30 dae het om te besluit of De Kock op parool vrygelaat moet word. Die 30 dae het nie vakansiedae of naweke ingesluit nie.

Die nasionale raad vir korrektiewe dienste het glo in November verlede jaar al ‘n besluit geneem oor De Kock se parool. Die aanbeveling is aan Sbu Ndebele, die vorige minister van korrektiewe dienste, gestuur vir oorweging.

Hy het egter nooit ‘n besluit geneem nie en De Kock moes gevolglik vroeër vanjaar die hof nader om hom te dwing om dit te doen.

Die saak is as afgehandel beskou nadat Ndebele se regsverteenwoordigers aangedui het dat hy teen 12 Mei ‘n besluit sou neem. Weer is geen besluit geneem nie en nadat Ndebele sy pos ná die verkiesing verloor het, het De Kock weer die hof genader.

De Kock het hom weens dade in die apartheidstyd die bynaam Prime Evil op die hals gehaal. Hy was ʼn polisiebeampte onder die apartheidsregering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eben ·

Michael Masutha wat het die families met die besluit te doen. Word dit ook gedoen met jou nasie. Hier is n geleentheid om bietjie respek af te dwing deur De Kock vry te laat.

amelia ·

Eben stem saam jou wat van al die die boere wat vermoor word en aangerand word Het hul families ook n se of die moordenaars vry gelaat kan word NEE so wat maak die “families” si spesiaal De Kok het opdragte uit gevoer Waar is die wat opdragte gegee het Loop skotvry

Eugene W Steyn ·

Laat al die politieke gevangenis van die apartheids-era vry – hulle het nou al baie meer geboet as enige van die swart wandaders van daardie era. Waar is die regverdigheid, versoening en vergifnis waarvan die liberale so praat? Werk dit net in een rigting?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.