‘De Kock moes parool kry’

Max du Preez. Foto: Twitter

Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock moes op parool vrygelaat geword het, het Max du Preez, skrywer en politieke ontleder, Vrydag in ‘n opiniestuk op die voorblad van Beeld gesê.

Du Preez, eertydse redakteur van die Vrye Weekblad, sê dit is ondanks die feit dat hy verantwoordelik was vir meer sterftes as enige ander persoon in Suid-Afrika vandag.

Die Vrye Weekblad het De Kock as bevelvoerder van ‘n moordkommando uitgewys.

“Ons moet De Kock nie as ‘n held of ‘n slagoffer uitmaak nie,” skryf Du Preez.

“Maar De Kock het tydens sy verhoor by die Waarheid-en-versoeningskommissie oop kaarte gespeel – hy was omtrent die enigste een – en het die konteks en politieke atmosfeer van sy aksies verduidelik. Hy het die rol wat sy politieke base en generaals gespeel het oopgevlek.

Hy het gehelp verduidelik aan die polisie en ander menseregtevergrype help oplos. Hy het met talle van sy slagoffers se families ontmoet en hulle vergifnis gevra. Ek dink De Kock moes parool gekry het.”

Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het Donderdag aangekondig dat De Kock nog ‘n jaar sal moet wag om te hoor of sy aansoek om parool goedgekeur gaan word aangesien die families van sy slagoffers eers geraadpleeg moet word.

De Kock (65) het reeds 18 jaar tronkstraf uitgedien. – Sapa

Lees ook:
DA bekommerd oor De Kock-besluit
Eugene de Kock nie op parool vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trippie ·

Natuurlik moes hy parool gekry het.

Ek verstaan net nie waarom die onderskeie families hul goedkeuring moet gee nie.

Erich Goosen ·

Vir mense wat darem ‘n bietjie regskennis het sal jy gou hoor dat die Waarheids- en Versoeningskommissie ‘n klug was. Geestelikes soos Borraine en Tutu het geen kennis van die reg nie en het geen vaste riglyne gehad waarvolgens hulle amnestie-aansoeke oorweeg het nie. Amnestie was op ‘n lukraak wyse toegeken en het die reaksie van die slagoffers se naasbestaandes swaarder geweeg as die meriete van die geval. Waarom daar nooit vereis van die argitek van die moord op Stompie Sepai om ook aansoek te doen nie en waarom het sy skotvry daarvan afgekom?

Erich Goosen ·

Vir mense wat darem ‘n bietjie regskennis het sal jy gou hoor dat die Waarheids- en Versoeningskommissie ‘n klug was. Geestelikes soos Borraine en Tutu het geen kennis van die reg nie en het geen vaste riglyne gehad waarvolgens hulle amnestie-aansoeke oorweeg het nie. Amnestie was op ‘n lukraak wyse toegeken en het die reaksie van die slagoffers se naasbestaandes swaarder geweeg as die meriete van die geval. Waarom daar nooit vereis van die argitek van die moord op Stompie Sepai om ook aansoek te doen nie en waarom het sy skotvry daarvan afgekom? O ja, daar is ook geen insette van die naasbestaandes van Sepai vereis nie.

pop ·

Gooi weg die sleutel. Hys tipies van n gatkruiper, as dit more weer apartheid is, staan hy weer voor om boetedoening te doen. Waarheid en versoening is n pot tjol, en net die wat wou witvoetjie soek by die nuwe bedeling het soontoe gehol. Gee hom nou maar n badge, en se hom om lekker hand om die blaas te staan met die ANC>Die les daaruit is ook….Hou jou bek te alle tye toe, dan bly hy sommer heel ook.

amelia ·

Die regstelsel is n grap Wat van die boere wat vermoor word hul moordenaars is vir n paar jaar in tronk of te jonk en word hul naasbestaandes gevra of die moordenaars op parool kan uitkom nee dit hang net af watter kleur is jou vel en niks anders nie Wat van ander wit persone wat ook nie op parool kan uit kom nie Wat n klug

Shannon ·

Daar’s `n paar generaals wie al te verlig is oor Eugene se voortgesette gevangenis. Sien, die ou kan die vuurtjie nog verder laat brand met sy authorised bjography. Sal ons nou glo dat een man, in beheer van `n hele Vlakplaas se personeel, en onderhorig aan ander offisiere, totaal op sy eie gemoor het ?!
Die enigste fout wat die ou gemaak het was om te veel kolegas te veel agter hul dingesse oor te werk.

Jy moes maar saam met ou bottel Pik gaan sit het en `n deal uitgewerk vir jouself jong.

david ras ·

Eugene de Kock is nie deur die WVK gevonnis nie maar deur ‘n geregshof. Lees genl. Johan se boek “trou tot die dood” waarin die samestelling van hiedie komissie uitgelig word–dis om van naar te word. Hoe de Klerk kon instem tot die name wat daarin verskyn is ongelooflik.
Die grondwet van die land bepaal dat die REG, en diegene onafhanklik moet wees. Vanf die aanklaer, die Regter wat die straf moet bepaal en die DKD moet vry van buite inmenging wees.
Dus, toe die gereg ingegryp het in die geval De Kock, het hulle die verantwoordelikheid oorgeneem vir die straf, en die uitvoering daarvan.
AS ek die wetgewer reg verstaan is die doel van straf vandag om te rehabiliteer, nie om vir ewig wraak te neem nie.
Dit is vir die REG om te straf, en om te bepaal of daar nou genoeg gestraf is.Dit het nou niks meer met die naasbestaandes van die slagoffers te maak nie.
Die Familie het immers nie die straf bepaal nie, die Reg het besluit.
Wat hier gaan, gaan oof vi Clive Derby Lewis en—Schabir Shaik en Jacky Selebi. Lg, twee het immers misdade (korrupsie) teen die bree samelewing gepleeg. Ek kan nie onthou dat die bree samelewing geraadpleeg is oor hulle parool nie !
Dit alles laat die vraag ontstaan–Is die REG werklik ONAFHANKLIK ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.