De Kock onttrek hom aan Windies-stryd

Quinton de Kock. (Foto: Randy Brooks/AFP)

Quinton de Kock het homself aan die Proteas se tweede groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande onttrek.

Dit volg kort op die hakke van die nuus dat Krieket Suid-Afrika (KSA) eis dat elke speler die knie vóór die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde moet buig. Die 28-jarige paaltjiewagter het voorheen staande gebly.

Temba Bavuma, Protea-kaptein, het gesê dat De Kock weens “persoonlike redes” onbeskikbaar is. Sy paaltjiewagterpligte is deur Heinrich Klaasen oorgeneem, terwyl Reeza Hendricks in sy plek sal kolf.

Volgens ’n amptelike KSA-verklaring is daar besluit dat die span ’n verenigde standpunt teen rassisme moet inneem, veral gegewe Suid-Afrika se geskiedenis.

De Kock het tot dusver staande gebly terwyl die res van sy spanmaats kniel of ’n vuis in die lug steek ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging.

KSA wag glo vir ’n verslag deur die Protea-spanbestuur voordat daar oor die volgende stappe besluit sal word.

“Daar word van alle spelers verwag om hierdie riglyn vir die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde te volg. KSA bedank al die ander spelers wat ingestem het om hierdie belangrike standpunt teen rassisme in te neem,” het KSA in sy jongste verklaring geskryf.

De Kock het vantevore gesê dat dit ’n persoonlike keuse is om staande te bly.

“Niemand word gedwing om iets te doen nie. Nie in die lewe nie. Dit is hoe ek dinge sien,” het De Kock destyds vóór die toetsreeks teen die Windies gesê.

Die linkshandige kolwer het daarna die Windies-boulaanval aan flarde geslaan en hy is as die speler van die toetsreeks aangewys.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

anniekiewiet ·

Ons sal altyd glo dat ons net voor ons SkepperHeer mag kniel. Dankie vir jou voorbeeld, Quinton. Mag jy by jou standpunt bly.
Hartseer neem ons afskeid van krieket in ons land, maar met reeds geen TV nie, is dit nie moeilik nie.

Baardman ·

Sy wit spanlede moes hom ondersteun het, dan was KSA dalk genoodsaak om hulle besluit te heroorweeg. Nou is Quinton alleen.

Charl Albertus ·

Mens mag nie haat nie, maar ek is blêrrie kwaad vir hulle. Hul volkstatus is onttrek. Ek hoop hulle praat net Engels van hier af vorentoe….

Kortbroek en plakkies ·

Respek vir jou Quinton. As almal maar net jou voorbeeld kon volg.

Hein ·

Dit is so duidelik soos daglig hy hoef nie eers enige iets duidelik te maak nie.

Charl Albertus ·

Want hy het iets wat blykbaar nie so volop is as wat ek gedink het nie, ‘n ruggraad…..

Tanja ·

Daar is min mense in die lewe wat ruggraad het, Quinton de Kock is beslis een van hulle

Hein ·

Stem saam Tanja ek is baie teleurgesteld in sy sy mede spelers.

Jakes ·

Mag KSA n kramp kry waar hulle dit nie verwag nie en as hulle met die verpligte knielery aanhou dan sal dit my nie verbaas as die Proteas weer nie iewers in die WB kom nie. De Kock verdien n medalje. Welgedaan my vriend.

Hein ·

Ek het daaraan gedink op my DSTV te opgradeer om die krieket te kyk dankie tog ek het daarteen besluit. Nee wat krieket in SA is kapoet hulle kan liewer vir Namibia gaan speel wat SA sal wen as dit gebeur.

Rita ·

Quinton jy is n man uit een stuk. Ons salueer jou. Die ander kan hul pette vir jou afhaal.

Hond se gedagte ·

Ek lewer nie sommer kommentaar nie, maar vandag het ek nuwe respek vir Quinton de Kock gekry. Net omdat hy hom nie aan groepsdruk onderwerp het nie, maar opgestaan het vir dit waarin hy glo. Skielik laat dit my aan Daniël en sy 3 vriende voor Nebukadnesar se beeld dink…

Danie ·

Dankie Q, jy het waardes. Dankie KSA, nou het ons nog n briljante speler afgestaan omdat julle mos altyd julle lang vet kwota vingers wil indruk waar dit nie hoort nie. G’n wonder KSA is die lagwekkendste organisasie in sport!!!!!

Androclus ·

Hy lewe mos net een keer en hy het by sy eindpunt gekom,krieket is ‘n sport,of mis julle vir Hansie.

Tokkel ·

Well done! Blykbaar is Suid-Afrika ‘n demokratiese land, soos hulle sê…. Ons staan agter jou De Kock, net jammer jou mede spelers ondersteun jou nie… Krieket is elkgeval treurig! Mr Rabada is mos ‘n voorstander van buig die knie.

Boeretroos ·

En wat gaan hulle doen as hy nie wil knie buig nie? KSA is absoluut belaglik in die feit dat hulle asseblief tog nou wil witvoet soek net om in te wees, as iemand my sou dwing om iets te doen wat teen my indruis sal ek des te meer ook in opstand kom, dis my keuse , selfde soos die inspuiting niemand kan my dwing om dit te doen nie. om knie te buig dwing nie respek af nie , inteendeel dis verafsku net . Swak man swak , KSA kan gaan bars

Stefanus ·

Om die knieg te buig is nie ‘n teken om te sê jy is teen rassisme nie. Dit is gebaar wat deur BLM ingestel ter erkenning dat jy die organisasie ondersteun. Vryheid van spraak in terme van die grondwet laat jou toe om organisasies van jou keuse of te ondersteun of nie te ondersteun nie. Niemand mag gedwing word om teen sy wil ‘n organisasie waarin hy nie glo nie te ondersteun nie. KSA sal hulle siening wat teengrondwetlik is moet hersien.

En soos ek al voorheen genoem het, jy mag die knieg buig tydens die wedstryd as jy afgaan vir ‘n trekhou vir ‘n vier of ‘n ses. Sterkte aan Quinton, die span en KSA en mag hierdie verskil uitgesorteer word voor die volgende wedstryd tot voordeel van krieket en die land. RSA het Quinton nodig as ons die wêreldbeker wil wen.

piet ·

Ek dink nie dis reg om die spelers te dwing nie. Wat is nou fout daarmee dat die wat nie wil kniebuig nie, net ordentlik regopstaan? Kan nie ‘n probleem daarmee sien dat dit enigsins disrespekvol sal wees nie. Boonop het net omtrent helfte van die span in die reeks teen die Windies ‘n paar maande terug kniegebuig, ander het vuis opgelig maar bly staan en ander het net gestaan en niks gedoen nie. Toe was dit nie ‘n issue nie, hoekom nou? Die hele storie raak belaglik. Wat ek sou voorstel, is dat almal ‘n verklaring onderteken dat hulle teen rassisme in sport is, finish en klaar en dan is dit dit. Die ou wat dan nog wil tekens maak voor hy speel, laat hy dit doen. Vir hoe lank gaan die storie nog aangaan, raak belaglik.

Dirk Mostert ·

As jy teen rassisme in sport is, is jy teen rassekwotas in spanne, Bavuma en KSA is inkonsekwent.

piet ·

Nee, kwotas is regstelling weens totale uitsluiting in die verlede op grond van ras. Totale uitsluiting op grond van ras is rassisme. Wit spelers word nie uitgesluit om hulle land te verteenwoordig nie en word steeds gekies. Daar mag gevalle wees waar ‘n swart spelers bevoordeel kan word by insluiting maar dis regstelling en nie rassisme nie. So byvoorbeeld kan jy maar verwag dat die swart speler wat op dieselfde vlak (net so goed) as die wit speler is, eerder gekies sal word. Groot verskil tussen regstelling en rassisme..

MAGRIETHA ·

KSA pasop dat De kok nie verlore gaan nie jul sal spyt wees onthou toe AB de villiers jul gegroet het het julle gesukkel De kok het jul gedra die afgelope paar maande hy was die ou wat lopies aangeteken het toe dit saak gemaak het – HOU POLITIEK UIT SPORT UIT EN SPORT SAL FLOREER – STERKTE DE KOK

Marius ·

RIP – KSA .
Well done Quinton . KSA is n klomp patete wat dans volgens die politieke kaders.

Giel ·

De Kock is die enigste een met murg in sy bene! Wat van Boere … Vroue…. wit… kleuling… Enige lewens wat saak maak. Dis jammer dat die ander eerder oor die geld wat hulle sou verloor dink as om standpunt in te neem. Welgedaan jongman De Kock!

Kokkie ·

Quinnie, wat jy vandag gedoen het, is vir my mooier as jou beste honderdtal en mooiste vangskoot agter die paaltjies. Vandag het jy die politici wat sport gekaap het, vir ‘n reuse-6 gemoker. Dankie dat jy die moed van jou oortuiging gehad het om voor die hele wêreld te bly staan vir dit waarin jy glo. Jy is ‘n man uit een stuk. Die Proteas verdien nie jou kaliber mens en speler nie. Die krieketwêreld se deure staan wawyd oop vir jou.

Alleen Wolf ·

Uitstekend dat jy so standpunt inneem S.A is hoeka in die gemors a.gv. die “JA” stem wat hoofsaaklik oor deelname aan internasionsle sport gegaan het.

JL ·

Respek vir jou besluit Quinton, wat ookal jou persoonlike redes is.
As gelowige buig ek slegs my kneë voor my skepper.

Boer ·

Met die dood van Goerge Floyed, het die mense ‘n stigma geplaas om op hul knieë neer te sak en die hele wêreld laat weet dit is ‘n BLM-ding en nie ‘n alles-lewe maak saak nie of selfs ‘n stop-rassisme ding nie. So my opinie kon hulle iets anders gedoen het om rassisme te keer dalk iets op hul hemde dra of iets. Die punt is mens gaan net op jou knieë voor God en op een knie wanneer jy iemand vra om te trou. Quinton jy het die reg om so ‘n standpunt te maak jy is dalk alleen in jou span maar daar is rugbyspeler, F1 ryer wat ook soos jy voel. Sterkte Quinton ek glo afriforum se Buldog gaan jou help.

Charl Albertus ·

Ek is trots op jou. Mens buig net die knie voor God.

fs ·

als wat hulle probeer beheer en voorskryf eindig in ‘n gemors… alle sport in hul dinges deur politieke inmenging – ek sal geen sport kyk of ondersteun waar die BLM geforseer word – dis elkeen se keuse hoe ons dit hanteer – ek was nog nooi rassisties, maar hierdie dryf mens nou na die ander kant van die draad

Louisepretorius ·

ons bly in gerdau noordwes afgelope maand elke dag sonder krag nou loafshedding fade 4mtot sondag. ESKOM IS HOPELOOS !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.