De la Rey-graf loop onder vandale deur

Die geskende graf van genl. De la Rey (Foto: FAK)

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gaan die 104 jaar oue bronsbeeld van genl. Koos de la Rey, wat die afgelope naweek van sy graf in die Lichtenburg-begraafplaas in Noordwes gebuit is, vervang. Die graf het boonop ook onder vandale deurgeloop.

Jan-Danie Malan, kultuurorganiseerder van dié organisasie, was reeds Maandag omstreeks 08:00 by die graf om die skade te bepaal. Hy het ook ’n klag by die polisie gaan lê en met verskeie skrootwerfeienaars in verbinding getree sou die beeld by hulle opduik.

Die gesteelde bronsbeeld is baie waardevol en is in 1917 deur Fanie Eloff gemaak.

Jacques Müller, ’n beeldhouer van Pretoria, is aangestel om ’n “onvernietigbare replika” van dié bronsbeeld te maak. Hy het ook in 2018 ʼn replika van pres. Paul Kruger se graf, wat in die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria staan, gemaak toe dit beskadig en die borsbeeld op sy graf vernietig is.

Müller sê dit is sy kulturele verantwoordelikheid en plig om die graf en bronsbeeld in ere te herstel, nes hy met Kruger sʼn gedoen het. Hy beskryf De la Rey as een van die Afrikaner se grootse kultuurerfenis-ikone.

Genl. De la Rey se bronsbeeld (Foto: FAK)

Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, kan Afrikaners kwaad wees oor die vernietiging van hul erfenis, maar hulle moet egter nie moedeloos daaroor word nie.

“Daar gaan nie ’n naweek verby waar kultuurorganisasies en gemeenskappe nie op ses of sewe plekke reg oor Suid-Afrika hard aan die werk is om ’n graf, monument of erfenisterrein te versorg nie. Afrikaners is beslis besig om opnuut eienaarskap vir ons erfenis te neem,” het Langner gesê.

De la Rey word as een van die mees gevierde boeregeneraals in die geskiedenis bestempel en dit is tydens die Anglo-Boereoorlog wat hy naam gemaak het. Sy krygsvernuf het hom as die Leeu van Wes-Transvaal bekend laat word.

De la Rey is in 1847 in die Winburg-distrik in die Vrystaat gebore. As jong man het hy nie dadelik gaan boer nie, maar eers ’n transportryer in en om die diamantvelde geword.

Ná die oorlog was De la Rey een van die mees gerespekteerde boereleiers. Hy het aktief aan die heropbou van sy volk deelgeneem en was ’n lid van die Verteenwoordigende Regering wat die nuwe kolonie in 1904 van Brittanje ontvang het.

Met die land se uniewording in 1910 was hy een van die oprigters van die Suid-Afrikaanse Party, die party wat deur die meeste Afrikaners gesteun is. Hoewel verskille met partyleiers soos genl. Louis Botha en genl. Jan Smuts al vroeër geblyk het, was hy een van hulle lojaalste ondersteuners. Hy is in die Senaat van die Unie van Suid-Afrika aangestel, waarvan hy tot die dag van sy dood ’n lid was.

De la Rey is in 1914 dood toe die polisie hom in sy motor geskiet het nadat hy deur ’n padblokkade gejaag het. Die polisie het die fout begaan deur te dink dat dit die motor van ’n berugte rowerbende was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Oros Soros ·

Heel waarskynlik oppad na ‘n skrootmetaalhandelaar. Die ronde koperplaat van die oortrekker Monument op Winburg met die woorde “Eendrag maak Mag” is jare gelede opgespoor nadat die booswigte dit in Virginia by ‘n handelaar wou verkwansel.

Tokkel ·

As jy nie selfrespek het nie, hoe wil jy vir ander hê?
Ek dink opvoeding speel ‘n groot rol. Wonder of hulle gelukkig is om
‘n standbeeld aftebreek….

Johan ·

Jy misgis jouself. Hierdie mense gee nóg minder om oor opvoeding as oor Afrikaners. Hulle doen dit absoluut uit haat en venyn. Hulle teiken die grafte en monumente van ons helde. En as hulle so bietjie geld kan maak uit die verkoop van die brons, nóg beter.

capie ·

” Die polisie het die fout begaan deur te dink dat dit die motor van ’n berugte rowerbende was.” Sulk verskonings is baie algemeen vandag nog.

Jessey ·

In meeste gevalle loop grafte soos die deur onder mense wat oenskynlik ongelooflike baie waarde heg aan hulle Voorvaders, en verwag dat almal dieselfde waarde heg aan hulle voorvaders, maar het geen respek vir andere se grafte nie. Dit maak net nie vir my sin nie

Helizna ·

Wanneer hulle nie ‘n herkoms het nie… En ander sin ook wil vernietig.

jzjz05 ·

Wonder of die vandale nou dink hulle is baie belangrik ,al wat dit bewys dat hulle geen respek het vir ander se eiendom het nie en n kriminelle is wat in n trok hoort.Het ook geen opvoeding in sy lewe gehad nie.en is niks werd vir die samelewe nie

Esme ·

Mag die dooies nie rus nie? Dit is ‘n hartseer dag as leiers van die verlede nie met respek behandel kan word nie. Laat die dooies rus en die oortreders het geen benul watter rol Generaal Koos de la Rey in die land se geskiedenis gespeel het nie. Skandalig!

Excalibur ·

Dwase skryf op deure en glase! Inbesielle dink dat die afbreek van graniet of metale by Afrikana Monument of Grafsteen die Afrikaner/”Boer” se moed & siel sal breek maar wat deur geskiedkundige bloed & gelofte betaal, ontwaking van ‘n uniek eie taal en bankvaste geloof in sy God gebore is kan slegs deur die Allerhoogste verdoof word. Hierdie aksies sal net die Afrikaner versterk om staande te bly.

Phillip ·

Kyk net hoe mooi is die begrafplaas in stand gehou gras groei hemel hoog kan amper n gras dak bou met al daai gras dis n skande

Deon ·

Ek weet van die Winburg episode en hulle was so swart as wat kan kom. Kyk hoe sleg word die plek in stand gehou. Ek wonder wat hulle re-aksie sal wees as ek hulle voorvaders se grafte so plunder vir verkoopbare items. Dit soos op die nuus. Ons skram van feite publiseer weg. As ‘n witman skuldig is aan ‘n oortreding dan word daar berig ‘ 44 jarge blanke man het sus of so gedoen. Maar in hulle geval word daar net berig ‘n 44 jarige man het sus of so gedoen. Noem ‘n graaf ‘n graaf dammit.

Regverdigheid ·

Weereens hul mag plinder wat verkeerd is hoop hy spook by hulle …. maak mens so ongelukkig en kwaad.

Nico ·

Dis uiterste vandalime van mense wat nie boere geskiedenis ken nie, weet wie dit is maar sê liewers niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.