De Lille-aanstelling ‘goed uitgevoerde ANC-veldtog’

Patricia de Lille, leier van die Good-party. (Foto: ANA)

Terwyl Patricia de Lille, die nuwe minister van openbare werke en infrastruktuur, meen dit is tyd om bo partypolitiek uit te styg, het Mmusi Maimane, leier van die DA, haar aanstelling as ʼn “goed uitgevoerde ANC-veldtog” bestempel.

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand sy nuwe kabinet aangekondig en verras met De Lille, leier van die Good-party, se insluiting.

“Ek belowe om die stryd vir waardigheid en regverdigheid vir alle Suid-Afrikaners voort te sit,” het De Lille na afloop van haar aanstelling gesê. “Ek wil al my kollegas van Good en almal wat vir Good gestem het, bedank vir hul harde werk en oortuiging dat verandering moontlik is, dat die land waarvan ons 25 jaar gelede gedroom het, haalbaar is.”

Volgens De Lille sal sy aanbly as leier van Good. “Ek sal met oop oë en ore by Ramaphosa se kabinet aansluit as ʼn verteenwoordiger van goeie Suid-Afrikaners met integriteit wat lief is vir hulle land en meer verwag van hul leiers. Ek veg al vir meer as 40 jaar vir geregtigheid in ons land en het geen planne om op te hou veg nie.”

Maimane het egter aan eNCA gesê hy dink De Lille se aanstelling was al die tyd op die kaarte. “Patricia is nou deel van die ANC se infrastruktuur en ons sal haar nou verantwoordbaar hou.”

De Lille het verlede jaar uit haar amp as burgemeester van Kaapstad bedank ná ʼn uitgerekte hofstryd met die DA waarna sy haar eie party op die been gebring het.

Helen Zille, voormalige Wes-Kaapse premier, het gesê De Lille se aanstelling as minister van openbare werke en infrastruktuur bied gulde geleenthede, veral vir Kaapstad. “Ek en sy [as burgemeester van Kaapstad] het vir jare probeer om grond van die departement van openbare werke sonder sukses te bekom om bekostigbare behuising te bou om die ruimtelike nalatenskap van apartheid te oorkom. Hierdie is ʼn gulde geleentheid.”

Die Good-party het in ʼn verklaring hul leier se insluiting in Ramaphosa se kabinet verwelkom.

“Ons geloof in Suid-Afrikaners wat ’n nuwe politieke alternatief wil hê wat werklike oplossings bied en ’n positiewe bydrae tot die Suid-Afrikaanse uitdagings bied, was nie misplaas nie. Good het die toon aangegee en was ’n nuwe party wat daarin geslaag het om deur te breek en setels te wen,” lui die verklaring.

“Ons het gesê wanneer goeie mense niks doen nie, dit korrupsie en ongeregtigheid laat floreer. Dit is dus heeltemal gepas dat ons ons leier se aanstelling in die kabinet ondersteun.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Penellope Jones ·

Niks anders as ‘n slinkse politieke skuif nie.
Die ander faksie het nog steeds beheer.
Die ANC se hande is agter netjies die rug vasgemaak.

Gert van Wierdapark ·

Go Patricia Go! Jy het die “guts” en “know how” om n Verskil in CR se Kabinet te maak! Good for all!!!

Zoro ·

Dis voorreg om jou Land te dien-hoekom moet daar n vragteken wees oor haar aanstelling – die kabinet is verteenwordigend – laat die son ook oor haar skyn

HOBBO ·

Interessant, hierdie aanstelling!!?? Nogal n minister! Die beste wat al die ander partye kon doen in die laaste 25jr……….n onderminister? Geen vriende gekoop hier meneer die President. ????????????

Anoniem ·

President Ramaphosa Jy weet definitief hoe om SKAAK te speel !!!

Elize ·

Zoro, verteenwoordigend sê jy. Wie verteenwoordig in daai kabinet die blankes? Ons is pertinent en ooglopend uitgesluit, maar ons geld, die wil hul hê.

jaco ·

as hulle ons geld so graag wil hê, waarom is daar dan regstellende aksie en BEE wat uit en uit teen wit mense diskrimineer en hulle uit die arbeidsmark uitskuif en hulle keer om weer in te kom?

KP ·

Sy het nog haar persoonlike ondesteuners in Wes Kaap wat vir haar sal stem wie se getalle net dalk nou kan groei, nog n poging deur Ramaphosa om beheer in Wes Kaap te kry.

Carel ·

Baie slim skuif CR
So gaan hy die Weskaap terug wen vir die ANC
Mense maak oop jul oë

Zoro ·

Soms is verandering n goeie ding – tye
verander ook ons moet leer om aan te pas.

Johan ·

GOOD party was altyd net n rookskerm om die ANC te probeer help om die DA te ontsetel in die Wes-Kaap. Klaaglik misluk maar De Lille kry steeds vergoeding vir haar poging. Die ANC het tien teen een die GOOD party finansieel ook gehelp in die verkiesing

jaco ·

darem 1 kleurling wat werk by die ANC kry. heel dikwels word daar vir kleurlinge wat werk soek gesê “sorry no job for you as you are not black enough”. Of hulle kry nie bevordering nie, want die “nasionale demografie” moet in die personeelsamestelling, veral bestuur, geld.
En dan die ergste een: “swart mense het meer as kleurlinge onder apartheid gely, daarom moet die swakker gekwalifiseerde swart aansoeker die werk kry”.
Ek suig die goed nie uit my duim nie. ALLES wat ek hier skryf kan bewys word.

stuiwer ·

Die President het strategies gedink deur haar aan te stel. Sy gaan in alle waarskynlikheid na die ANC oorloop. Dan gaan die ANC moontlik meer kleurling stemme kan kry?

Gollie ·

Ek stem saam met jou.Dis hoekom ek sê sys net daar vir selfverrykking Wolf in skaapskleed.

Varkie ·

Ek verstaan nie, hoekom sal die ANC n ander party se leier as n minister kies en hoekom sal iemand van n ander party so pos vat? Want jy kan nie jou eie party se beginsels bevorder nie.. sooo wat sy eintlik sê is skroef my eie party, ek doen dit vir die geld, ek gaan nou na die pype dans van huidige party.. ai..

Anoniem ·

Ja ja ‘n GELD spel – verkoop haar party vir ‘n pot lensiesop

Diefie ·

Nou maar geluk tannie De Lille. Ek wil graag glo, jy gaan ‘n verandering maak.

Elize ·

Well said Varkie. Sy wys net haar ware kleure, want dit maak werklik nie sin nie. Geld, ja nee kyk vir geld…verder bly ek eerder stil.

Stefan ·

Baie geluk Auntie Pat!! Ek hoop dat jou aanstelling ‘n lekker harde skop in die gesig van die DA en sy alewige grootmond Mmusi Maimane is.

GM ·

Meeste van ons se ouers moes werk om ‘n huis ens. te kan bekostig. En so ook hul ouers. Niks is aan meeste van ons gegee nie. Die laaste 25 jaar is werke uitgedeel as gevolg van velkleur – dis meer as genoeg tyd om jou eie huis te kan koop as jy bevoordeel word, dan nie? Geboortebeperking was nie in die armes se woordeskat nie, en nou soek elkeen ‘n huis en gratis dienste – dis darem maar lekker nè? Plaas almal geleer word om te werk vir wat hul wil hê in plaas van net kry. Die wêreld skuld niemand niks nie.

ryan ·

Glad nie gaande oor haar nie… Daar is goeie redes hoekom die DA nie wou hou nie.. Al sal sy dit NOOIT erken nie. Maar het enigiemand besef dat dit eintlik maar net ‘n manier is om die DA suur te maak!

Jerry ·

Ek reken dat Suid Afrikaners teen hierdie tyd seker al goed keelvol is om te moet hoor van ANC goed uitgevoerde veldtogte. Wanneer hoor Suid Afrikaners van goed uitgevoerde veldtogte van die opposisie partye wat daarin kon slaag om die ANC te verhoed om skade aan te rig! Dit begin al meer daarna lyk of die opposisie partye dink dat hulle dieselfde rol as die polisie vervul deur op alles te reageer wanneer die skade reeds gedoen is, in plaas daarvan om skade te verhoed! Die benadering van die opposisie partye en van sekere organisasies tot die uitdagings wat SA in die gesig staar, was ongetwyfeld tot dusver n groot bydraende faktor tot SA se agteruitgang. Indien opposisie partye en organisasies vir die volgende 5 jaar op hierdie trant gaan voortgaan, dan gaan die ANC sinkende skip nie al skip wees wat gaan sink nie!

ne ·

@GM – stem volkome saam. Hulle hoef nie te werk nie, net kinders maak, want hulle kry betaling daarvoor. Wonder waar al die kindertjies in die toekoms gaan kos/werk kry. Hulle word nooit geleer om te werk vir wat jy wil hê nie – alles kom op ‘n skinkbord.

Linda ·

De Lille se aanstelling was n manjifieke skuif, ons blankes in Roodepoort is vreeslik bly !!! Geluk Auntie Pat !!!!

Andreas ·

Patricia se die Good-party het nasionaal maar 70,408 stemme gekry. Iets maak nie sin
oor waarom Cyril haar in sy kabinet wil hê nie. Dit sou interessant wees as hy sy werklike
rede met ons kon deel.

Boerboel ·

Andreas kyk CR het beslis n’ haas uit sy hoed gehaal wat niemand daar verwag het. Ek dink kan verkeerd ,wees dis om die DA bytekom. Sy is mos op n’ slegte noot daar weg. So tyd sal leer of dit die regte haas was.

Anoniem ·

Sy is in staat om nog ‘n paar van haar politieke ‘stunts’ uit te probeer

Hou dop, hier kom ‘n DING

Jeukenkrap ·

Ja Mmusi, soos die DA se samewerking met die EFF ook al die tyd op die kaarte was (terwyl jy die inligting van ons as kiesers weerhou het). Maar die EFF het reeds begin met hul eise… en die DA gaan nog hél hê onder die EFF. Maar kry vir jou – jy en Julius was destyds mos al knus toe jul nog ANC’s was!

Attie. ·

So duidelik soos daglig dat ons weer van Patricia gaan hoor, net op ‘n baie hoër vlak. Die DA se vondasie breek op vandat Zille die toneel verlaat het en regtig waar, sonder ‘n sterk leier gaan die DA in die Kaap sleg vaar teen VF+ aan die een kant en ANC aan die ander kant. Cyral se biskop is goed op die bord geplaas teenoor die DA se koningin. Tyd sal leer dat Cyral in die nag slaap, nie in die dag nie. Dan is hy wawydwakker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.