De Lille bedank as DA se Wes-Kaap-leier

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Patricia de Lille het uit haar pos as die DA-leier in die Wes-Kaap bedank.

De Lille het die nuus Maandagoggend op haar Twitter-profiel bekendgemaak. Volgens De Lille is sy bewus van die uitstekende groei in kiesersondersteuning wat die party in die afgelope paar jaar in die provinsie behaal het, maar hierdie ondersteuning beteken ook ʼn groter verantwoordelikheid.

“Ek glo ons het dit reggekry om die doelwitte [wat ek in 2015 gestel het] te bereik deur harde werk, toewyding en ʼn onwrikbare geloof in die DA se agenda. Maar ek kan nie hierdie prestasies in isolasie sien van my rol as ʼn regeringsleier as die uitvoerende burgemeester van Kaapstad nie,” het sy in haar amptelike bedankingsbrief geskryf.

“Die verantwoordelikheid van ʼn tweederdes-meerderheid rus swaar op my skouers. Die uiteinde is ʼn massiewe erkenning van die DA se regeringsrekord in Kaapstad, maar ook ʼn geweldige verantwoordelikheid.”

“ʼn Vermeerdering in ondersteuning is nie ʼn aanduiding dat jy nou op jou louere kan rus of ʼn lisensie om arrogant te wees met mag nie. Dit is eerder ʼn geleentheid om die mandaat te gebruik om die kiesers en inderdaad al die mense van Kaapstad se verwagtinge te oortref om selfs nog beter te doen en die regering na die volgende vlak te neem.”

De Lille het gesê sy glo die provinsie is gereed vir vars idees van leierskap uit ʼn nuwe generasie wat die party sal uitdaag om nuwe hoogtes te bereik. Sy het aangedui dat haar bedanking vanaf 1 Februarie 2017 in werking sal tree en dat sy bereid is om haar volle ondersteuning aan die nuwe DA-leier in die Wes-Kaap te gee op enige manier moontlik.

Die DA het teen vroeg Maandagoggend ook De Lille se bedanking op sosiale media gedeel. Volgens African News Agency het ʼn woordvoerder van die DA-leier, Mmusi Maimane, se kantoor bevestig dat De Lille se posisie tydelik deur Bonginkosi Madikizela, die LUR vir menslike nedersettings, gevul sal word totdat ʼn nuwe leier later vanjaar by ʼn provinsiale kongres verkies word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

jaco ·

twee derde meerderheid in kaapstad, so nou sit die DA agteroor en doen niks. agter my huis is n munisipale waterpomp waaruit DRINKWATER nou al vir n jaar lank lek. Klagtes by die munisipale werkers wat ander lekke kom regmaak en klagtes by die munispale kantore EN by die verkose DA raadslid lei tot net mooi NIKS. INTUSSEN kritiseer die DA die ANC oor swak wateradministrasie en hulle stel links en regs waterbeperkings in weens die huidige droogte. Maar steeds bly die water uit hulle pomp lek. As hulle dit nie eens kan herstel nie en met hulle tweederde meerderheid net agteroorsit, het ek nie veel hoop vir hulle nie. Die DA gaan nog net so useless soos die ANC word.

Johanna ·

NOU TOE NOU!!! dit kan net een ding beteken! DA is nie meer DA nie. Oorgeneem deur ANC en EFF!!

Jem ·

Dit is vir my baie hartseer dat ons nog n Ystervrou moet verloor. Ek wil nie negative wees oor die toekoms van hierdie land nie. Ek hou my nie op met negative we gedagtes nie en ek is ook nie n rassis nie. Patricia de Lille en Helen Zille het baie diep spore in die Politiek van hierdie land gestap. Ek waardeer en respekteer hulle vir wat hulle vir ons land gedoen het. Ek wens hulle alle voorspoed en geluk toe vir die toekoms. Mense daar is nie altyd n slang in die gras nie.

Kommerwekkend ·

Ek spekuleer maar net, dalk het sy ‘n beter pos in die ANC gekry? Ek vertrou glad nie hierdie kamstige DA nie. Nes hulle goeie ondersteuning het begin hulle oorloop na die ANC toe – terug vanwaar hulle gekom het .. so het Marthinus van Schalkwyk die NP gekelder, en sit nou heerlik agteroor met ‘n vet salaris, met almal wat vir hom destyds gestem het se stemme wat GEMORS i s.

Rynhardt ·

De Lille se politieke loopbaan was lankal verby! Haar skielike bedanking gaan daaroor dat die DA met mening moet transformeer om indiens van die massas te wees!!

lettie ·

Ek kan insien dat sy onder geweldige werksdruk verkeer. Kom ons gaan haal nie die bobbejaan agter die bult nie. Sy is n vrou van integriteit – ek glo nie daar is duistere motiewe nie. Ek hoop haar opvolger staan haar skoene vol.

Sjoe ·

Sjoe die opinies is woes! Ek voel weer wyse vrou, te veel ysters veroorsaak dat almal halfpad warm is, fokus liewer op 1 pos en maak die verskil wat jy verkondig het in jou verkiesingsveldtog, ek dink daar gaan ‘n goeie opvolger wees, sy sal nie al haar harde werk net so laat los nie. Patricia, just keep an eye op jou vooraf werk!!!!!!

KP ·

Alles klink nie vir my pluis nie. Tyd sal leer, vir geld kan mens snaakse goed doen.

Marinda ·

Sy het haar oor en oor as betroubaar bewys. Dit is ‘n jammerte dat sy weggaan. Sy laat groot skoene agter om vol te staan. Mense word ouer en nie jonger nie en kan net soveel hooi op jou vurk skep. Sterkte Patricia, jy was nooit op jou mond geval nie, en het baklei vir die waarheid. Mooi loop.

Alida ·

Ai mense hou julle tog in. Elke mens is seker geregtig op persoonlike opinies. Dalk wil sy meer tyd met haar gesin spandeer. Gee tog kans voor julle weer begin klippe gooi. Sies man.

Hennie ·

Alida.
‘n Groot pos wag vir haar by die ANC! Hou maar dop.

Anton ·

…wag nou mense…sy is nog die DA Burgemeester van Kaapstad…

Kerneels ·

Sy bedank slegs as Leier in Weskaap. Sy is steeds Burgemeester van Kaspstad. Baie werk om twee sulke groot poste te he. Laat sy nou op Kaspstad konsentreer. Sy is ook nie meer so jonk nie.

John ·

Godsdiens is nooit ver weg van enige radikale besluitneming nie.

Nico K ·

Sy het nie bedank uit die DA nie. Sy is steeds die DA se burgemeester in Kaapstad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.