
Patricia de Lille kondig haar bedanking as Kaapse burgemeester op die trap van die hooggeregshof in die Moederstad aan. Foto: ANA
Patricia de Lille ontruim Woensdagmiddag om 17:00 die Kaapse burgemeesterskantoor in wat sy as ʼn “wending” in haar loopbaan beskryf, maar nie die einde daarvan nie.
De Lille het verslaggewers Woensdag toegespreek op die trap van die hooggeregshof in die Moederstad, waar sy vroeër ʼn aansoek ingedien het om twee verslae van die regsfirma Bowmans te laat hersien en ter syde te laat stel.
In een van die verslae oor korrupsie en wanadministrasie in die Stad Kaapstad is bevind De Lille is aandadig aan ongerymdhede, terwyl sy in die tweede verslag van enige blaam onthef word. Die verslae is verlede week in die stadsraad ter tafel gelê.
De Lille het haar voorgeneem om haar naam in ere te herstel, maar het gesê sy wil eers die volgende twee weke gebruik om met haar gesin oor haar volgende skuif te besin.
Terwyl sy haar bedankingsbrief op die hof se trap onderteken het, het sy gesê sy bedank ook as lid van die DA.
“Wanneer mense jou misbruik, moet jy wegstap. Wanneer jy saam met mense moet werk wat daagliks modder na jou gooi, stap jy weg.”
Sy sê twee raadslede het ook hul onmiddellike bedanking ingedien en voorspel nog sal hul voorbeeld volg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
27 Kommentare
Is sie DA reg of is sy reg?
Ek hoop sy het nou die laaste tantrum gegooi. Hierdie sandpit fight tussen haar en die DA het laasgenoemde erge skade aangerig
Dankie tog…een vrot appel in n pak maak almal vrot
Gaan kry tog nou net vir eens vir jou ‘n regte werk en begin bydrae tot iets!!
Die DA se grootste vyand… die DA self! Kyk mooi hoe die EFFers getrou aan n populistiese organisasie die DA verbysteek as oposisie! Hartseer dae.