De Lille bedank as Kaapstad se burgemeester

Patricia de Lille kondig haar bedanking as Kaapse burgemeester op die trap van die hooggeregshof in die Moederstad aan. Foto: ANA

Patricia de Lille ontruim Woensdagmiddag om 17:00 die Kaapse burgemeesterskantoor in wat sy as ʼn “wending” in haar loopbaan beskryf, maar nie die einde daarvan nie.

De Lille het verslaggewers Woensdag toegespreek op die trap van die hooggeregshof in die Moederstad, waar sy vroeër ʼn aansoek ingedien het om twee verslae van die regsfirma Bowmans te laat hersien en ter syde te laat stel.

In een van die verslae oor korrupsie en wanadministrasie in die Stad Kaapstad is bevind De Lille is aandadig aan ongerymdhede, terwyl sy in die tweede verslag van enige blaam onthef word. Die verslae is verlede week in die stadsraad ter tafel gelê.

De Lille het haar voorgeneem om haar naam in ere te herstel, maar het gesê sy wil eers die volgende twee weke gebruik om met haar gesin oor haar volgende skuif te besin.

Terwyl sy haar bedankingsbrief op die hof se trap onderteken het, het sy gesê sy bedank ook as lid van die DA.

“Wanneer mense jou misbruik, moet jy wegstap. Wanneer jy saam met mense moet werk wat daagliks modder na jou gooi, stap jy weg.”

Sy sê twee raadslede het ook hul onmiddellike bedanking ingedien en voorspel nog sal hul voorbeeld volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Salamander ·

Ek hoop sy het nou die laaste tantrum gegooi. Hierdie sandpit fight tussen haar en die DA het laasgenoemde erge skade aangerig

Mak Muil ·

Gaan kry tog nou net vir eens vir jou ‘n regte werk en begin bydrae tot iets!!

Johann ·

Die DA se grootste vyand… die DA self! Kyk mooi hoe die EFFers getrou aan n populistiese organisasie die DA verbysteek as oposisie! Hartseer dae.

Gollie ·

Ja nee wat ek stem saam met jou ,nou gaan ons nog swaarder kry dis nou EFF wat die oposisie gaan wees.

Kobus ·

MM het dit nou reg gekry om die twee sterkste persone in die DA te laat bedank, nou sal niemand hom meer kan uitdaag nie.

Toetsiens DA, ek stem nie vir daai man nie.

Ben ·

Wat het sy nou so verkeerd gedoen? Omdat sy nie ‘n korrupsie saak aangemeld het nie? Kyk ‘n bietjie hoeveel fluitjieblasers verloor hulle werk en kom tweede. Dit is asof die DA die “abusive” party is?

Annamarie Olivier ·

Dankie uiteindelik doen jy die eerbare ding. Ons is regtig moeg vir jou gekerm.
Hoop dit is die laaste wat ons van hierdie sage hoor!

Al ·

Volgens n artikel het Patricia de Lille nie haar vorige party ID gederegistreer by OVK nie.
Waarom haal dit nie hoofnuus nie?
As sy magsspeletjies speel, moet sy ontbloot word.

At Dippenaar ·

Ag Patriciatjie. Jy hou aan uitstel en uitrek. Nou wil jy vir twee weke met jou familie gaan praat oor jou volgende skuif. Word groot.
Koebaai en good riddance.
Vereffen asb net die uitstaande ou geldjies by die kassier net links van die voordeur.
Tatta

Ag asb ·

Oor wie gaan dit nou eintlik want dit klink nie of dit oor die kiesers gaan nie. Ons is al moeg vir al die gekerm. Loop nou en herstel jou naam in ere as dit moet op jou eie tyd maar loop tog net eers.

aj ·

Die breindood media vermeng twee afsonderlike sake m.b.t. De Lille en die DA.

1. DA se optrede teen De Lille se misdaad.
2. Politieke kompetisie (magspolitiek).

As Pat nie by misdaad betrokke was nie … sou daar geen DISPUUT gewees het nie.

Waarom sal die DA …WIL ontslae raak van Patricia? As sy SKOON was sou hulle haar wou behou.

Die BREINDOOD media verstaan nie die bg twee afsonderlike sake nie.

SKRIK WAKKER!
FABRIEKE VAN FOPNUUS!

aj ·

Dankie tog Patricia is nou weg!

Haar “sell by …” datum het lankal verstryk.

En die DA het miljoene eerlike en bevoegde jong leiers om die “antie” se plek in te neem.

Staak saam ·

Die DA het homself so vrlustig met die ANC se binnegevegte, nou verlustig die ANC homself weer.
Waar gaan De Lille haar gewig nou ingooi.
Dit lyk al hoe meer of die Wes Kaap volgende jaar ANC gaan wees.
Die DA gaan baie klein word, EFF, ANC en VF+ gaan groei.
DA ondersteuners het nog net een stem oor, laat hom tel…….lol

aj ·

Liewer ‘n kleiner SKOON DA as ‘n groot KORRUPTE, BOSE, IMMORELE, ONBEVOEGDE …. alliansie uit die HEL van cANCer!

En as die kiesers lg alliansie uit die Hel wil kies … dan moet hulle bereid wees om te ‘SUFFER’!

Maar ek dink die kiesers is nie onnosel nie … hulle laat hulle nie 2 keer MISLEI deur die cANCer nie!

Alida ·

Ek stem hierdie is net een geveg binne die DA as jy kyk na al die vrot wurms in die ANC . Is daar mense met skoon hande in die ANC NEE!!!!! Mense moet ophou om hulle te verlustig in die DA se “terugslag” die waarheid sal uitkom. Die DA sal nie hulle party leed aandoen sonder konkrete bewyse nie. Mmaimane is nie dom nie.

Johan ·

Die einde van die pad Vir DA,kan ongelukkig nie sonder Pat Kaapstad kry nie.Wie hom wil he sal met haar ooreenkoms moet aangaan…haar prys gaan baie hoog wees….Vir starters gaan sy of premier of Burgermeester wil he…Die ANC gaan betaal…en skik..op haar voorwaardes….Die Groot verloorder,DA en inwoners van Kaapstad…

Swartwolf ·

Dankie tog nou kan die DA aangaan sonder gifappel wat eintlik nog ‘n PAC kader is. Haar mannewales en storetjies het so veel interne energie op haar gemors. Wonder wie was die grootste merrem sy of Helen…..

Staak saam ·

Alida, die grootste fout wat jy kan maak is om jou openent te onderskat, Mmaimane het daai klas duidelik gemis en dit maak hom nie die skerpste mes in die laai nie.

Oujongvrou ·

Ag Mev De lille, ons hoor die heel tyd hoe jy jou naam wil skoon kry , maar niks gebeur nie. Gaan stig tog nou jou eie party en los die DA. Ons is moeg vir jou afbreek van MM. Korrupsie sal nie geduld word in die DA nie. En die ras kaart wat jy ook nou wil insit is al hol gery. Moenie dink almal is so dom om eke ding voor wit mense se deur te wil le nie. Een of ander tyd sal mense begin besef, die blaam vir al die ellende is die lewe kan mos onmoontlik die witmens se skuld wees. So vaarwel, ons gaan jou nie mis nie.

Breytenbach ·

Die beste goeie nuus in ‘n lang uitgerekte blufspel. Hoe harder sy skreeu hoe minder hoor ek. Die gereg moet sy gang gaan. Weereens word die gewone gedoen sodra iemand nie presteer het nie of uitgevang word, die gerieflike raskaart!

Louw ·

Nou het MM gewys hy soek nie blankes of kleurlinge nie. Lees Helen Zille en de Lille. Dis hoe hulle met my gemaak het toe ek vra waar ek as 67 jarige blanke man inpas by hulle. Net ‘n sms om te laat weet ek is van al hul databasisse verwyder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.