De Lille bevraagteken tydsberekening van kriminele aanklagte

Patricia de Lille (Augustus 2016) (Foto: ANA)

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Sondag ontken dat sy in kennis gestel is van kriminele aanklagte wat deur die Demokratiese Alliansie teen haar aanhangig gemaak is, maar het onderneem om met die polisie saam te werk in enige ondersoek. Sy bevraagteken egter die tydsberekening van die aanklagte.

“Uit mediaberigte vandag [Sondag], het dit onder my aandag gekom dat kriminele klagtes glo deur die Demokratiese Alliansie teen my aanhangig gemaak is,” het sy in ʼn verklaring gesê. “Ek is nie formeel in kennis gestel van hierdie aanklagte deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. Indien kriminele klagte teen my aanhangig gemaak is, sal ek openlik en deursigtig met die polisie saamwerk. Ek ontken en verwerp hierdie bewerings met die minagting wat dit verdien.”

Volgens mediaberigte kom die kriminele aanklagte deur die DA ná ʼn sakeman van Vanderbijlpark beweer het dat sy betaling gevra het vir ʼn moontlike ooreenkoms wat brandblussers betref. “Die burgemeester het glo sakeman Anthony Faul genader vir ʼn betaling van R5 miljoen,” het EWN berig.

De Lille het gesê die tydsberekening van dié aanklagte laat talle vrae ontstaan. “Waarom kom hierdie man Anthony Faul nou gerieflik na vore terwyl die DA my oor ander sake aankla? Waarom het hy eers na die DA gegaan in plaas van die polisie? Waarom het hy byna vyf jaar gewag voor hy dié bewerings gemaak het? Dit wil voorkom of dit die jongste is in ʼn reeks bewegings om my reputasie skade te berokken deur aan enigiets te gryp en die media in te lig nog voor die bewerings behoorlik getoets is.

“Ek het herhaaldelik gevra vir ʼn regverdige proses, maar die manier hoe die saak hanteer word en hoe ek behandel word, is klaarblyklik ʼn poging om die publiek se persepsie teen my te verander, in plaas daarvan dat ek ʼn regverdige geleentheid gebied word om my saak te stel en om die bewerings behoorlik te ondersoek.

“Dit word al hoe meer duidelik dat die poging, om my naam te onteer en die haas om van my ontslae te raak, desperate hoogtes bereik het,” het De Lille bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Piet ·

Die DA het deesdae baie verswak wonder vir wie ons nou gaan stem?

Boet Fasie ·

DA verswak net soos die ANC , almal word in die rug gesteek, geen eerlikheid , kameraadskap en saamstaan nie. Mense is net agter die geld aan en sal jou in die rug steek vir ‘n paar note. Sies

Daan ·

Politiek is n vieslike besigheid , mev de Lille is n eerbare mens ek wil nie spekuleer nie maar iets klink nie reg.

Wonder ·

Die DA skop nou al die vroue uit, wat die DA help bou het. Wonder waarom! Wonder of ons nie net ‘n vrou party kan stig nie.

Sonette ·

MM het vir Helen af gedank en `n klomp wit stemme verloor. Hy prober nou alles in sy mag om van De Lille ontslae te raak, dan verloor die DA baie kleur stemme. MM gaan die DA nog erger sink as Zuma die ANC

Peet ·

Mmusi en sy trawante is niks anders as die ANC nie. Almal dieselfde.

Lolla ·

Ek ook! VF, enigste eerlikke mense sonder skandes en se heeltyd en altyd die korrekte, inteligente inagnemende feite, en tree ALTYD op in alle Suid Afrikaners se belange met alle regverdigheid, en ons land se belange is beslis op hul harte en agendas. Die mense van VF het actually geleerdheid wat eerlik bekom en betaal voor was. DA se skandes en sondes het lankal met hulle opgevang.

Boet Fasie ·

Die DA wil vir die publiek wys dat hulle staan vir skoon administrasie maar is tans besig om van goeie leiers ontslae te raak. Ek glo egter nie dat dit net gaan oor skoon en goeie administrasie nie, maar is daar tekens van afguns en hepsug van mense wat self die posisies wil beklee en die salaris wil kry

Leeu ·

Hoop al die liberales, die DA aanhangers se oë gaan oop vir Mmusi en sy bende.

Lolla ·

O ja! Myne het beslis. Kry skoon skaam vir DA en voel myself erg onnosel. Veral toe DA ook betrokke geraak het met betogings by Hoerskool Overvaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.