De Lille, DA pak mekaar weer in die hof

Patricia de Lille, leier van die Good-party. (Foto: ANA)

Patricia de Lille, leier van die Good-party, het Maandag gesê sy sal haar tot die hooggeregshof in Kaapstad wend in ʼn poging om haar voormalige politieke tuiste, die DA, te verhoed om leuens oor haar te versprei.

Dit kom nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verlede week opdrag gegee het dat die DA aan De Lille, ʼn voormalige DA-lid, binne drie dae in die openbaar om verskoning moet vra omdat hy sy stemwerwers opdrag gegee het om aan kiesers te sê De Lille is afgedank uit haar posisie as burgemeester van Kaapstad.

De Lille het verlede jaar uit haar burgemeesterspos bedank na ʼn uitgerekte regsgeding met die DA.

Die DA het daarna gesê die party sal nié om verskoning vra nie aangesien hy meen die OVK oorskry sy magte en slegs ʼn hof kan hom opdrag gee om om verskoning te vra.

“Die DA het die reg om aansoek te doen om die OVK se besluit te laat hersien, maar hulle het nie die reg om voort te gaan om valse uitsprake oor my te maak nie,” het De Lille in ʼn verklaring gesê.

“My regsverteenwoordigers het die DA versoek om te onderneem dat hulle nie meer hul valse manuskrip sal gebruik waarin daar gesê word hulle het my ‘afgedank nie, ten minste nie totdat ʼn hof die beslissing van die OVK bevestig het nie. Die DA het op onredelike wyse geweier om dit te doen en dit dwing my om weer eens die howe te nader,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

phillip ·

Ag die vrou is n pyn in die”jy weet wat”.Het sy en die samelewing vergeet dat sy bloed op haar hande het. Hoe kan so n spigopaat eerlik wees?. Sy moet nou gaan sit en besin oor haar dade en die DA los om aan te gaan om die land reg te ruk.

stoffel ·

HAHAHAHAHAHA die DA die land regruk HAHAHAHAHAHAHAHA
oe maar dis snaaks so vroeg op n dinsdag

Griet ·

Jaaa…dis ookal ñ ou afgesaagde vervelige ou storie’tjie…!!
Kry iets beters om jou tyd en energie op te mors auntie pat

Dries du Toit ·

Sy het nog altyd gedink sy is onaantasbaar. Net soos Zuma gaan sy ook nog ontbloot word vir wie sy regtig is. N opportunis wat van party tot party sweef

Melanie ·

Ek moet mal wees om vir haar party te stem, maar voodat ek DA stem sal ek veel eerder my kruisie by “good” trek.

phillip ·

Ja regruk. Hulle het bewys dat hulle kan regeer. Werkloosheid in die weskaap die minste. Alles daar is verbeter. Toe hulle die Metros in GP oorgevat het was daar onmiddelike verandering. As hulle mense nie hulle werk doen nie, kyk wat gebeur. Hulle word afbetaal. Die pad gewys en dan maak hulle wat hierdie vrou nou doen.

Johan ·

@Melanie….as jy vir ‘GOOD’ stem kan jy jouself net sowel die moeite spaar en vir die ANC stem want dit is sonder twyfel die plek waar De Lille haarself gaan skaar in koalisies. Is dit regtig so moeilik vir mense om uit te werk?

TN ·

Philip __ jy sal die regses nie kry om hulle oë oop te maak nie ; bestee jou tyd beter en bly saam met ons oplossings soek vir ALMAL !

Johann cb ·

Die vrou is besig om ‘n gek van haarself te maak! Bokshandskoene …

Foxi ·

Ai tog Dillila, moet tog nie soos n kraan wees wat aanhou drup nie! Los wat agter is en kyk voorentoe. Wil jy nou regtig hê dat die DA op sy knieë gaan vir jou. Die land is al in so n gemors, plaas julle net saam werk asb.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
So sal die parasiete aanhou teer….kan nie n normale werk doen nie…moet leef van ander se geld….almal is altyd te gretig om vir die staat te werk of n politikus te word…dan kan jy van ander se miljoene leef.
.
.

Koos ·

Die OVK het tyd om oor hierdie twak te sit en bevele uit te deel, maar aan die BLF wat die wet oortree word niks gedoen nie. (vervang maar woorde twak en niks met meer toepaslike woorde).

Sonja ·

Het iemand nie iets om vir haar te gee om haar besig te hou nie? Sy is in die nuus vir al die verkeerde redes. Seker enigste manier om die koerante te haal!

Clipper ·

Is dit nou die tyd vir die DA om in so iets betrokke te raak? Almal weet die vrou is gif en vir die DA om nou weer te begin baklei gaan hulle nog ‘n klomp stemme kos. Die leier moet regtig begin lei soos iemand wat sy vinger op die pols het

Cobus you ·

De Lile soek net publiisiteit vir haar belaglike party Nie moeite werd om our haar te praat nie sal nog seker oorstap na ANC toe, Gee haar bloedneus DA en los haar sal julle saam met haar in die verderf in term D A altyd
My

Lina Smit ·

Jy en die da gooi so naam weg dis om van te huil. Het julle nie werk nie?????

Johan ·

Hierdie vrou is op n wraakveldtog teen die DA en niks anders.

Hoop die mense wat dit oorweeg om GOOD te stem weet dat as daar n koalisieregering in die Wes-Kaap op die been gebring moet word, dat sy beslis haarself by die ‘bad’ (ANC) en die ‘ugly’ (EFF) gaan skaar.

En dan is dit ‘tickets’ vir hierdie provinsie!

Pieter ·

Siestog, De Lille het as leier van haar vorige party misluk agv swak leierskap en “diktator,” eienskappe, dieslfde goed wat haar as lid v/d DA laat misluk het. Nou wil sy aanhou veg om haar “swak” naam in ere te herstel. As Zille haar nie jammer gekry en ‘n kans wou gee om haarself as leier te bewys nie, sou sy nie ‘n DA lid gewees het nie. Sy blaf net en kan nie die werk doen wat sy belowe nie. Regte ou ANC raadslid wat iets wil wees, maar net ken van korrupsie en praat met geen vooruitgang agv werk gedoen.

elsa ·

Vergeet wat agter jou is de Lille, dis tyd om aan te beweeg…

jaco ·

Die DA raak nou nou nes die ou Konserwatiewe Party (KP) van die 1980’s, wat ‘n groot gedeelte van hulle energie gemors het om die Herstigte Nasionale Party, wat dieselfde beleid as die KP gehad het, te neurtraliseer en te vernietig. Met n Westminster kiesafdelingstelsel van “first past the post” het dit hulle waardevolle setels gekos, want die in talle kiesafdelings was die KP en HNP se stemme saam meer as dié van die regerende Nasionale Party. So kon die Nasionale Party dus wen en met hulle noodlottige “hervorming” voortgaan.
So die DA moet maar lekker aankap en die klein partye wat eintlik DA beleid deel probeer uitwis. moet net nie agterna huil as die ANC die Wes-Kaap regering oorvat nie.

Johan ·

Al hoe die ANC n kans het om in die Wes-Kaap oor te vat is juis as mense hul stemme mors op niksseggende klein partye wat sukkel om skaars een setel in die provinsiale wetgewer te verower. Al wat dit doen is om die deur vir die ANC oop te maak. DAAI kiesers moet nie ‘agterna huil’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.