Patricia de Lille, leier van die Good-party, het gesê sy is dankbaar en voel nederig oor die meer as 40 000 stemme wat dié party teen Dondermiddag reeds ingepalm het.
“Elke stem tel. Ons [bestaan] nog net vir vier maande en ons is toegewyd daaraan om setels in die parlement te kry om die mense te verteenwoordig,” het De Lille vanmiddag met haar aankoms by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê.
Good het teen 16:00 vanmiddag 43 028 nasionale stemme gekry nadat meer as 48% van die stemdistrikte in dié stadium reeds afgehandel was. Minstens 40 298 van hierdie stemme het uit De Lille se tuisprovinsie, die Wes-Kaap, gekom.
De Lille het verlede jaar uit haar amp as burgemeester van Kaapstad bedank ná ʼn uitgerekte hofstryd met die DA waarna sy haar eie party op die been gebring het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
15 Kommentare
Nou het sy darem nog ‘n joppie.
Verdwyn asb net De Lille?
Patrica, ek hou baie van jou, alhoewel ek nie vir jou gestem het nie(ek is in N west – Rustenburg). Ek is regtig bly jy het so goed gevaar…
Ek hoop Patricia se aftree beplanning is in plek. Hierdie is haar laaste werk. Sy gaan nie weer Parlement toe nie. Sulke klein partye kwyn weg.
Wanneer sing sy weer saam. Kill the boer. Of het sy nou totaal verander sedert sy die PAC verlaat het