De Lille gaan DA-LP’s aankla

Patricia de Lille. Foto: Ayanda Ndamane/ANA

Patricia de Lille, voormalige burgemeester van Kaapstad, is van voorneme om aanklagte van bedrog teen verskeie DA-LP’s aanhangig te maak.

De Lille is van voorneme om Donderdag die aanklagte by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie aanhangig te maak rakende ʼn vervalste verslag van die ouditeur-generaal wat op sosiale media versprei is.

Die inskrywing op sosiale media, getiteld “Patricia de Lille exposed”, is kwansuis ʼn dokument met Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal, se handtekening daarop en ʼn lys van oortredings deur De Lille wat verband hou met die MyCiti-bus-verkrygingsproses. Makwetu het later bevestig die dokument is vals.

De Lille het aanvanklik gedreig om die DA-LP’s wat die dokument versprei het te dagvaar indien hulle nie in die openbaar om verskoning vra nie. De Lille het in ʼn ope brief geëis dat Mike Waters, Bronwynn Engelbrecht, Henk Hugo en Shehana Kajee ʼn openbare verskoning moet uitreik.

Dan Plato is Dinsdag tot nuwe burgemeester van Kaapstad verkies. Dit het ’n einde gebring aan die sewe jaar lange bewind van De Lille, wat verlede Woensdag uit die amp bedank het, ná ’n lang interne stryd binne die DA.

Brett Herron, Kaapstad se beleërde burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het kort ná De Lille uit sy amp asook uit die DA bedank.

Herron se bedanking het gevolg nadat Dirk Smit, die stadsraad se speaker, amptelike klagte by Kaapstad se sentrale polisiekantoor aanhangig gemaak het teen Herron en De Lille. Die klagte volg op ʼn raadsbesluit gegrond op die regsfirma Bowmans se verslag oor beweerde hoëvlak-korrupsie in die bestuur van die Moederstad.

Die klagte teen De Lille is aanhangig gemaak omdat sy na bewering amptenare beskerm het wat betrokke was by tenderbedrog en onregmatige uitbetalings. Herron word aangekla ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ano ·

Goeie genade vrou – aanvaar nou ASB jy is NIE meer Burgermeester nie, jy is uitgeskop (kon nie SONDER rede gewees het nie) Jy raak nou regtig erg kinderagtig

John ·

… ja, Hillary se streke na haar afse, stem baie ooreen. Kyk maar net hoe gaan al die topbestuurders aan wat uitgevang is: woede, hofsake, pinkies-in-die-lug. Om van die troon te moet afklim is meestal moeilik en ontkenning is die eerste reaksie.

Irene ·

Delill gaan asb aan met jou lewe em stop hofsake los DA tog nou uit en begin a nuwe blaaitjie

Ryan ·

Ek wens ook net sy kan aanbeweeg. By die eff aansluit en aangaan met die lewe.

Michael ·

Ai hierdie tannie raak nou regtig af gesaag . mense wat so aan gaan is gewoonlik skuldig. “Die gesegde” as jou eie tuin vuil is dan raas jy gou oor jou buurmense se tuine om die aandag van jou eie tuin af te trek. So tannie kry nou jou ry voor jy regtig aan gekla word.

Archie ·

Dis tyd dat politikuste ophou geldmors met hulle versille dis net die prokureurs wat baat by dit en maak hulle net ‘n bespotting van hulself. Soos die seuntjie by die kleuterskool vir sy maadtjie sê, ek mag nie meer met jou speel nie. My ma sê jy eet snot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.