De Lille: ‘Grondbesettings sal nie geduld word nie’

Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Maandag gesê die stad het met ʼn reeks gesprekke in en om Kaapstad begin om die “vlaag grondbesettings” in dié stad aan te raak.

De Lille het in ʼn verklaring gesê sy is “erg ontsteld oor die grondbesettings” in die stad wat “soms gepaardgaan met geweld en vernietiging van eiendom”.

“Ek wil dit op skrif stel dat die Stad Kaapstad [die grondbesettings] in die stad nie sal duld nie. Wetstoepassingsagentskappe sal nie huiwer om op te tree teen diegene wat geweld aanhits nie,” het sy gesê.

De Lille het gesê grondbesettings is onwettig en hou boonop “brand- en gesondheidsrisiko’s” vir die Kaapstadse gemeenskappe in.

Sy hou Dinsdag ʼn vergadering met verteenwoordigers van Vrygrond in die stad om voorstelle te bespreek om dié voorvalle hok te slaan. Die leierskapsforum sou nog bevestig of hy die vergadering gaan bywoon.

De Lille het ook vir Ian Neilson, adjunkburgemeester, afgevaardig om gesprekke met verteenwoordigers van Parkwood te hou. Oor die afgelope paar maande het die stad se ingryping gelei tot ʼn afname in geweld wat verband hou met grondbesettings in Gugulethu en Philippi.

“Ons gaan voort met dié gesprekke met alle gemeenskappe. Dit is belangrik vir inwoners om te verseker dat grond wat vir ontwikkeling gewaarmerk is, beskerm word teen grondbesetters. Ons kan nie dienste soos water, elektrisiteit, paaie en ander infrastruktuur verskaf wanneer die grond beset word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Snowball ·

Goed om te hoor dat Mev die Burgermeester “erg ontsteld” is oor die grondbesettings; dink daaraan as jy weer hand op die blaas uithang by die EFF en die grondbesettingsaanhitser Julius soos jou beste tjom begin lyk.

Peet van Breda ·

Sy het seker n stukkie grond daar rond of haar borge en meelopers het n eiendom daar rond. Julle het klaar belowe die grond sal natuurlik beset word na n onbesonne aankondiging van grond vat sonder vergoeding. Geen mens kan so onverantwoordelike aankondiging doen sonder om die stelling te begrens met reels ens nie. Die massas het reeds die boodskap geinterpreteer as n vyr kaartjie om grond te vat. Gaan probeer nou die roaler coster stop !!!!!!

gatiep ·

Bly om dit te hoor.
Die probleem is net sy gaan nou uitgewerk word uit haar pos.
Ek is so moedeloos met die mal land.

Waarheid ·

da staan vir dom antie, want spyt kom te laat.
SY volk hou moed, kyk op HY sien. SY beloftes staan vir ewig, bly getrou en bid onophoudelik. Asb. Dankie.

Rynhardt ·

De Lille,u kan geen waarborge gee dat grondbesettings geduld sal word nie!Die EFF kan binnekort in opdrag van Anc met busse en vragmotors vol molesmakers grond beset!De Lille wat gaan u doen???U eie posisie binne DA word nie eens hoog geag nie.U woord beteken niks!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.