De Lille hof toe vir geheime stemming

Patricia de Lille, Kaapstad se burgemeester. Foto: Tamaryn Africa/ANA

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof ingedien en versoek dat die mosie van wantroue teen haar deur middel van ʼn geheime stemming mag plaasvind.

De Lille het gesê sy wil verseker dat lede van die DA-koukus volgens hul gewete mag stem tydens die wantrouemosie teen haar op 15 Februarie.

“Ek wil nie die mosie teen my vermy nie, maar wil die versekering hê dat dit op ʼn grondwetlike en regverdige wyse sal voortgaan, veral aangesien ek tot dusver nie regverdig deur die DA behandel is nie,” het De Lille gesê.

Die DA het De Lille se hofaksie intussen as “verwarrend en kwelsugtig” bestempel. James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê dit is belangrik om ʼn aantal onakkuraathede in De Lille se verklaring uit te weg te ruim.

“Die DA is ʼn party wat die Grondwet respekteer en handhaaf. In belang van die oppergesag van die reg het ons nie vir raadslede opdrag gegee om op ʼn sekere manier te stem nie.”

Volgens Selfe is die besluit oor ʼn geheime stemming die prerogatief van die stadsraad en nie die DA nie. “Die stemmery vind plaas deur hul hande te lig, elektronies of op enige ander wyse waarop die raad besluit.”

Selfe het gesê die DA se regspan is besig om De Lille se hofaansoek te hanteer.

De Lille het intussen verder gesê talle raadslede, partylede en lede van die publiek ondersteun haar en dat dit hul wens is dat raadslede die geleentheid kry om sonder vrees teen die mosie te stem. “Die party se leierskap, op federale en provinsiale vlak, is desperaat om van my ontslae te raak. Enigeen wat daarna streef om op te beweeg in DA-geledere, vrees die gevolge wat dit sal inhou indien hulle teen die mosie stem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

PJC ·

ń Tweede JZ. Sy dink sy het genoeg maatjies bymekaar gemaak sodat hulle haar sal beskerm tydens ń geheime stemming. Baie interressant hoe dinge werk. Ek kyk gister aand op die tv hoe ń baie bekende bruin akteur sy steun vir haar laat blyk ongeag wat sy gedoen het. Hierdie word onmiddellik gesien as ń wit komplot en ek dink die struwelinge gaan die DA nog duur te staan kom en die ANC lag al die pad stembus toe.

Olson ·

DA kry nou klaar met julle opgesweepte politiek sodat ons as ondersteuners van De Lille saam met haar n ander party kan gaan versterk.

Gatvol ·

Indien dit bewys word dat daar wel ongeruimdhede was. Word dit dan goedgekeur deu die oorlopers. Dink terug aan Saldanha.

TDW ·

Ek dink dis ‘n briljante plan. Laat hulle in geheim stem. Ek hoop jy kry jou geheime stem proses de Lille. Lyk my DA het nou net soos ANC geword. Ek vertrou DA glad nie meer vandat hulle ontslae geraak het van Zille nie.

snoefie ·

da het hulle lede gevra om vir lindiwe te stem nie vie athol nie. verwag hulle nou ons moet glo hulle het nie hulle lede gevra om n mosie van wantroue teen de lille te steun nie?

John ·

De Lille geniet haar magtige posisie. Sy het ‘n paar onbekwame mense om haar geskaar wat die waterprobleme nie kon hanteer nie. Sy is vervangbaar soos almal van ons ook maar is.

Reti ·

Ek is De Lille aanhanger. Wit. Vir haar in ander party gestem want ek het haar in parlement gesoek. Ek dink DA probeer van haar en Zille ontslae raak. Waarom sal sy nou korrupsie pleeg? Sy weet mos hulle gaan haar erger ‘vervolg’ as sy oortree omdat sy korruptes so gejag het. Bring hofsaak dat mens kan seker wees. Nee wat die spul nés ANC. Weet dit al lank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.