De Lille in spervuur oor suster se aanstelling

Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur. (Foto: Twitter)

ʼn Skandaal het om die kop van Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, losgebars nadat sy haar suster aangestel het as sekretaresse in haar departement.

Sulke baantjies vir sussies en bevoordeling van familie om staatsgeld te ontvang is regstreeks strydig met die tersaaklike wette en regulasies. Die De Lille-suster het uit die pos bedank nadat die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane bewerings van nepotisme begin ondersoek het.

De Lille het self nou erken die gebeure was onregmatig sowel as “eties problematies”, soos sy dit stel.

Dit is nie tans duidelik of pres. Cyril Ramaphosa – wat spesifiek probeer om ʼn skoon regering daar te stel ná die staatskaping van die Zuma-bewind – gaan optree teen sy minister nie.

Wat die verleentheid des te brandender sal maak vir De Lille is dat dit die DA is wat haar wandaad aan die lig gebring het – dit was ʼn parlementêre vraag deur Samantha Graham, DA-LP, wat daartoe gelei het dat die wêreld nou weet wat gebeur het.

Die DA het juis, toe die party en De Lille in ʼn uitgerekte stryery was wat uiteindelik op haar bedanking uitgeloop het, as beswaar teen haar aangevoer daar het in haar termyn as burgemeester van Kaapstad ʼn gros familielede en vriende (onder meer lede van haar binnekring toe sy nog leier van die OD was) betalende poste in die stadsraad gekry – soms baie naby aan haar eie ampsrol.

De Lille het sulke bewerings in die verlede afgemaak as praatjies vir die vaak en voor hierdie jongste geval is sy nooit aan wangedrag skuldig bevind of selfs formeel daarvan aangekla nie. Hierdie keer kan haar turf behoorlik sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Nog n kader aanstelling.

Irene

Dit gaan orals so het vir so plek gewerk.

Posduif

Ek het al gewonder of dit dalk ‘n kwessie is van dat van ons land se leiers te vinnig opgang gemaak het en dat hulle karaker-vorming dalk nog so ‘n bietjie (of in party gevalle, BAIE) diepte nodig het. Me De Lille is tog ‘n veteraan in die politieke slagveld!! Hoe kan sy sulke foute nog maak? Kyk na die EFF leiers-korps en wat nou aan die lig kom met VBS geld, duur motors, leefstyl kwessies ens!!! Kyk na die DA se huis-huur en Markus-Jooste-Motor debakel. Dit hou net nie op nie. Waar was dit nou weer waar hulle ‘n… Lees meer »

Daan

Verbaas my nie.

marous

Die hand in die lug beteken seker “ek onderneem om net vyf van my direkte familie aan te stel “