De Lille kap terug; haar lot dan bepaal

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Die DA het Woensdag gesê hy is teleurgesteld dat lede van die party uitsprake maak oor die lot van Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, nadat sy in Desember van alle party-aktwiteite geskors is.

De Lille ontken dat sy enige iets verkeerd gedoen het. James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê die raad sal Sondag vergader om alle aspekte rakende die bewerings teen De Lille te bespreek.

“Die DA sal uiteindelik optree in die beste belang van die mense van Kaapstad en dit is noodsaaklik dat die proses kan voortgaan en nie benadeel word nie gegewe die ernstige aard van die bewerings.”

Grant Twigg, DA-voorsitter in die Kaapstad-metro, het vroeër Woensdag gesê die uitvoerende raad in die streek het vergader en dat daar besluit is dat De Lille verwyder moet word. Volgens Twigg het die raad vertroue in De Lille as leier van Kaapstad verloor.

De Lille het egter teruggekap en gesê die DA-koukus in Kaapstad het nie vergader nie. “Nadat Twigg ʼn verklaring uitgereik het, is ek deur talle lede van verskeie takke van die DA gebel en het hulle gesê hulle is nooit oor die verklaring gekonsulteer nie en dat hulle ook nie ʼn mandaat gegee het nie.”

Twigg het in sy verklaring gesê die Kaapse metroraad het “bestendigheid, eenheid en funksionaliteit” nodig en dat De Lille dit nie kan lewer nie.

De Lille is volgens die party geskors nadat die uitvoerende komitee glo bewus geword het van ʼn aantal bewerings van wanadministrasie in die munisipaliteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

De Lille klink baie seker van haar saak.
Ek hoop maar die DA is reg in sy ondersoek anders gaan sy hulle looi.

theo ·

Ek verstaan nie wat aangaan in die DA nie, eers was dit Zille en nou De Lille, dit lyk so asof die anc besig is om in te kruip.

rollie ·

Soos ek dit verstaan, is die kwessie of sy aan wangedrag skuldig is of nie nie rerig te sake nie. Dis ‘n party aangeleentheid en as die party haar nie meer in die posisie wil he nie moet sy gaan. Haar dae blyk getel te wees, skuldig of nie.

Pieter ·

Irene,
Om in die eerste plek vir die DA te stem was ‘n groot fout. DA=ANC Lite.

hendrik ·

Liewe land!!. As ek so na Irene en ander se kommentare lees dan besef ek met skok hoe oningelig ons nasie is.

Mike ·

En woeps daar byt die DA vir haar ook op die hakskeen
Die DA is net so verrot soos die ANC want hulle is onder dieselfde sambreel en ook vriende van ou Julias

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.