De Lille kondig nuwe politieke party aan

Patricia de Lille kondig haar nuwe politieke party aan (18 November 2018). Foto: Courtney Africa/ANA

Patricia de Lille, voormalige DA-lid en burgemeester van Kaapstad, het Sondag ʼn nuwe politieke party aangekondig.

De Lille het die aankondiging in die SunSquare-hotel in Kaapstad gedoen en sodoende bevestiging gegee aan die gerugte wat die afgelope paar weke in politieke binnekringe die ronde doen. De Lille het gesê haar nuwe politieke party sal aan die 2019-verkiesing in al nege provinsies deelneem.

“Ek het regtig nog genoeg energie oor. Ek is fiks, ek is op geen chroniese medikasie nie, ek is gereed om hierdie ding te doen. Dit is tyd vir ʼn nuwe politieke orde in Suid-Afrika,” het sy gesê. “Ek begin ʼn nuwe party van goeie mense wat veg vir goeie mense. Ons almal verdien ʼn beter Suid-Afrika.”

Sy sal die naam van die nuwe party oor twee weke bekendmaak wanneer die party amptelik bekendgestel word.

De Lille het einde Oktober as Kaapstadse burgemeester en lid van die DA bedank ná ʼn stormagtige tydperk tussen haar die party se leierskap. “Wanneer mense jou misbruik, moet jy wegstap. Wanneer jy saam met mense moet werk wat daagliks modder na jou gooi, stap jy weg,” het sy destyds gesê.

Verskeie Kaapstadse raadslede het ook uit die DA bedank ter ondersteuning van De Lille.

Patricia de Lille het Sondagmiddag dié foto op haar amptelike Twitter-profiel gedeel saam met die aankondiging dat sy ‘n nuwe politieke party begin.

De Lille het Sondag gesê nadat sy uit die DA bedank het, het verskeie politieke partye haar genader om by hulle aan te sluit. “Die ANC het my genader, die EFF het my genader, almal het my genader,” het sy beweer.

Sy sê sy het egter geweet sy moet ʼn nuwe politieke party op die been bring omdat “die ou templaat van politiek” nie meer werk nie. De Lille sê sy wil daarop fokus om die jonger generasie op te lei en in die politiek in te bring. “Op die oomblik herwin ons net oor en oor ou politici en gevolglik is daar baie dooie hout wat tans in die parlement sit. Ek wil graag sien dat ons jonger generasie nou deurkom en hul merk maak.”

De Lille wou nie uitbrei of die voormalige DA- raadslede wat ter ondersteuning van haar bedank het by haar nuwe party sal aansluit nie. “Ek laat dit aan hulle oor om te besluit of hulle by my wil aansluit.”

Op ʼn vraag wat haar en haar nuwe party se standpunt oor grondonteiening sonder vergoeding is, het De Lille gesê die party se beleid oor al hierdie nasionale kwessies word nog ontwikkel. “Ons ontwikkel tans ons beleid en posisies oor al hierdie kwessies en sal dit aankondig saam met die amptelike bekendstelling van die party.”

Op ʼn vraag of De Lille om die amp van Wes-Kaapse premier sal meeding, het sy gelag. “Ek sal dit beslis oorweeg, maar vir eers het ons nog baie werk om te doen. Ons sal op die gepaste tyd daardie aankondigings doen, maar ek sal dit oorweeg.”

De Lille sê hoewel sy “maklik nou kan aftree”, het sy besluit om dit nie te doen nie omdat sy op hierdie wyse in haar land wil belê. “Ek wil in die welwillendheid van ons mense belê. Dit is my bydrae, dit is die nalatenskap wat ek wil agterlaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Anoniem ·

Jy onderskat haar gewildheid. Ek sal graag by haar party aansluit. Alles in die DA het met ‘n doel gebeur, die waarheid sal nog seëvier en hulle sal almal ontbloot word.

willem Botha ·

Ek bly by die VF+ maar wens haar sterkte toe om die da pak te gee omrede hulle haar so onodig geterroriseer het.

Gert ·

Verban enige verwysing na ras of velkleur of taal uit jou party en jy sal baie stemme kry.

Br ·

Well done sien uit on te sien waarvoor staan jy. Sal met liefde by jou party aansluit. Siek en sat vir DA.

Gatvol ·

Julle vergeet wat sy in die verlede gedoen het.Stig nuwe party,kry stemme en loop dan oor na n ander party. Wees baie versigtig. Doen n bietjie huiswerk!

Sp ·

Ek wonder hoeveel jare het sy beplan aan die nuwe party?
Dis seker waarom sy al hoe meer ongewild geraak het in DA binnekringe?

Anoniem ·

My persoonlike opinie is dat sy onbevoegd was as Kaapstad se burgemeester en die water krisis baie swak bestuur het. Gee haar politieke party ‘n kort lewens span, sal net soos die ander klein partye niks bereik nie

Anoniem 2 ·

Jou persoonlike is gebrekkig aan die waarheid. Jy kan nie een persoon verantwoordelik hou vir ‘n land se gemors nie. ?

Jack Sadie ·

Die nuus is soos verwag was. Sy kan dalk die huidige opset bietjie skud. Miskien is koalisie regering nader as wat ons dink. Dit kan dalk net goed wees vir die land.

Coenraad D v Niekerk ·

Jy kan nie ‘n persoon vertrou wat van Pan- Afrikanisme party (PAC) waar die Witman nie tel nie swaai na ‘n Libirale party (DA) nie. Hoe kan sy ooit daardie swaai verduidelik. Dit gaan ‘n party wees wat net om De Lille gebou gaan word want sy is so egoïsties dat alles net oor haar gaan. As die party tot stand kom en jy vat De Lille uit die nuwe party sal dit tot niet gaan.

zoom zoom ·

Hoop ons kry ook sulke mooi Berets’ soos die EFF net in ‘n mooier kleur. Dankie en Totsiens DA

Spook ·

Die politikusse is almal n klomp narre en bo die wet verhewe. Gigaba gaan nou by Helpende Hand aansluit.

zoom zoom ·

Ek dog die man is besig Om movies in die VSA Te maak Na Sy movie hier in SA bekendheid gewerf het.

Linda ·

Ek is verheug. De Lill het nog altyd die land se mense bo haarself gestel. Hier gaan dit beslis nie oor ras, sex en geloof nie !!! Ons land het baie dringend n nuwe politieke party nodig wat na ALMAL se belange kan omsien en nie net op die gravy boat ry of sop uit dieselfde pot te drink !! Ek glo van die heel beste mense sal vir De Lill ondesteun, asook groit besighede, wat tans die ANC ondersteun omdat hulle sogenaamde vertroue in die ANC het, en dit nogsteeds nadal alle groit besighede gesien het wat Zuma aangevang het !! Pick n Pay, Sanlam, Standard Bank, FNF ens n lang lys sal nie sommer die DA ondersteun nie agv VERTROUE, hul belange op lang termyn is meer belangriker as n politieke party wie hul nie kan vertrou nie. Mense met n bietjie integriteit sal vir die Lill ondersteun en dit maak werk !!! Ons het dit nodig !!!!

EP ·

Te veel politieke partye veroorsaak verwarring. Ons het slegs twee partye nodig soos Amerika.

Anoniem ·

EP ons is nie in dieselfde kategorie as die VSA nie en nog minder die meerderheid van ons landsburgers. Watter twee partye stel jy voor?

Johan ·

Ek het dit n vorige keer gese en se dit weer,wie Kaapstad en Wes Kaap wil he moet bereid wees om saam met haar te werk.Jy kan baie dinge van haar se maar sy is nie bang om haar hande vuil the maak nie(is nie Lui nie)Dan volg mense haar(gebore leier)Gaan Lees wat se vorige hoofsweep op News24 wat haar gevolg het na bedanking…..Sy gaan beter doen as verwag…Glo sy sal saam Cope/UDM gaan…DA gaan haar afwesigheid by die Stembus voel,no question….

Johann ·

Ag asseblief!!!!! Kaapstad midde n water krises in sy mmmm…. in wanbestuur, aangevat daaroor en nou gaan sy har eie selfbeheptheid verder uitleef! OF SYS IN DIE BED met die ANC en EFFers!!!!! Verdeel die opposisie ter wille van selfverryking… ten koste van n georganiseerde anti korrupsie beweging. PATETIES! Look at me me me me me… myself and I! Aandag vraat.

Ag tog ·

Johann, moet jy altyd net kritiseer en die negatiewe verwag?

Cronje Botha ·

Stem saam met jou. Dit is haar tweede poging om ‘n party op haar eie op die been te bring. Haar Onafhanklike Demoktate van enkele jare gelede het hy die DA aangesluit. Hoe polities beginselvas kan sy wees.

sons ·

Patricia de Lille, wat de hel het ek is nie op kroniese medikasie te make met ‘n nuwe party wat jy wil stig!!!

lewies ·

Hoe meer dae hoe meer dinge.
Hierdie keer is die dinge “weer probleme”

Linda ·

Vra onverskoning vir my spelfoute, bestuur vanaf Magaliesburg terug na Roodepoort. Mense ek se vir julle, ondersteun vir De Lill !! …. ek is moeg vir die false en agterbakse politieke partye tans in ons land. Wou se FNB !!! let bygones be bygones asb….Ek werk daagliks met almal, jul weet nie wat gebeur agter geslote deure nie !!! Glo my, Gigaba kom terug na die ANC, direk na volgende jaar se verkiesing !!! Dis nou tyd asb, dis al wat ek se.

Marcel ·

Hei hei Linda! Lekker bestuur en op jou foon tik. :):)
Ontspan, ek gee glad nie om as mense dit doen nie.

Johan H. ·

Aaaag asb nie nog n kranksinnige nie. Ons het al klaar vir MALema. Die vrou het n baaaaie groot ego. Onthou die is die one setler one bullet njapper. Mense met verstand stem vir vf+. Maar ja seker enige iets net nie anc nie. Nog minder DA en dan gladnie eff nie..

Anne ·

Ek stem saam met jou Vf+ is verseker die beste opsie vir my as blanke afrikaner. Kan onthou wat die vrou alles kwyt geraak het saam met die pac , glad nie vir ons blankes nie uiters rassisties

Koos de Meyer. ·

Nog ‘n sirkus. Hoeveel van die ander gaan sy trek.

marco polo ·

Dis alles net ek, ek, ek. Die antie is regtig te vol van haarself.

Snowball ·

‘n Politieke verkleurnannetjie inderdaad! “One settler one bullet” som die PAC dae mooi op….wat toe verander het in auntie Pat by die DA. Wonder wie is sy regtig? Will the real Patricia please stand up….

Jennifer ·

Ek wens haar alle sterkte toe, en sal haar party se voorneme in die toeloop tot die komende verkiesing fyn dophou.

Ongeag hoeveel stemme hul gaan kry, is ENIGE party op die stadium ‘n beter opsie as die EFF en ANC. Die DA sal nooit weer die voorreg hê om my stem te kry. Hul rasse-retoriek en binnegevegte het by baie van ons ‘n suur smaak in die mond gelaat. Tyd vir iets nuuts… Nuwe besems vee skoon.

Chris du preez ·

Wat het van jou Onafhanklike Demokrate party geword. Absoluut niks. Netso met jou nuwe party. Dood gebore.

Daan ·

Patricia het nooi die ID as party ge de registreer nie. Met ‘n doel. Toe dinge begin warm raak toe vat sy die pad. Haar hart was nooit DA nie, net haar beursie. Die kleurling mense is arm, nie stupid. Patricia gaan ook agterkom jy moet geld hê vir ‘n verkiesing veldtog. En niemand gaan haar steun nie.

Daan ·

Patricia het nooi die ID as party ge de registreer nie. Met ‘n doel. Toe dinge begin warm raak toe vat sy die pad. Haar hart was nooit DA nie, net haar beursie. Die kleurling mense is arm, nie stupid. Patricia gaan ook agterkom jy moet geld hê vir ‘n verkiesing veldtog. En niemand gaan haar steun nie. Geld praat

Pieter ·

Wat my bekomer, is dat ek nog kan onthou hoe sy in haar PAC dae, saam met Peter Mokaba, op n verhoog gestaan het en geskree het, “Kill the boer, kill the farmer”. So moet nou nie dat sy julle om die bos ly nie.

Anne ·

Beslis, dit verbaas my dat daar afrikaners is wat oorweeg om vir haar te stem as sy wel ‘n party stig .

Ben ·

Sy se “South Africa needs good people to fight for good people”. Ek het nog nooit ‘n eerlike politikus gesien nie? Geen politikus is nie. Wat Suid Afrika nodig het is Staats manne en vroue. Iemand wat die land en sy mense stel voor sy eie belange. As ek kyk na hoe die water krisis in Kaapstad gehanteer is en hoe Patricia en die DA in die publiek (media) baklei het, het ek geen vertroue in haar leierskap en haar nuwe party nie.

Skroef ·

Ai antie Pêttie, dit het jou besonders lank gevat om weg te stap. Kry oompie Êtol aanboord en ek stem vir julle.

Skreeusnaaks ·

Disl agwekkend. Almal wat haar prys, kyk hoeveel witmense vat sy saam. Kry vir julle.

ferdi ·

Sy sal ni my stem kry ni sy sing klip hard saam Kill the Boer kill the farmer

Vra maar net ·

Al die kommentare maak my bekommerd. Baie belowe haar hulle stem en weet nog nie eers wat haar beleid of waarvoor die party staan nie. Is dit dan nou so dat die sa bevolking vir n persoon stem en nie n ideologie nie. Kry julle haar jammer oor die manier wat die da haar behandel het of wat gaan aan.? N politieke party moet mos gestig word wanneer n groep mense nie meer te vrede is met die huidige verloop van sake nieen hulle oortuig is dat daar nogbaie ander is wat soos hulle voel. Om so afgewaterde rede te gee hkm sy n party begin en dan mense wat blindelings se dat sy hulle stem het . Nou kan ek begin verstaan hkm ons is waar ons is. As hierdie waar is gaan die eff blom vir al die lelike dinge wat afriforum aan hulle doen. Ai shame en mnr ramaphosa was wan ingelig oor die bosasa geld ens ens. Nee wat skrik wakker asb.

Frank ·

En dan verstaan mense nie hoe die massas vir die partye kan stem vir wie hulle stem nie terwyl hulle presies dieselfde doen, stem sonder greintjie inligting of objektiewiteit or oordeel of ontleding … Ja nee ek se ook maar net.

Catherine ·

Bly sy stig eie party. Het nog altyd DA gestem.Na Kohler Barnard , Zille stories het baie vervreem van DA.Maimane is NIE antwoord vir DA. De Lille, Mazabuko, Zille ens goeie leiers. Sien uit om skyf te maak na De Lille se party

John ·

Too much good to be true… I’d rather believe in God.. He is the the only good One. Hoekom het De Lille as burgemeester bedank? Die tannie en Hillary is die teenkante van ‘n muntstuk en dit val altyd omdat dit nie kan aanhou draai om ‘n afwesige as nie. Ego is nie ‘n as nie… dit kom tot as.

Lisa ·

Sy moet uit politiek verban word. Sy spring heen en weer na waar dit vir HAAR die beste gaan wees. Sy voel ‘n veer vir die mense.

DERICK ·

Kyk op die oomblik Designated Survivor op Netflix. Dit gaan oor die Amerikaanse/ wereld politiek. Dan kan mens die korrupsie in regerings verstaan. Baie goeie series. Maak mens se oe oop en laat mens wonder.

Albertus ·

Die bruin stemme van die Kaap gaan almal na haar, die DA se dae is verby. Mmusi het toe tot die DA se ondergang gelei, baie geluk Mmusi.

Ek sukkel nou om te kies vir wie ek moet stem, VF+ of De Lille se nuwe party. As die twee kan saam staan sal hulle die volgende amptelike opisies word.

Totsiens DA, julle wou moes.

Skroef ·

Na my beskeie mening, cope is die pad vorentoe. Maak nie saak wat het hy in sy dae in die anc gesê of gedoen nie, hy belowe om die beate prwsident te wees hy lieg nie yskas, tc en rekenaars wat uit die lug val nie. Moesie het homself nie gedruk tot waar hy is nie, dit was me Zille se wens. Nes sy geknoei het om mamazibuko bo trollip te kry. Waar is haar liewe lindiwe nou?

Lynette ·

Asseblief, sy stig slegs n ander party omdat sy die DA wil skade aandoen. Die antie is die laaste persoon vir wie ek wil stem.

E.K. die eerste ·

Ai die mense wat so flip van een party na ‘n ander…ek stem vir ‘n PARTY en waarvoor dit staan nie noodwendig vir die persoon wat nou in die kollig is nie. Asb tog

Carol ·

De Lille gaan net die stem verdeel en dit het ons nie nodig nie.

Foxi ·

Ai tannie Zille……hoekom soveel geld en tyd mors? Julle partye stry en baklei so onder mekaar dat julle skoon vergeet het van die mens daar buite…..
Dink julle nie dis tyd om nou saam te staan en positief begin dink nie. Daar is n lang lys van politieke partye waarvan ons nie eens hoor nie. Soveel partye behoort nie toegelaat word nie! Ag nee wat……stemtyd is ook maar n klug! Almal baklei oor EEN been.

Geregtigheid ·

Kyk na haar geskiedenis voor julle vir haar stem. Malema is klaar haar vennoot. Hou julle daarvan?

Hendrik van George ·

Politiek was nog altyd ‘n maklike manier om geld te maak nê tannie Pat !

Adam ·

Die foto spreek boekdele; dit moes net gelui het ” I am Patricia, I am an addict, i am addicted to power”. Patricia is ‘n politieke verkleurmannetjie in die liga van die destydse Dennis Worrall wat soos ‘n by op elke politieke blom loop sit het. Net so het ek met Cyril se aanstelling na hom as “Bang Cyril”verwys en na Maimane as die DA se Kortbroek van Schalkwyk en hulle het nog niks gedoen om my van opinie te verander nie. Ek merk iemand noem dat SA soos die VSA 2 partye nodig het. Dink weer; Toe die blankes aan bewind was kon dit nie eens gebeur nie; Hoe op aarde sou so iets moontlik wees in die SA-mengelmoes waar waarskynlik 90% van kiesers slegs ‘n vae idee het wat demokrasie beteken. Patricia kan die regte ding doen deur pad te gee uit die politiek,. Geen persoon wat polities goed ingelig is kan verkwalik word as hulle van oordeel is dat daar GEEN politieke party in SA bestaan wat werklik tot SA se heil kan bydra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.