De Lille krap politieke kaarte deurmekaar

Patricia de Lille kondig haar nuwe politieke party aan (18 November 2018). Foto: Courtney Africa/ANA

Met haar aankondiging dat sy binne die volgende twee weke ‘n nuwe party gaan stig het die voormalige Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, die politieke kaarte in veral die Wes-Kaap en die Noord-Kaap behoorlik deurmekaar gekrap.

De Lille se aankondiging dat sy ‘n politieke beweging “vir die goeie mense” gaan begin, kan Kapenaars wat deurgaans in die verlede en masse vir die DA gestem het, voor ‘n penarie plaas.

In die 2014-verkiesing het die DA 57% van die Wes-Kaapse stemme getrek op die nasionale stembrief, en 59% op die provinsiale stembrief. In die dae van die party wat De Lille gelei het voordat sy by die DA aangesluit het, het daardie party (die Onafhanklike Demokrate) tussen 4% en 7% steun in die Wes-Kaap geniet, wat die DA bekommerd sal maak dat sy volstrekte meerderheid in die provinsie in die slag kan bly.

Gegewe die wyse waarop die DA kwetsende en dikwels onwaar aanvalle op De Lille en haar ondersteuners geloods het en nou selfs daarmee voortgaan, en die vurigheid waarmee sy haarself verdedig, lyk samewerking tussen haar te stigte party en die DA na volgende jaar se verkiesing uiters onwaarskynlik.

Volgens alle kwantifiseerbare amptelike maatstawwe is die Wes-Kaap by verre die bes regeerde provinsie in die land, en selfs Wes-Kapenaars wat keelvol is vir die huidige sirkusagtige en bitsige gedrag van die DA sal huiwerig wees om enigeen die geleentheid te gee om die ANC weer by die agterdeur in te laat om die provinsie te regeer, soos die Nasionale Party van Marthinus van Schalkwyk in 2004 gedoen het.

Die chaotiese binnegevegte in die Wes-Kaapse ANC en nou ook die Wes-Kaapse EFF beteken dat hoewel die DA se gedrag vir baie Wes-Kapenaars afkeurenswaardig blyk te wees (die DA het gemiddeld 10 persentasiepunte steun verloor in Wes-Kaapse tussenverkiesings die afgelope jaar) laat die provinsiale alternatiewe tot die DA nie juis aantreklik lyk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johanna Botha ·

Ek kry altyd die gevoel dat sy veral as mens kyk hoe sy oor die jare van een party na die volgende gespring en rondgeval het dat die motiveering gedryf word uit ongelukkigheid en spite

Ruiklont ·

Dit is kommerwekkend hoe die media die DA in ‘n negatiewe lig probeer stel. Ons weet dat die media aan die WO behoort. Ek is glad nie ‘n DA ondersteuner nie, maar dit laat ‘n wrang smaak in die mond om te sien hoe die EFF mediadekking ontvang ivm die DA. Geld praat harder as waardes.

Dries du Toit ·

Ek het altyd geweet sy sal die DA nog in die rug steek. Sy was haar hele lewe lank n opportunis wat posisie afdwing. Sy was n PAC wat lekker saam gesing het Kill the Boer. Kon nooit verstaan hoekom die DA haar as Burgemeester laat verkies nie. Maar duisende goeie Afrikaners het die DA vertrou. Hoop hulle keer nou terug na hulle tuiste. N party wat hulle christelike beginsels en norme voorskryf soos die VF+

Johanna Botha ·

Lag so lekker vir ou Zille wat die een opstopper na die ander kry van haar gabbas wat sy so vertrou het ????

Dries du Toit ·

Ja Johanna. Nou se Zille nie n woord nie. Wonder of sy met die verkiesing weer hand om die blaas gaan dans in Kayalitsa

Linda ·

Die DA sal nou nooit weer n verkiesing in die Kaap wen nie al ‘boast’ hulle dat hul 15 miljoen mense REGEER !!! se voet !!!

PJC ·

Dit was in die eerste plek baie dom van die DA om haar te vertrou. Sy was altyd vol haat teenoor die wittes en toe word sy skielik deel van ń sogenaamde wit party.

Twakkie ·

Ek woon in die Kaap en wil graag weet presies waar en wanneer die DA vir De Lille beswadder het. Ek het wel omtrent daagliks in die media gesien hoe De Lille die DA beswadder. Die Afrikaanse media hier is De Lille se propaganda-afdeling, selfs nou dat hulle nie eens die verskoning het dat sy die burgemeester is nie. In die hele sage het ons Kaapse Afrikaanse media openlik De Lille se kant gekies teen die DA deur haar byna daagliks die voorblad te gee. As mens regtig wil weet wie en wat De Lille is, moet jy Politicsweb se gesoute joernaliste of Ed Herbst op Biznews lees. Anders kry jy net Patricia soos gesien deur Patricia vir Patricia. Mense met goeie oordeel het lankal deur haar gesien en sal aanhou om die DA te ondersteun. En sommer hulle intekening op De Lille se propaganda-koerant ook beëindig.

Koos ·

As ek nog moet hoor me..me..me.. en hoe goed sy is. Sy moet maar eers eers voor die hof kom. Die DA het haar nog nooit sleg gemaak in openbaar nie. Hoekom antwoord sy nie op daai sms nie. Dis reg mense verdeel maar die stem sodat die ANC Weskaap kan oorneem…Sy sal nie lank hou nie…..

Ruby ·

‘n Mens stig nie net ‘n politieke party so vinnig nie.

Daar moes geheime vergaderings gehou gewees het, terwyl die DA haar betaal het.

Ai antie, ek het nogal van jou GEhou.

Jerry ·

De Lille se plan om die DA te kaap in die Kaap en wittes uit te werk het geboemerang. Sy en die EFF het lankal al gesamentlike plannetjies. Hulle kon agteraf lekker konkel terwyl sy deel van die DA was. Nou gaan sy egter openlik rassisties moet optree, iets waarmee sy nie so maklik soos julius malema, mee gaan wegkom nie!

Klip in die bos ·

Aunty Pat se pitty party. ” Revenge” politiek . As die maaitjies lelik is met my by die paartie , loop ek en hou my eie paartie en nooi my eie maatjies. Dan bly ek die prinses in die stuk. As sy nie `n verskil in die Da of PAC kon maak nie ,sal sy ook nie `n verskil in Die Pitty Party maak nie. Dit gaan tog net oor haarself en haar goeie naam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.