De Lille: ‘Kriminele aanklagte ʼn poging om my naam te onteer’

Patricia de Lille. Foto: Twitter

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het bevestig dat sy in kennis gestel is van ʼn kriminele aanklag wat teen haar aanhangig gemaak is oor bewerings van oomkoopgeld – iets wat sy as totale “nonsens” bestempel het.

Die DA, De Lille se eie party, het dié kriminele aanklagte teen haar aanhanging gemaak ná ʼn sakeman van Vanderbijlpark beweer het dat sy betaling gevra het vir ʼn moontlike ooreenkoms wat brandblussers betref. Die burgemeester het glo die sakeman Anthony Faul “genader vir ʼn betaling van R5 miljoen”.

Dié aanklagte kom te midde van ʼn mosie van wantroue wat De Lille ook in die gesig staar.

“Ek is deur die polisie in kennis gestel dat ʼn kriminele klag teen my aanhangig gemaak is deur die DA-leierskap, wat verband hou met die beweerde werwing van omkoopgeld van Anthony Faul in Januarie 2013,” het De Lille gesê.

“Ek en my prokureurs het die geleentheid gekry om op hierdie nuwe bewering deur die party te reageer, maar kon dit ongelukkig nie in ʼn kort tyd doen nie, aangesien al die e-posdata ingesamel moes word.”

Sy sê die DA het onmiddellik met ʼn veldtog begin om haar as korrup uit te beeld, en het die tydsberekening van die aanklagte ten sterkste bevraagteken.

De Lille het vroeër na die DA en Faul gekap en gesê die aanklagte teen haar is pogings om haar “naam te onteer”. Sy het gesê dit kom voor asof die “haas om van haar ontslae te raak” desperate hoogtes bereik het.

“Waarom kom hierdie man, Anthony Faul, nou gerieflik na vore terwyl die DA my oor ander sake aankla? Waarom het hy eers na die DA gegaan in plaas van die polisie? Waarom het hy byna vyf jaar gewag voor hy dié bewerings gemaak het? Dit wil voorkom of dit die jongste is in ʼn reeks bewegings om my reputasie skade te berokken deur aan enigiets te gryp en die media in te lig nog voor die bewerings behoorlik getoets is.

“Ek het herhaaldelik gevra vir ʼn regverdige proses, maar die manier hoe die saak hanteer word en hoe ek behandel word, is klaarblyklik ʼn poging om die publiek se persepsie teen my te verander, in plaas daarvan dat ek ʼn regverdige geleentheid gebied word om my saak te stel en om die bewerings behoorlik te ondersoek.”

Die mosie van wantroue-debat teen die burgemeester vind op 15 Februarie plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oopsie ·

AG asb dis net as jy ‘n NAAM het dat hy onteer kan word. Jy se NIKS oor die oortredings en klagtes teen jou nie, bly net hamer oor die mense se valse intensies teen jou . HET JY OF HET JY NIE DIE BRIBE gevat nie, dit is eenvoudig. ANTWOORD net die vraag. Het jy of het jy nie die kommissie wat ondersoek moes instel na ongerymdhede ontbind nie? PRAAT net die waarheid en alles kan weggaan . maar om heeltyd die fokus te verskuif na die aanklaers is belaglik, dit laat jou net MEER skuldig lyk.

Anoniem ·

Hulle het immers by Zille begin met die aanslag. Kan jy nou dink dat twee vrouens so ‘n bedreiging vir beide hulle eie asook ander partye is! Ek dink tóg daar steek waarheid aan wat de Lille sê en in daardie geval sal die waarheid wel seëvier!

Reti ·

Stem saam met jou. Ek aan De Lille se kant. Tot sy skuldig bevind is sal ek glo sys onskuldig. Sys ENIGSTE persoon wat ANC aangevat het. Go Patricia! Jys my girl. Terloops ek is wit.

Catherine ·

Stig jou eie Party Patricia saam met Koko(?) ,en Lindiwe Mazibuko en ons stem vir julle. Moeg vir al die nonsens

Hendrik ·

As die DA net net kan regeer met koalisie met die EFF end VF+ kan ek nie insien dat hierdie nuwe voorgestelde partye enige sukses sal he nie. Alles dryf maar nog steeds na ‘n punt dat die mense soos bv. die Zulu eintlik net deur ‘n Zulu wil regeer word. Dit is hoe die mensdom werk ne.

Al ·

Ek het baie respek vir Patricia de Lille, maar sal die DA werklik hul reputasie en integriteit op die spel plaas, om ñ heksejag op haar toe te pas. Ek dink nie die DA is só dom nie.
As sy niks het om weg te steek nie, laat die gereg dan sy loop neem.

Adam ·

Al, glo my, die DA is dom genoeg om dit te doen. Kyk bloot na die DA reaksie op Zille se Singapore- twiet. Die DA is sedert die pastoor se oorname, op pad na nerens.

jan ·

eers zille nou delille, lyk my da soek nie vrouens in top bestuur. DA net so onstabiel as ANC
iemand anders wil seker ook nou kans kry om burgemeester te wor , wonder wie………?

Lolla ·

Julle het ons verraai! Toegelaat dat DA betrokke raak by betoging by Hoerakool Overvaal vir al die verkeerde redes. Hoekom sal ons enigge iets wat jy nou se glo? My lojaliteit is solied agter VF Plus van nou af, wat nog nie n dag se skande gehad het na al die jare! En tree op in alle Suid Afrikaners se belang. Skaam my mors dood vir DA.

Basson ·

I/s die DA se politiese strategie :
Musi M is op rekord waar hy gese het wittes moet nooit aangestel word as daar ‘n swart aansoeker ook is, en dat dit DA beleid is.
Vir die wat nie weet :
ANC : regerende party
EFF : ANC se militante vleuel
DA : ANC se ‘diplomatiese’ vleuel
So dalk sal DA optrede meer sin maak in die konteks.

Adam ·

Wat se vleuel is die irrelevante VF+. Hulle het mos darem al ‘n adjunk-minister opgelewer.

Hendrik ·

Ek dink as ‘n gemeenskap gesond is dan sal die gemeenskapverteenwoordiger reg gekies word. Tans word daar tussen politieke partye en leiers rondgeval want die gemeenskappe is nie stabiel nie. Ek tyd moet meer gespandeer word tussen verkiesings om gemeenskappe stabiel te kry deur te kyk na veiligheid, skole in die gebied, werkskepping in die gebied uit EIE geledere ens. Dan word die leier gekies wat nie aan ‘n politieke part gekoppel is nie om die gemeenskap te verteenwoordig in die raadsale. Natuurlik moet die proses begin word uit die gemeenskappe. Dit beteken natuurlik dat die mans hulleself moet lig voor die TV’s en betrokke raak anders gebeur NIKS…..

Petrus ·

De Lille was nog nooit ‘n politikus van waarde nie. Sy praat baie, maar doen niks, net soos haar ANC vriende wat sy “verlaat” het. Sy het dalk nie omkoopgeld gevat nie, maar het beslis finansiele foute gemaak uit onkunde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.