De Lille loof burgemeesters wat Trump oor klimaatsverandering teëgaan

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille en die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda tydens die beraad in Durban.

Suid-Afrika se minister van openbare werke, Patricia de Lille, het Sondag burgemeesters wêreldwyd geloof wat die houding wat die Amerikaanse president, Donald Trump, oor klimaatsverandering ingeneem het, teen te gaan.

“Ek wil burgemeesters van oor die wêreld gelukwens met hul pogings om die uitwerking van klimaatsverandering te versag en daarvolgens aan te pas – veral die stede in die VSA wat Donald Trump, wat glo dat klimaatsverandering nie bestaan nie, teëgegaan het,” het De Lille by ʼn drie dag lange beraad van die Global Parliament of Mayors (GPM) in Durban gesê.

De Lille is die voormalige burgemeester van Kaapstad en ʼn voormalige voorsitter van GPM. Dié jaarlikse beraad fokus op die rol wat stede op plaaslike vlak kan speel, terwyl hulle ook internasionale probleme die hoof moet bied.

De Lille het aan afgevaardigdes gesê twee van die grootste kwessies wat die wêreld tans in die gesig staar, is klimaatsverandering en verstedeliking.

“Burgemeesters, julle moet nooit jul taak om basiese dienste te verskaf en klimaatsverandering en verstedeliking te hanteer, gering skat nie. Al dié verantwoordelikhede rus op ʼn burgemeester se skouers.

“Dit is nou die tyd om dapper besluite te neem deur nuwe tegnologie te gebruik, pleks daarvan om probleme te pak soos dit meer word. Sien kans vir groot verandering,” het sy gesê.

De Lille het ook verwys na die bou van ʼn nuwe stad, soos pres. Cyril Ramaphosa in Junie vanjaar in sy staatsrede aangekondig het. Ramaphosa het gesê dit moet ʼn tegnologies gevorderde stad wees, met ʼn sneltrein wat verskeie van die land se stede verbind.

“In Suid-Afrika oorweeg ons om ʼn nuwe stad te bou en al die nuwe tegnologie te gebruik wat die uitwerking van klimaatsverandering en geïntegreerde stede in ag sal neem. Daar word geglo dat die nuwe stad gebou gaan word op demokratiese beginsels en maatskaplike samehorigheid om ʼn nuwe stedelike patroon te vind wat spasie- en maatskaplikgewys regverdig is,” het sy gesê.

Wanneer die bou van nuwe stede oorweeg word, moet die ontwerpe só aangepas word om voorsiening te maak vir huidige probleme soos watertekorte. Stelsels wat byvoorbeeld help om water ter herwin en te hergebruik, moet in dié planne ingesluit word.

“Ek wil alle burgemeesters uitdaag dat wanneer julle bouplanne oorweeg, julle voorwaardes soos hernieubare energie, tegnologie om water te oes, en veral in Afrika, die gebruik van sonkragpanele, insluit. Ons moet ook alle stede se water- en elektrisiteitstelsels herontwerp. Ons moet aanpas by klimaatsverandering voor dit te laat is,” het De Lille gesê.

Sy het ook gesê dit is staatsamptenare se werk om korrupsie uit te roei. Dit gaan verseker dat stede en lande hul volle potensiaal bereik en eietydse probleme kan oplos.

Volgens De Lille is korrupsie die vyand van demokrasie en deursigtigheid die teenvoeter.

“Euwels en korrupsie gedy wanneer goeie mense niks doen nie. As leiers moet ons opstaan vir die goeie en korrupsie uitwis sodat ons demokrasieë nie net versterk kan word nie, maar ook sal groei.”

Burgemeesters uit onder meer Mosambiek, Portugal, Engeland, Zimbabwe, die VSA, Nederland, Nepal en Duitsland het die beraad bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieta ·

Antie Pat, groot planne! Met wie se geldin ‘n bankrot land?

Werner ·

MM as julle nie wil werk op n Sondag nie moet nie ons tyd mors met twak nie berig liewer oor die plaas aanval wat gisteraand in die Balfour omgewing plaasgevind het

Andre C ·

Stem saam Werner.dit sal goed wees as MM vir ons die VSA se werkloosheidsyfer vir die laaste 12 maande kan publiseer asook misdaadstatistieke in vergelyking met SA.Dit gaan nie oor wat SA se politici verkondig nie ,maar wel oor wat hulle bereik tot voordeel van die belastingbetaler.

Lena Jonk ·

Niemand het beheer oor klimaatsverandering nie net God het. Pres Trump is korrek dis n geldmaakfoefie, kom asb daaroor en begin verstand gebruik. Klimaatsverandering was reeds daar van die bestaan van die aarde af.

Des ·

Mens sal dink dat met al die inligting tot jou beskikking sal enige aap op die straat al weet dit is n foefie, maar nie MM nie

Ander Koos ·

De Lille kan gerus Trump uitlos en eerder die anc regering aanspreek wat voor in die koor is as dit by besoedeling kom, Lugbesoedeling deur Eskom , rou riool in riviere en damme, vernietiging van eko sisteme en vele meer.
Politiesie kan gerus ophou om mense se intellegensie te onderskat

Zaks ·

SA vs VSA is selde as n Mot vs Oifant. TRUMP IS VER VOOR 2020.
ANTI TRUMP = FAKE NEWS

Gert ·

Good luck met jou nuwe stad, Patricia, hoop daar gaan elektrisiteit wees.

Henk Ackermann ·

@ Gert , dit gaan n kraal wees soos Dingaan se kraal . Geen krag , geen voertuie , geen industrieë nie , dit sal klimaat verandering aanjaag . Dit sal ama poot poot wees .

Johan ·

Siestog. Dalk al oorweeg om n bietjie die bestaande navorsings te bestudeer? Of is hierdie maar die gewone, Suid Afrikaanse dwarsklap sonder substansie?

Sarel ·

Anti Pat. Sê dankie vir die 515 M $ hulp wat President Trump hierdie jaar aangestuur het vir hierdie regering jong!!

Cherokee ·

schaun, as sy van ‘presedent Trump’ praat, sal ons haar vra of sy moedswillig Afrikaans vermink.

schaun ·

My apologie mnr Cherokee,ek verstaan daar is n storm oppad Natal toe so maak maar vensters toe en kry diere binne huis.

Cherokee ·

Die weer donder en blits en dit sous soos voorspel. Dankie schaun.

Kallimaari ·

Klimaatsverandering is ‘n fiktiewe verhaal wat meer en meer deur wetenskap as fiksie bewys word. Trump is reg, De Lille is tipies bek sonder breins.

Toktokkie ·

Ai ek lief dit as iemand soos PdL haar opinie gee oor President Trump. Laat sy eerder probleme in SA se environment oplos voor sy of burgemeester Kaunda hulle monde oopmaak. Ek wil nog sien hulle bou n stad! Die ANC kan nie eers water of krag voorsien aan stede wat al klaar bestaan nie. Patricia los maar President Trump uit. Ons weet ten minste hy weet wat hy doen. Weet julle wat julle doen…….NOT!!!!!!

Feite ·

Klimaatsverandering kan onder andere toegeskryf word ook aan lug, see en waterbesoedeling. Die SA regering waarvan de Lille deel is, is verantwoordelik vir SA se lug, see en water besoedeling agv hulle versuim om die besoedeling te verhoed, inteendeel moedig die ANC regering besoedeling aan deur oop grense vir immigrasie, verstedeliking met gemeenskappe naby rivier oewers, steenkoolmyne, onwettige dumping in riviere en see, rou en onbehandelde riool wat in die see en riviere invloei ens. Wat Trump se standpunt oor klimaatsverandering aanbetref is dit nie wetenskaplik gebaseer nie, maar besigheid georienteerd. Trump het nie n saak met wat klimaatsverandering teweeg bring nie, solank hy net kan geld maak daaruit en om die appelkar om te gooi, dan is hy n happy go lucky chappy. De Lille is dus geregtig om die vinger na Trump te wys, maar die probleem is dat al die ander vingers na haar toe terugwys!

Willem Grobler ·

Jy weet, as president Trump nou die een was wat gepraat het van ‘n nuwe stad bou sou mens nog kon luister. Maar hierdie spul kleptomaniese narre? I think not.

Janneman ·

De Lille was nog altyd ‘n anti-wit rassis van voor haar dae in die black supremacist PAC Party

Wonder maar net! ·

Al die triljoene tonne steenkool en olie in die grond dui aan dat die co2 vlakke in daardie tyd miljoene jare gelede báie hoog was. In so n mate dat plantegroei opgehoop het honderde meters dik. Co2 is geberg in die plante en ń katastrofiese gebeurtenis het al die plante groei reste begrawe en gekompreseer en laat “versteen” . Dus die vrystelling van die co2 is noodsaaklik vir die voortbestaan en verbetering van die groei van plante. Die regerings gebruik dit net as n geld maak foeffie ten koste van ons voortbestaan!

marous ·

Sy kan haar fiets op die sisteem koppel en begin trap . As alles dan aanbly vir ‘n maand sonder steenkool of diesel sal die wereld bydra vir ‘n groter fiets .

Attie. ·

Trump weet alles oor klimaatsverandering af maar indien hy saamstem dan moet die VSA 90% van die VN se beraad oor klimaatsverandering se uitgawes betaal en dit is miljarde VSA dollars. Gelukkig het Auntie Pat nou al die burgemeester in on land opgelei en gaan klimaatsverandering nie verder in Afrika plaasvind nie. Dankie Good Aunty Pat, jy is ‘n ongeslypte diamand waarsonder SA nie kan klaarkom nie. En die Nuwe Stad gaan net sonlig en reenwater gebruik sonder spoeltoilette…ag hoe wonderlik. Naas die wonderstad is NGV natuurlik ‘n stap wat van ons ‘n Eerste Wereld gaan maak wat al die vlugtelinge in Afrika kan akkomodeer

Tanya ·

‘n Mens word oud en kry plooie… die aarde word oud en raak warmer. Klimaatsverandering is a.g.v die aarde wat verouder. Ons kan net so min iets daaraan doen soos ons aan plooie.

Judge Dredd ·

Eintlik is dit maar net “name dropping”.

Indien sy nie Trump se naam genoem het sou sy geen media dekking gekry het vir ‘n andersins niksseggende boodskap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.