De Lille loop deur in parlementêre debat

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille, het Donderdagaand behoorlik deurgeloop in die parlementêre debat oor haar begrotingspos, wat in die Nasionale Raad van Provinsies plaasgevind het.

Opposisielede het vele mislukkings van haar departement op haar brood gesmeer, van die omstrede grensheining by Beitbrug tot die swak omstandighede waarin terugkerende Suid-Afrikaners tydens die grendelstaat gehuisves is.

Tim Brauteseth, DA-LP, het gesê De Lille blameer almal behalwe haarself vir haar mislukkings en tekortkominge. Hy het gevra wanneer haar departement eendag die baie grond in Kaapstad wat hulle onbenut besit, beskikbaar sal stel vir die ontwikkeling van bekostigbare behuising.

Voorts het Brauteseth verwys na die onbenutbare heining van R37 miljoen weerskante van die Beitbrug-grenspos met Zimbabwe, en die “vieslike, onhigiëniese” toestande waarin Suid-Afrikaners hul kwarantyn met terugkeer uit die buiteland moet deurbring, en wat haar departement se verantwoordelikheid is.

Hy het gesê dit is geen wonder dat die hof nou beslis het die terugkerendes moet eerder selfisoleer nie – maar De Lille blameer haar amptenare.

Die DA-LP wou voorts weet presies watter stappe gedoen is voor De Lille besluit het om die Onafhanklike Ontwikkelingstrust (IDT) te sluit, en wat die nuutgestigte organisasie Infrastruktuur Suid-Afrika is waarvoor belastingbetalersgeld begroot is.

Armand Cloete, VF Plus-LP, het gesê De Lille sal altyd ’n buitestander in die kabinet wees, wat met een hand agter haar rug vasgemaak veg.

Hy het haar ook oor die Beitbrug-grensdraad vasgetrap, en gesê sy kan vergeet van haar planne om die private sektor met haar departement te laat saamwerk, want die private sektor wantrou die ANC-regering.

Cloete het voorts vertoë gerig dat haar departement veral omsien na die instandhouding van water-infrastruktuur in die Vrystaat.

In haar repliek het De Lille gesê haar departement het al op verskeie plekke in Kaapstad grond beskikbaar gestel, en dat die herstel en instandhouding van infrastruktuur vir watervoorsiening prioriteit is vir haar departement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Die vrou kan maar net so goed lieg soos Anc. Een ding kan ek se, sy het dam nie gese ” …but apartheid…”.

Die Wolf

Twak praat is soos n taai toffie. As haar amptenare dan konsuis so laks is, waarom maak sy nie n plan met diegene nie. Talk is cheap, money buys the groceries.

Fedup

High time someone put her in her place.

JohanR

Wat kan mens se van ou Patricia de Lille. Kyk maar na ‘n verkleurmannetjie dan sien jy vir Patricia de Lille. Sy moet vir DonaldTrump gaan vra hoe om ‘n regte muur te bou…..

Kokerboom

Hierdie Minister is NIE bevoeg vir pos en was net ‘n aanstelling om ‘n spesifieke bevolkingsgroep se stem te wen. Ek wens regering wil ministers aanstel wat darem kennis besit en bevoeg is vir spesifieke departemente. Net Gesondheid slag toets in ‘n mate. Politieke opportuniste en napraters irriteer ons grensloos