De Lille maak party se naam bekend

Patricia de Lille stig binnekort haar vierde politieke tuiste ná die PAC, ID en DA. Foto: Twitter

Die voormalige burgemeester van Kaapstad maak die naam van haar nuwe politieke party Sondag om 11:00 bekend.

Patricia de Lille, wat ʼn maande lange stryd teen die DA gevoer het voor sy uit die party bedank en die tuig as Kaapse burgemeester neergelê het, het die aankondiging op Twitter gedoen.

De Lille was leier van die Onafhanklike Demokrate voor sy ʼn ooreenkoms met die DA bereik het om haar by dié party aan te sluit in ruil vir die burgemeesterskap van die Moederstad.

Sy voer aan haar nuwe party sal jong mense oplei om ’n nuwe geslag politici voort te bring wat teen korrupsie en die afskeping van bejaardes sal veg, asook ekonomiese groei sal aanwakker.

Agt Kaapse raadslede het saam met haar bedank en sal hulle waarskynlik aansluit by die te stigte party wat in Januarie van stapel gestuur sal word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

leser ·

“de-ville”, jy hoop die vierde party gaan jou help om weer kaapstadse se “bogger-all-up” meester te word

jaco ·

dit gaan wees nes die UDM en COPE: klomp stemme met die 1ste verkiesing waaraan hulle deelneem en daarna kwyn hulle. COPE het meer as 1 miljoen stemme gekry in 2009 en in 2014 was amper niks van hulle oor nie.

Elvira ·

Ag De Lille jy mors jou en almal se tyd. Hoekom gaan maak jy nie eerder n sopkombuis oop waar jy honger mense kos en slaapplek kan gee nie. Dan bestee jy tenminste jou energie op iets positief.

Ollie ·

Sy was by n sopkombuis waar baie nog sit en wag vir sop. Ons het van sopbene geleef by die DA, nou weet ons ten minste daar wag n ordentlike bord kos.

PJC ·

Daar sal wel ń paar verdwaalde twyfelaars wees wat by haar gaan aansluit veral uit die bruin gemeenskap maar ek dink nie sy gaan veel bereik nie.

+ ·

‘n Demokrasie het geen kans om in Afrika te oorleef nie. Die enigste wat Afrika sal red van self vernietiging is ‘n Teograsie soos in die tyd van Dawid en Salomo.

Lorinda de Jager ·

Nie enige party van tannie Pat of Mmusi kry ooit weer my wit stem nie. So kan mens nie aangaan nie!!!!

DA BO ·

Nee wat ou Patricia, ek hou nie van kwaadstekers en moeilikheidmakers nie. En ons wag nog al die tyd dat jy jou onskuld wys. Jys soos n ontroue vrou. En as haar man haar uitvang dat skei sy hom en se hom sleg. Dit na hy goed was vir haar in hulle huwelik. Pleks sy net skuld erken en erken haar man het haar mooi behandel

Staak saam ·

Ja-nee, die Wes Kaap is volgende jaar veilig in ANC hand.

Net een jaar terug het n blanke persoon vir my gese, Musi is my koning, vandag is hy party loos, hand in die hare en wil land uit.

John ·

My goodness me, of too good to be true of the good, the bad and the ugly… veral so aangekondig op ‘n Sondagoggend… Hierdie moeder wil nou ons vaderland ver-goed vir al die slegte wat die DA haar glo aangedoen het… tot die waarheid uitkom en dan word die moeder van alle verontregting weer verontreg en dan… my goodness me… weer ‘n nuwe party… Dalk good to make a move elsewhere far away party… Grondonteiening moet die laaste opsie wees… na wat… vir wat? Die tannie praat in goeie raaisels… Ons dog oranje is die kleur van die slegte Europese kolonialiste. Dalk mik sy na oranje, blanje, blou… en groen, die goeie ou vlag… toe ons nog goeie krag gehad het deur ‘n goeie Eskom verskaf en goed, goed beteken het.

Foxi ·

Ja wat…soveel tydmors. Delailha……wat jy moet doen…doen jy nie. Wat jy nie moet doen nie…doen jy. Hoe bitter moet n mens net nie wees om ander te spite nie.

Hendrik van George ·

Geweet sy sal weer ‘n politieke party stig – dit is immers n baie makliker manier van geld maak as om ‘n eerlike dag se werk te doen…..

Eddie ·

Ek dink haar hele motivering is die politieke “MEAL TICKET ” !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.