De Lille se huis onveilig ná ‘roekelose ANC-gedrag’

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Dirk Smit, speaker van die Kaapstad-metro, het gesê die huis van Patricia de Lille, burgemeester van dié stad, is nie meer veilig nie nadat lede van die ANC vertroulike inligting en video’s omtrent haar huis aan die media en die publiek versprei het.

“Die burgemeester, net soos enige ander ampsdraer soos LUR, is geregtig op veiligheidsopgraderings by haar huis waarin sy al vir meer as twee dekades woon. Lede van die opposisie het die media na haar huis geneem en nou kan almal sien sy woon in ʼn gewone en beskeie huis waarvoor sy self betaal het. Dit is ten spyte van die feit dat sy geregtig is op ʼn amptelike woning wat deur die raad betaal word, maar wat sy al telkemale van die hand gewys het.”

Smit meen aangesien daar kwitansies gepubliseer is van die werk wat aan De Lille se huis gedoen is, is dié veiligheidsopgraderings nou in gedrang.

Smit het bygevoeg dat die opgradering wat gedoen is op aanbeveling van ʼn spesiale eenheid binne die SAPD, gedoen is ná afloop van ʼn risiko-analise.

“Die analise het die opgraderings geregverdig, maar as gevolg van die ANC-lede en ander se optrede sal ek nou die stad se BBP-beskermingsdienste na De Lille se huis moet stuur vir 24 uur per dag beskerming. Net soos enige persoon nie die besonderhede van veiligheidsmaatreëls by sy huis bekend sal maak nie, stel dié inligting nou die burgemeester en haar gesin bloot.”

Smit het gesê hy sal die saak by die polisie aanmeld wat op hul beurt weer ʼn analise sal moet doen en waarna die raad die veiligheidsmaatreëls sal moet hersien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

G ·

Sy wys ‘n huis van die hand wat die raad sou betaal, en betaal haar huis self. Respek! Ek verstaan nie die geklaery oor opgraderings nie, kyk waarmee het ons president mee weggekom. Ek is seker De Lille se opgraderings was nie naastenby so duur nie, betaal dit maar vir haar.

Annette ·

Patricia jy doen goeie werk in die Kaap, hou so aan en jou kop omhoog! Hulle is mos gewoond om klippe te gooi!

MM ·

Dankie Patricia vir jou goeie werk in SA – en JA die ANC probeer bitter hard om iets teen die DA te kry – maar dis vrugteloos en die grap van die jaar is – hulle NA_AAP alles wat die DA sover gedoen het teen die ANC – hulle klap hulle self met n plank aanhoudend – Ai tog.

Boet Fasie ·

Ken vir De Lille al baie jare, is sy is iemand wat jy kan vertrou en wat nie die belastingbetaler se geld sal mors nie. Die ANC wil haar en die DA tot ‘n val bring voor die verkiesing. Vra vir Zuma hoe word dit gedoen.

marous ·

Die hele Kaap weet seker waar sy bly? Het hulle haar huis binne afgeneem?

Duifie ·

Ek stem 100% saam met G en Boet Fasie! Die “aanklaers” wat hierdie belaglike aankondigings maak van SOGENAAMDE “ongeoorloofde spanderinge en -vergrype” deur n nederige burgermeester, het in werklikheid van hulself groot gekke gemaak. Dis absolute propagande en vuil politike toertjies teen die DA. Gelukkig weet ons Kapenaars lankal dat ons n uiters betroubare Burgermeester het en sy in diens staan van al die Kapenaars en werk vir n uitstekende gemengde party; die DA..

bgj van der westhuizen ·

wat maak dit saak dat hulle weet waar sy bly is sy bang miskien sal dit haar laat besef dat al die ander inwoners in die kaap sit met die selde probleem en haar wonderlike werk wat sy vir kaap stad gedoen het is belaglik sy is betaal om die werk te doen en waar om moet die belasting betalers van kaap stad daar voor betaal as ek goed by my huis doen moet ek vir dit betaal en as sy so goed haar werk gedeon het waar om sit ons met n water probleem wat 5 jaa r trug al van geweet was en niks was gedoen nie da net so sleg soos die anc net in ander beeld mos geld op ander goed wat kan wag

Karma ·

@bgj van der westhuizen:

weet jy nie waar die punt op jou sleutelbord sit sodat jy aanhouend praat sonder punktuasie nie of is dit maar die vlak van skoolopvoeding wat jy gehad het dit maak dit baie moeilik om jou kommentaar te lees en sin daaruit te maak mens spel kaapstad nie so nie maar jy spel dit Kaapstad omdat dit verwys na ‘n stad of plek op aarde en trug is ook nie reggespel nie jy spel dit terug loop vra eerder jou skoolgeld terug of gaan doen graad 1 oor

Afrikaanse Knaap ·

Die ANC soek ‘n DA Nkandla, en het dit nie gekry nie.

Dankie dat tannie Patricia so mooi voorbeeld aan die ANC stel.

Jeanette Gouws ·

DA ondersteuners ook maar blind vir die party se foute. Hierdie hele aangeleentheid is deur ‘n Zille faksie binne die DA aan die media gelek om De Lille voor hul leierskap verkiesing hierdie Saterdag te laat sleg lyk. Nes die faksies binne ANC met Ramaphosa maak. Dit is ‘n magsstryd. En die kiesers se belange tel glad nie.

m ·

Ja ne as mens self agter die deur staan soek jy ander ook daar. Die ANC try ook elke trick in die boek om die aandag van hulle bedrog te kry. Sterkte tannie De Lille.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.