De Lille se naam óók in bedrogspul gebruik

'n Skermskoot van die amptelike Facebook-blad van Patricia de Lille

‘n Skermskoot van die amptelike Facebook-blad van Patricia de Lille

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se naam word glo ook valslik in ʼn e-pos en Facebook-profiel gebruik waarin poste adverteer word.

Maroela Media het vroeër berig swendelaars gebruik David Makhura se naam met ʼn Yahoo-e-posadres om poste te adverteer.

“Ek bevestig ek het nie ʼn persoonlike Facebook-profiel nie, slegs ʼn amptelike Facebook-blad (Patricia de Lille – Mayor of Cape Town), wat gebruik word as kommunikasiekanaal uit my kantoor en die stad Kaapstad aan die sosialemedia-gehoor,” het De Lille Vrydag in ʼn verklaring gesê. “Ek is baie besorg oor die valse Facebook-profiel wat geskep is. Die persoon bemark selfs poste aan die ‘vriende’ wat glad nie bestaan nie.”

De Lille het bevestig dit is ʼn bedrogspul en sy maan alle Facebook-gebruikers om versigtig met dié rekening om te gaan, aangesien dit hoegenaamd nie met haar of haar kantoor verbind word nie.

Daar is glo ook ʼn e-posadres, [email protected], wat opgestel is. Sy het bevestig dat dit nie aan haar behoort nie. “My kantoor het reeds die e-posadres aan Yahoo rapporteer en die Facebook-blad aan die administrateurs rapporteer.”

Die Suid-Afrikaanse polisie stel ook ondersoek in.

“Ons sal die saak verder ondersoek om te bepaal wie my naam gebruik het om mense te mislei en vir hulle te lieg,” het De Lille bygevoeg. “Ek doen ʼn beroep op persone om bedag te wees wanneer hulle sosiale media gebruik, aangesien talle opportuniste sosiale media vir onwettige aktiwiteit gebruik of om mense te bedrieg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Gewoonlik is die Wes-kaapse polisie wakkerder as die res van ons land s’n. Ek hoop hulle vang die sondebok gou!

Janet von Molendorff ·

Goeiedag, ons is baie bly om van haar nuwe aanstelling te hoor en wens haar baie geluk. My man het haar so 8 jaar terug ontmoet en toe gekla oor die lang afstand drywers, wat so sukkel met hulle werkgewers. Sy het genoem as hy enige hulp of raad wil he moet sy hom bel maar ons het intussen verhuis en haar nommer per ongeluk laat wegraak. Ek sal bly wees as u my dalk kan help met ‘n epos adres wat hopelik by haar sal uitkom, In vervoer is daar so baie probleme en my man is ‘n baie goeie verteenwoordiger en is self al 25jaar+ op die trokke.

Ek sal dit baie waar deer as u my kan help met die epos adres asseblief..

Dankie byvoorbaat

Janet von Molendorff
0711960277

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.