De Lille soek bewyse oor ‘rasse-voorvalle’

Patricia de Lille

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, tydens die Staatsrede in 2012 Foto: Departement van kommunikasie

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa versoek om bewyse van beweerde rasse-voorvalle wat glo in die stad plaasgevind het, aan te stuur.

“Die stad Kaapstad neem leiding in Suid-Afrika om hierdie moeilike kwessies van ras aan te roer,” het sy Sondag in ʼn ope brief aan Ramaphosa gesê. “Ek versoek dat bewyse van die bewerings wat u in die parlement gemaak het, aan my gestuur sal word. Ek sal daardie bewyse in my vergaderings gebruik en stappe doen.”

Sy het reageer op uitlatings wat Ramaphosa in die parlement gemaak het terwyl hy Woensdag mondelings vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord het. Hy het glo verwys na voorvalle waar swart mense sleg behandel word in restaurante, verhoed word om by sekere hotelle kamers te bespreek en sukkel om woonstelle in die Wes-Kaap te huur. Hy het die provinsiale regering versoek om op te staan en te sê dit is nie reg nie en dat dit nie toegelaat word nie.

In haar brief aan die adjunkpresident het De Lille gesê sy het ʼn veldtog van stapel gestuur om die kwessie van rasse-voorvalle aan te roer. “Ek sal oor die volgende paar weke met verskeie organisasies in die bedryf gesprek voer om te bepaal hoe ons kan verhoed dat sulke voorvalle plaasvind. Ek neem u bewerings baie ernstig op en versoek dat u my sal bystaan om die bul by die horings te pak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

adrian ·

Die tyd is nou om ramaphosa se mcdonald wegneem ete besigheid te boikot
Mcdonald besighede behoort aan hom so laat hy dit in sy sak voel. Die man haat die blanke en het altyd in sy vergaderings n negatiewe eier te le
Daar is baie ander eetplekke Boikot hom

Manie ·

Go Patricia!!! Go laat hulle konkrete bewyse bring en ophou om soos ou vrouens stories te versprei! !

i ·

Ek verhuur ook nie my persele aan sekere ras groepe nie en doen ook nie besigheid met sekeres nie.Dit is nie rassisme nie maar REALISME.Once bitten twice shy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.