De Lille terug in burgemeesterspos

Patricia de Lille. (Foto: Patricia de Lille / Facebook)

Patricia de Lille is Dinsdag weer in haar pos as burgemeester van Kaapstad aangestel nadat sy ʼn dringende aansoek teen die politieke party in die hooggeregshof in Kaapstad gewen het.

Die hof het beslis hoewel De Lille weer in haar pos as burgemeester aangestel moet word en sy weer ʼn amptelike lid van die DA is, moet sy steeds tereg staan op die dissiplinêre klagtes wat die DA-leierskap teen haar gebring het.

De Lille het haar tot die hof gewend nadat die DA se federale uitvoerende komitee haar vroeër van haar DA-lidmaatskap gestroop het, wat dus wesenlik beteken dat sy ook haar burgemeesterspos kwyt was. Ian Neilson, die onderburgemeester, is daarna as waarnemende burgemeester van Kaapstad aangestel.

De Lille het egter aangevoer dat haar menseregte en haar grondwetlike regte met die DA se optrede vertrap is. Sy het die dringende aansoek oor haar amp as burgemeester gebring om te versoek dat die hof beslis dat sy haar amp mag behou totdat die regsgeding rakende die geldigheid van haar ampsontheffing aangehoor word.

Regter Patrick Gamble het vroeër gesê gedeelte B van De Lille se aansoek – wat die grondwetlike geldigheid van die beëindigingsklousule betwis – sal op 25 Mei deur ʼn volbank regters van die hooggeregshof aangehoor word.

De Lille het ná die uitspraak haar ondersteuners bedank en gesê die geveg gaan nie oor haar nie, maar oor die mense van Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Eish ·

Eish! Hoe spat die rooi nou so op die blou!
Allemintige bloedneus vir die Demografiese Alliansie né!

snoefie ·

they dont call her Die Hard for nossing.
trap hulle ta patty! looi hulle! mag jy in die volgende rondte ook met die louere wegloop.

Zollie ·

Ouens SA het nog ‘n nuwe krieketspeler. Niemand kan haar uitboul nie.

Nettie ·

@Rollie, ja – ek weet nie of mens moet bly of hartseer wees dat sy ‘gewen’ het nie. Ek is bekommerd oor een ding en dit is dat die DA só besig is met hul binne-gevegte dat hulle oog op die doel verloor – en dit is om die Wes-Kaap uit die ANC of enige ander koalisie-regering se hande te hou. En dus bloedneus gaan/kan kry in 2019 …………

Ek – leek wat ek op politieke gebied is – wonder maar net of daar nie dálk waarheid steek in die bewerings (PS: wat ís die bewerings?) wat teen me. De Lille gemaak word nie, of dit bloot binne-party gevegte is wat gaan om ‘wie-wil-koning-kraai’ en …… of die ANC en hul politieke vennote/alliansie-kandidate hieragter sit om, soos die ANC beloof het, “die Wes-Kaap onregeerbaar” te maak nie?

Al ·

Sal ek ook wil weet. Ek hoop hul optrede is waterdig anders gaan sy hul lelik bloedneus gee.

rollie ·

Deur oral te verkondig dat sy die DA gaan verlaat (dit terwyl sy nog lid is) en so die party in onguns te bring. Disiplinere verhoor sal oor laasgenoemde gaan en ook oor bewerings van tenderbedrog, nepotisme en dat sy voete gesleep het met die Wes-Kaapse droogte krisis, ens.

dollie ·

rollie rollie rollie kon sy die droogte breek? toegegee sy is n yster maar self sy was nie teen die droogte bestand nie. buitendien kyk hoe skoon sien die kaap daaruit teen die ander provinsies waar anc in beheer is. nee hulle rrap haar en mnr trollip net uit jaloesie. verder is die storie van die radio onderhoud heeltemal uit proporsie getrek. nog verder me mazzone moet wyd kyk sy is nog witter as antie pattie. hoe lank dink sy gaan ou maimane haar laat koning kraai?

Pieter Schoombee ·

Wanbestuur en korrupsie. Lees die besonderhede op die DA se webblad.

mc ·

Kyk, laat ons nou maar erken, niks hiervan gaan oor die mense van Kaapstad nie. Nie aan Patricia se kant nie en ook nie aan die DA se kant nie. Vir geen politikus het dit al ooit oor die mense gegaan nie. Die hele vuil wasgoed wassery in die openbaar is genoeg om van op te gooi. Al wat ek kan se is die DA sal hulle sokkies moet optrek, want hierdie Patricia sage laat hulle beslis alle geloofwaardheid verloor.

johan ·

mc ek stem saam.
Sny hulle salarisse met 60% en kyk hoeveel van hulle wil dan nog so graag omgee en werk in belang var die gemeenskap.

Eddie ·

Dit lyk vir my dit is eerder afguns as ‘n “issue” met haar , sy het Zuma hel gegee !!

Boet Fasie ·

Die DA se reputasie en vertroue is aan skerwe by baie kiesers . Baie geluk Patricia dat jy jou staal gewys het.

Kabous ·

Lees bietjie Ed Herbst se artikel oor haar. Eers was sy ‘n voorsanger van “One Settler, one bullet” en ‘n kommunis (PAC) APLA het 15 burgerlikes vermoor terwyl sy leier van PAC was. Toe word sy Democrat (ID) en in 2006 draai sy teen die DA en klim in die bed met die ANC.

Helen Zille uitoorlê haar meesterlik en kom ten spyte van die verraad aan bewind in WK.

Toe sy sien DA is sterk toe sluit sy aan.

Nou dreig sy om by die ANC aan te sluit.

Vertrou jy haar?

Rynhardt ·

“Dooie Alliansie” sit nou met n groot turksvy!??????

Nettie ·

@Kabous – daar slaat jy sowaar die spyker reg op sy kop! Ek weet nie of me. De Lille régtig vir álle Kapenaars (die sogenaamde “mense”) is nie. Sy is dalk vir haar éie mense – die Cape Coloureds – maar ek weet nie of sy vir die blankes is nie.

Verál nie as sy so ‘n paar jaar gelede nog “One Bullet, One Settler” gedreunsing het saam met die PAC nie. Verál nie as sy van die EFF se Dali Mpofu gebruik maak as regsverteenwoordiger nie. Klink my me. De Lille is maar heelwat van ‘n manteldraaier – sy draai soos die wind waai en saam met die wind wat waai – vir eie gewin (soos alle politici maar doen).

As die VF+ net sterker en beter verteenwoordig was, het hulle my stem gehad – maar soos dit nou staan het ons nie eens ‘n verteenwoordiger in ons wyk nie (vir munisipale verkiesings) – hoekom sal ek dan op nasionale vlak vir ‘n party stem wat ons blanke mense in my stemwyk nie eens gerade genoeg ag om ‘n partyverteenwoordiger te hê nie? Nee wat, 2019 se verkiesing sal my maar verbygaan – net nog ‘n lekker ekstra vakansiedag vir my.

JH ·

Die ding is nie probleem wat DA met haar het nie. Die probleem is die mag. Ek verstaan nie hoekom almal wat nie meer welkom is nie maar net uit tree of bedank nie. Hoekom bly baklei vir mags posisies?

Johan ·

Nou is dit te laat vir die DA en Patricia om dinge intern uit te sorter sonder om dit aan die groot klok te hang. Hier is nie wenners nie, almal verloor.
Ag mense, moet ons altyd bakly? Wanneergaan ons leer om saam te staan.

Johann ·

Die DA het nie die “guts” gehad om haar aan te kla nie! De Lille” opsie uitgedink by hul federale kongres om van haar ontsla te raak. Dalk, net dalk, het die DA hulself in die voet geskiet. Hul mag die Kaap verloor aan die ANC!!

Pop ·

Daars niks fout met DA nie. Pleks mense bly is as hulle enige bedrog wil hokslaan. Die vrou word beskuldig van nepotisme. Tenders wat vir vriende gegee is Ens. Ens. Lees news 24 se berig. Nou in my boeke is sy mos die een wat julle kwaad voor moet wees. Nie die party nie.

AH ·

Ja Pop, sy het die DA in gedrang gebring, so dit is nie reg dat die DA vir haar (wan)gedrag moet betaal nie. Ek glo sy is meer vir die ANC as enige ander party. Baie meer rasisties as wat dit mag voorkom. Beslis nie pro-wit Kapenaars nie!

jaco ·

lekker bakleiery tussen die wit mense en die kleurlinge. intussen hou die swart ANC eintlik die leisels vas en lag vir hierdie nonsens. eendag is eendag wat hulle eenvoudig oorvat terwyl hierdie minderhede so lekker met mekaar baklei.
Die DA grawe sy eie graf met hierdie saak. more oormore skeur hulle “down racial lines” en vat die ANC eenvoudig die Kaap oor. ek SIDDER om te dink wat dan gaan gebeur. net die waterkrisis is onder DA beheer al klaar erg genoeg.

John ·

De Lille wil nog die president ook word… nes Hillary. Dit is interessant dat vroue meestal geen fout wil sien met Pat nie, maar wag totdat hul vriendin ter prake is dan is die langnaelvingertjies sooo aktief. Het dit iets met mag te doen?

harry adendorff ·

Die begin van die einde vir Moesie en sy liberale spul- betoog by hof as n blanke die beskuldige is maar woon nie een begrafnis van vermoorde boere by nie?????

Andre ·

Mense sê hulle verstaan nie hoekom sy die DA veg nie…sal jy nie veg om jou werk te behou nie? Om sonder werk te sit gaan enige iemand sleg te staan kom. Hierdie is `n bloedneus vir Mmusi, maar op die einde van die dag gaan die DA se ondergang Mmusi plat slaan. De Lille en Mmusi sal later by die ANC inskakel. Hulle het die mense van die Wes Kaap uit verkoop, die ANC gaan weer oorvat en alles tot niet maak soos in die res van die land.

Pieter Schoombee ·

“The law is an ass.”
Charles Dickens in Oliver Twist

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.