De Lille: ‘Tyd dat Maimane ontmasker word’

Patricia de Lille en Mmusi Maimane. Foto: Phando Jikelo/ANA

Die voormalige Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, het klagte van bedrog, naamskending en laster teen vier senior DA-lede aanhangig gemaak.

Die klagte gaan oor vals bewerings dat die ouditeur-generaal sekere bevindings teen haar sou gemaak het.

Die bewerings is reeds deur die ouditeur-generaal as vals uitgewys. Dit is op sosiale media versprei deur die vier DA-lede.

Die vier lede ter sprake is Mike Waters (parlementslid en federale ondervoorsitter van die DA), Bronwynne Engelbrecht (DA-LP), Shehana Kajee (bestuurslid van die DA-vrouenetwerk in KwaZulu-Natal) en Henk Hugo, ʼn prominente DA-takbestuurslid.

De Lille het die klagte ingedien by die Kaapstad Sentraal-polisiestasie, waar sy oorval is met drukkies, goeie wense en versoeke vir selfies van verbygaande Kapenaars.

Die voormalige burgemeester het ook aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, geskryf om klagte voor die parlementere etiekkomitee te lê teen Waters en Engelbrecht.

“Ek het alle moontlikhede vir optrede binne die DA uitgeput. Ek het aan James Selfe (voorsitter van die DA se federale dagbestuur) en aan Mmusi Maimane (DA-leier) geskryf om optrede teen die vier DA-lede te eis, maar hulle doen niks. Hulle hou net aan om my naam te beswadder, en dit sal ek nie aanvaar nie.

“Dit is in elk geval hoogtyd dat Mmusi Maimane ontmasker word. Hy gee voor om toerekenbaarheid en grondwetlikheid voor te staan, maar wanneer sy partylede die ouditeur-generaal ondergrawe, doen hy niks nie, ten spyte van die DA se sosialemediabeleid,” het De Lille gesê.

Sy wou by navraag nie uitwei oor haar politieke toekomsplanne nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Smirre ·

Vooraf opgestelde situasie – net so voor die verkiesing. Onthou Patricia is en was nog altyd hand op die blaas met ANC sleutel figure. Patricia is nog vasgevang in PAC mentaliteit.

Gert ·

Hierdie vrou is soos n plaat wat vasgehak het. Sy stel net belang in mag en haar eie agenda nie wat goed is vir ander nie

Lou ·

Weet nie meer wie of wat om te glo nie. Hulle is erger as ‘n klomp stout kinders .

Johann ·

Hier kom haar eie party: ME MYSELF AND I… jammerlike selfwaan wat die Kaap GROOT skade berokken. Laat mens dink HOEKOM sy so aangaan? Voorbrand vir die ABC… EFF…

Hansgat ·

Mmusi het dieselfie kortupte gees in hom as die ABC! By het gedink om after sy pastorskap web te kruip, Nieman die rot sal identifiseer nie.

Daan Erasmus ·

Patricia het in ‘n onderhoud gesê : ek kyk na die aanbiedings en ek hou my opsies oop. In ons taal beteken dit. Ek wag vir beter aanbiedings en ek sal my siel aan die hoogste bieder verkoop.
Pay me the money.

Anel ·

Mooi so, die DA wil moes nou wys hulle staan op teen korrupsie.
Mmusi gaan sy dag in die hof kry en dan sal ons almal weet hoe korrupt hy is!

Ellisras ·

En jy is aanklaer en sommer Regter ook. En toe bevind jy vir Musi skuldig. Net so. Eish. Patricia is ‘n groot kansvatter. Was dit nog haar lewe lank. Dit gaan net oor haarself. Min tot geen gewete. Min tot geen gevoel vir die mense nie. Gee haar ‘n rol in 7 de laan.

Cherokee ·

So Ellisras, jy is toe aanklaer en sommer regter ook. Jy bevind De Lille toe skuldig aan waarvan jy haar hier beskuldig.

Dawie ·

Patricia, jy is dan ook skuldig, hoekom wag totdat iemand jou kastig valslik beskuldig, eers dan uitkom met al jou bewerings?

Alida ·

Niemand stel belang in haar toekomsplanne nie. Die DA leier is nie dom nie. Die vrou het genoeg geld. Gaan huistoe en verdwyn uit die dagblaaie asb. Jy raak vervelig.

Natascha ·

Nee kyk, niemand sien die son oor ander skyn, sy is nou uitgevang en nou wil sy ander probeer bykom. Vat jou pak slae, Jy is nie soo onskuldig Patricia.

Foxi ·

Tydmors en nogmaals tydmors. Sy mag miskien wel onskuldig wees, maar haar eie ego streel haar om in die media te bly. Sy word nie jonger nie, plaas sy net haar lewe gaan geniet en iets aanpak wat wel winsgewend is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.