De Lille: Verklein kabinet eerder as om parlement te skuif

Argieffoto

Argieffoto

Voorstelle om die parlement van Kaapstad na Pretoria te verskuif is onnodig aangesien die regering eerder daarop moet fokus om die kabinet te verklein, het Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, gesê.

“Die kwessie is nie of die parlement na Pretoria geskuif moet word om regeringsbesteding te verminder nie. Die kernkwessie is dat die regering te groot is,” het De Lille gesê. “Die nasionale regering moet die meeste lede van die kabinet sny en die parlement rasionaliseer om die belastingbetaler geld te spaar en doeltreffender te laat werk.”

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand gedurende sy staatsrede gesê dat die parlement dringend die kwessie van twee hoofstede moet oorweeg, waar Pretoria tans die land se uitvoerende hoofstad en Kaapstad die wetgewende hoofstad is.

Volgens Zuma is die koste van twee hoofstede te groot, aangesien dit beteken dat lede in die Uitvoerende Raad twee huise moet hê, een in Pretoria en een in Kaapstad, asook twee motors moet hê, een in Pretoria en een in Kaapstad, en ʼn aantal beamptes wat op en af moet reis en in hotelle tuisgaan.

Zuma het gesê deur die parlement na Pretoria te skuif sal administratiewe koste verminder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Uncle Buck ·

Daar is ‘n baie oulike gesegde in engels”penny wise and a pound foolish. In heedendaagse geld eenheid seker iets soos ‘n 1c slim en ‘n R100 dom

Karma ·

‘n Mens kan sien De Lille het verstand. Dit maak sin om van die 264 ANC-LP’s minder te maak, want – genugtig! – 75% sit en slaap net hul tyd met parlementsittings om! En – sou die Parlement na PTA verskuif word – wat raak van die Parlementsgeboue? Wat van LP’s wat in Kaapstad woon en daar eiendom het? Sal dit nie meer kos om heen-en-weer te piekel tussen KSTD en PTA te pendel, in hotelle oor te slap e.d.m. nie?

Nee wat, hierdie is nie regtig ‘n oplossing vir oordadige regeringsbesteding nie, maar net nog ‘n “ploy” om die Wes-Kaap se stewige statuur op wankelrige bene te plaas. Dit is immer ‘n doring in die vlees van die ANC, dat die DA steeds in beheer is van die W-K en dat dit die enigste funksionele provinsie in die land is.

Pleks Zuma gee die volle R246m van Nkandla alles terug – dan het die land mos ‘n effense ‘nes-eiertjie’ om op te val. Hy kan ook streng beheer begin uitoefen oor sy ANC-kaders wat duur karre koop, die hele familie van 70 mense op oorsese reise neem en KFC eet wat miljoene rande per jaar beloop.

Waarnemer ·

De Lille her verstand? Nee wat, jy het regtig nie baie breinselle nodig om agter te kom dat die kabinet hopeloos te groot is nie. Alles baantjies vir boeties.

Dee ·

Jou waarneming is in die kol, Waarnemer. Terkoops, my waarneming van die karma ou is dat hy saam met De Lille vir regstellende aksie en grondhervorming stem.

Berhalet Beukes ·

Mnr Zuma, “lead by example”! Raak ontslae van die Guptas, raak ontslae van Nkandla, bly in goedkoper hotelle, ry ‘n goedkoper motor, raak ontslae van al jou vrouens. Om een hoofstad te hê en te verskuif gaan weereens MILJOENE kos! Wie gaan betaal vir al die parlementslede se trekke hierheen? Wie gaan betaal vir hulle nuwe, duurder huise? Wie gaan betaal vir hulle kinders se nuwe skool toelae? Wie gaan betaal vir hulle vrouens se nuwe tee klubs? Kan jou woorde enigsins meer leeg en betekenisloos raak as dit wat hy alreeds geraak het?

Emile ·

Die SA regering het die grootste kabinet ter wereld en almal weet dit is doelbewus kunsmatig groot gemaak deur JZ om te verseker sy korrupte posissie word beskerm. Laat JZ gaan en verklein die kabinet na ‘n realistiese, funksionele grootte. Gevolglik sal uitgawes en korrupsie verminder.

charmaine ·

Vir government in Pretoria sal dit sleg wees want as dit Pretoria toe skuif gaan die groot koppe en hulle gevolg nie kan af en rondrits Kaap toe. En in Pretoria is nie sulke upper class and grand hotelle vir die wat niks gewoond is nie.

Antionette Malan ·

Mnr Zuma kan altwee doen. Verklein en verskuif die parlement na slegs een stad toe. Dan sal die besparing noemenswaardig wees. Dit hoef nie noodwendig Kaapstad of Pretoria te wees nie.
Wat v Bloemfontein?

johny ·

Het my huis verkoop so paar jaar terug .vrou aleen sonder man en sy werk vir staatsdiens het my huis gekoop.Het die huis plat geslaan en twee huise op erf gebou.Lyk soos die wit huis in amerika..My ouers het altwee gewerk en kon in hulle lewe nie in soveel weelde lewe nie.Vorige regering het ons almal in armoede laat lewe niks vir ons omgegee nie.Die regering van nou sorg dat sy mense in weelde lewe.Kyk mooi huise 3 voertuie hulle kinders kry werk en dit gaan voor die wind met hulle.Geen geld te kort en net hulle staan by vleis rake om vleis te koop in pick n pay

John ·

Die ANC-hoofkantoor is mos in Gauteng. So hulle wil nader aan Moeder. Geld spaar. Ek weet nie so mooi nie, want daar sal seker ‘n nuwe Parlement gebou moet word wat dalk miljarde kan kos. Maar ons pres weet van bou, ons sien mos nou. Ons kry ook een van die dae ‘n nuwe Openbare Beskermer wie se sterk punt dalk net elders gelee mag wees.

alida ·

Wat van ons skuif Zuma en sy hele kabinet maan toe met ‘n “one way ticket” !!!!!

m ·

Goeie idee Alida dan kan hulle ma mekaar uitroei op die maan. hahahahahahha.

Drikus ·

Besliste ja vir kleiner parlement; so ook vir skuif na Pretoria of Bloemfontein. Dan kan die Wes- en Suid-Kaap afstig en ‘n onafhanklike staat word. Die bestaande parlementsgebou word dan betrek deur die Kaapse regering. Dink net hoe gaan die res van die land ons beny. Daarmee los ons sommer ‘n groot deel van die taal- en raskwessies in die land ook op.

Dee ·

Julle beny..?! Deur die land in twee te deel met twee ANC-regerings? ANC-Light end ANC-Heavy? Wees tog meer realisties.

Jordaan ·

Waarom nie beide nie? Verklein die soustrein EN sentraliseer om die reise en duplisering te verminder

Pieter.v ·

Die anc wil die finansiele voordeel wat die weskaap ontvang omdat die parlement daar is, nou liewer aan die anc hier in die noorde laat bevoordeel meer geld aan die anc om dit ook op n manier weer te kan bestee.

Drikus ·

Maroela, ek wonder waarom plaas julle nie my kommentaar nie? Die afstig van die Wes- & Oos-Kaap ns ‘n onafhanklike staat verdien oorweging. Die bestaande parlementsgebou is ideaal vir die voorgestelde nuwe Kaapse Regering.

Mariné Lourens ·

Dagsê Drikus

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word, en dit neem dus soms ‘n wyle voor kommentaar op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kommentaar afgekeur is nie, dit moet dalk net nog bloot goedgekeur word.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Leon Coetzee ·

Hulle moet eerder almal bedank , want die een is so “useless” soos die ander

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.