De Lille verloën haar kiesers, sê VF Plus

Patricia de Lille. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die Wes-Kaapse VF Plus glo dat Patricia de Lille, die nuwe minister van openbare werke en infrastruktuur, bruin kiesers wat vir haar in die sesde demokratiese verkiesing gestem het, uitverkoop het ter wille van ʼn pos by die ANC.

Só het Peter Marais, die VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer, Donderdag in ʼn verklaring gesê nadat De Lille Woensdag deur pres. Cyril Ramaphosa as minister aangewys is.

Marais stel in die verklaring die vraag aan De Lille of die ANC dié aanstelling met haar onderhandel het in die tyd wat sy as leier van die Good-party aan verkiesingsveldtogte deelgeneem het.

“Indien wel, is sy ʼn verduideliking verskuldig aan elke persoon wat Good met hul stem vertrou het,” sê Marais.

Die party voer aan dat De Lille se optrede hom herinner aan die tyd waarin sy die destydse Onafhanklike Demokrate (OD) op die been gebring het nadat sy in 2003 van die Pan Africanist Congress (PAC) weggebreek het.

Die OD het kort daarna van die toneel verdwyn toe De Lille, soortgelyk aan nou, haar party opgeoffer het vir ʼn hoë pos by die DA, sê Marais.

“Kiesers wat in die pas afgelope verkiesing vir Good gestem het, het dit juis gedoen omdat hulle ʼn politieke tuiste wou hê waar bruin mense as minderheid in die besonder ʼn stem sou hê om hul belange te verdedig teen verdrukking van die meerderheid van die ANC-regering.

“De Lille het nou, net soos met die OD, net die teenoorgestelde gedoen en hierdie vertroue in haar verloën deur ʼn kabinetspos by die meerderheidsparty te aanvaar waar onteiening sonder vergoeding ook deur haar departement gedryf sal moet word en waar minderhede totaal op die agtergrond geskuif gaan word wat werkgeleenthede, taal en moedertaal-onderrig aanbetref,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Jimmy ·

Politici bly maar opportuniste. Oor die algemeen beginselloos.

Aksie Suid-Afrika ·

Pieter Marais het speel al baie langer hop-en-skip… hy’s net jaloers dat hy nie ‘n pos gekry het nie. Sy onkunde is kenmerkend, of het hy vergeet Pieter Mulder het dieselfde gedoen toe hy adjunk-minister van lanbou geword het, nogal in die Zuma kabinet….? Huh?

anton b meyer ·

Ek vind die VF+, Afriforum, Solariditeit en Maroela media alliansie, net so besonders skrikwekkend soos ENCA se “promosie” vd EFF,
Vir ‘n oesnkynlike Godvresende nasie soos “Boere” Afrikaners, en enige ander vlag waar onder “jul” marsjeer, dat julle nooit die “Sondes vd Vaders, op die Kinderssal neerdaal nie” konsep verstaan HET NIE!
Nou toe, “NOU of NOOIT” SLAAN TERUG”, olie die voorlaaiers, solank!

Deon ·

Aunty Pat gaan nou by die ANC aansluit, op die rug van GOOD.

Frans ·

Pieter Marais moet liewers nie uitsprake maak nie.Daar was n tyd toe Dr Mulder ook n pos as adjunk minister in die regering beklee het en hy het beslis nie sy party of kiesers verraai nie.

Susan de Klerk ·

Dit was ‘n groot rede waarom kiesers destyds hul rug gedraai het op die VF.

Aksie Suid-Afrika ·

Die VF+ het hulself in albei voete geskiet toe hulle Pieter Marais nader getrek het…. en toe pas weer met die familie-aanstellings (nepostisme?) Ai tog, wanneer gaan hulle eendag leer om kiesersbelange bo eiebelang te stel….. asb tog!

Bees ·

Ja nee, dis waar wat jy sê Frans, hoekom mense nog vir die minderheid VF+ stem sal niemand weet

kolla ·

Ja en as adjunk-minister moes Mulder ANC beleid toepas. Siende dat die VF+ so lynreg met ANC in beleid verskil, moes hy NOOIT die pos aanvaar het nie….maar die perks was darem te aantreklik.

Andreas ·

kolla, hy het nie hul politiese ideologiese beleid toegepas nie, hy het sy jop gedoen. Frans is net so deur die war.

Johann ·

Presies Frans – presies. Mnr. Marais kan nie juis praat nie – self maar ‘n trekvoël van faam!!

Jimmy ·

Kolla, Mulder het elke oggend sy kortbroekpak aangetrek, en is daarna met sy luukse ampsmotor werk toe vervoer. Daar het hy koerant gelees en koffie gedrink, en so teen 13: 00 weer huistoe gegaan.

Ruaan ·

Ha Ha, sê Pieter agste party Marais wat onder die vaandel van die VF plus op facebook sê blankes moet hul plase teen afslag aan swart en bruin mense verkoop.

Wonder ·

So, sy het die mense wat vir die Good party om die bos gelei…wat ‘n skande om dit aan jou kiesers te doen! Of vir geld!!! Ek het meer van haar verwag!

Andreas ·

Patricia se die Good-party het nasionaal maar 70,408 stemme gekry. Iets maak nie sin oor waarom Cyril haar in sy kabinet wil hê nie. Dit sou interessant wees as hy sy werklike rede met ons kon deel.

Adam ·

Die werklike redes is oa,
1. Kry ‘n lekker stewige hou in teen Maimane.
2. Kry addisionele ANC steun via die De Lille konneksie.
3. Snoer deels De Lille se mond deurdat sy nie sommer kabinetsbesluite sal kan bevraagteken nie.
Die doel hiervan is bloot om die Wes-Kaap onder DA bewind uit te kry.

VVA ondersteuner ·

Hy probeer die bruinmense se stem “kaap”. Wil mos bittergraag die Kaap ook ANC maak. En terseldertyd deel hy n klap uit aan die DA. Tussen die lyne wys hy vir die wit minderheid hoe irrelevant hulle vir hom is.

PJ ·

Dit is mos maar hoe sy te werk gaan. Laat mense glo sy gee om… En ja sy doen.. Vir haarself en haar bank balans. Bly die DA het ontslae geraak van haar.

Ja Nee ·

Ten minste kan aunty pat bietjie “good” na die anc bring.

Zoro ·

Aunty Pat is niks verskuldig aan die DA of enige persoon – sy moet net konsekwent wees en die land dien

Lerato ·

De lille en Marais is kallers van dieselfde kraal. Spring albei telkens oor die muur na ander partye toe.

Gollie ·

Ek stem saam met jou.Spring van een party na ander,sy wil net die DA verneder maar sy kom daarvandaan,wolf in skaapskleed.(selfverrykking)Maak oop julle oë vir haar.Sy wil die Wes Kaap inpalm.

Roberto Betta ·

Auntie Pat hardly sounds professional. Imagine the headlines, Auntie Pat to meet with chancellor Angela Merkel. Same goes for Commander in Chief. We need to get serious here.

Msp ·

Jammer, kan nie met julle saamstem nie. Sy was ʼn wonderlike leier en as iemand wat VV+ gaan stem bly sy ń hero.

Feitlik ·

Antie Pat was SG van die PAC toe hulle militêre vleuel Apla die kerk aangeval het en aanbidders vermoor het. Sy maak net of sy onskuldig is.

Ruaan ·

Feitlik, jy is reg. Gaan google bietjie die artikel wat Ed Herbst oor haar lewe geskryf het. Scary!!

Gert van Wierdapark ·

Peter Marais is verby sy rak-leeftyd. Sy minus is ‘n negatief vir die VF+ = dit bring hul totaal op gelyk aan baansyfer. Me De Lille gaan nog die kla-kouse met’ n kous oor die kop huistoe stuur! Sy kan en gaan ‘n Verskil in veral die Wes-Kaap maak onder veral die Kleurling-gemeenskappe se behuisingsnood, “mark my words”.

Nico ·

Ek kan nie mooi vestaan hoe die mense hier bo kan sê dat die VF hulself in die voet geskiet het met Marais nie. Hulle het dan die beste vertoning gedoen in hul bestaan. En die mense wat die kritiek teen Mulder uitspreek omdat hy ‘n adjunk ministers pos aanvaar het weet ook nie waarvan hulle praat nie. Hy het regtig geglo hy kan ‘n verskil maak deur in die vergaderings betrokke te wees. In die parlement het opposisie partye geen invloed nie.

Koos Kotze ·

Hierdie is ‘n droom wat vir haar waar geword het, sy het al vanaf 1994 heeltyd gehoop die ANC bied haar ‘n ministers pos aan. Haar hele gesigsuitdrukking gee die idee van die kat wat die bakkie room gekry het. Dit gaan net oor haar as persoon, vir haar volgelinge voel sy niks.

Johan ·

Vooraf beplande samewerking met ANC stig n nuwe party vat die kiesers weg van die DA en ANC kan dan weer begeer oor Wes Kaap kry, Gelukkig toe nie uitgewerk nie maar Tannie Patricia nog steeds vir haar goeie werk beloon

Andreas ·

Volgens haar het ‘n gespek met Cyril die patriot in haar wakker gemaak, sy wil nou net dien.

Willie ·

Dalk het die ANC haar van die begin af gebruik om die DA te verswak…

Jeukenkrap ·

Mnr. Marais, soos Patricia de Lille ANC toe is vir ‘n hoër job, net so is u na die VF+ vir die hoë job. Nou kla u die GOOD-party sou glo die alternatief vir bruinmense wees. Is die VF+ dan nie nou daardie alternatief nie? Ten slotte, waarom sê u niks oor die VF+ wat minstens in 2 munisipaliteite (Modemolle en Thabazimbi) saam met die EFF in koalisie is nie?

Attie. ·

Antie Pat is slimmer as wat julle spul domkoppe dink. Julle hemel Helen op maar sy was vroëer by Rand Daily Mail as ‘n groot vyand teen regse denke.

Waarheid ·

Jip nog n uitverkoper.
Sal ook so in die geskiedenis boeke staan
Ons weet wie die ander twee is ne de klerk en meeloper roelfie.
Sy het seker klas geloop by hulle.

Uitverkopers ·

Sy en ander uitverkopers….gaan nog eendag saam op n skippie klim en land uit vlug.

Lizelda ·

My persoonlike 5 sent?? Eks bly De Lille is in. Dit se vir my dat die President regtig probeer om korrupsie te bekamp deur beter gehalte mense in die kabinet en aan stuur wil sit. En vir Patricia om d pos te aanvaar se vir my sys reg om d landsburgers te dien soos altyd. Hoekom MOET alle munisters net vd ANC wees as daar ander kandidate SOOS Me de Lille is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.