De Lille vol vertroue dat DA in Wes-Kaap sal wen

Patricia de Lille by die stempunt by Pinelands-stadsaal op 3 Augustus 2016 (Foto: ANA)

Patricia de Lille by die stempunt by Pinelands-stadsaal op 3 Augustus 2016 (Foto: ANA)

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, is vol vertroue dat die Demokratiese Alliansie weer die Wes-Kaap sal wen tydens Woensdag se plaaslikeregeringsverkiesing.

“Ek kan ʼn sigbare verandering in die Stad Kaapstad sien,” het sy gesê terwyl sy by die Pinelands-stadsaal gestem het. “Ek weet die kiesers is baie slimmer as sommige van die kritici en hulle het die verandering beleef, so hulle sal vir ons nog vyf jaar gee om voort te gaan met die vordering wat ons reeds gemaak het.”

Stemmery het stadig by die stadsaal begin, maar inwoners was duidelik tevrede om saam met De Lille in die ry te staan. Een pensioenaris het aan sy vrou uitgewys dat die burgemeester reg agter hulle staan.

De Lille het gesê dit is opwindend om te sien hoe demokrasie begin stabiliseer en dat mense meer en meer bewus word van die waarde van hul stem.

Lees alle vorige berigte oor die verkiesingsfokus op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.