De Lille wil oop dissiplinêre verhoor hê

Kaapstad-burgemeester Patricia de Lille Foto: Phando Jikelo/African News Agency

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Dinsdag aan verslaggewers buite die parlement gesê sy hou vol dat haar dissiplinêre verhoor deur haar party, die Demokratiese Alliansie, oop moet wees vir die publiek.

“Ek kan bevestig dat die verhoor begin het, maar die prokureurs debatteer oor tegniese besonderhede. Sodra hulle dié kwessies opgelos het, kan ons amptelik met die verhoor begin en dit is wanneer ons ons versoek, dat dit ʼn oop verhoor moet wees, sal indien.”

Sy het gesê van die tegniese kwessies sluit in die aanstelling van die lede van die paneel en die grondwetlike vereistes wat die DA se grondwet betref.

De Lille het gesê indien haar versoek om ʼn oop verhoor afgekeur word, sal sy die paneel versoek om die verhoor uit te stel sodat die versoek in ʼn hof aangehoor kan word.

Maroela Media het vroeër berig sy wil hê die verhoor moet oop wees vir die media en die publiek, sodat lede van die publiek self kan besluit of die proses regverdig is, aangesien sy beweer die aanklagte teen haar is van ʼn tegniese aard. Sy het verduidelik sy word nie self van korrupsie beskuldig nie, maar dat sy ingemeng het met die keuring van personeel en dat sy wanadministrasie versteek of goedgekeur het.

De Lille staan tereg op aanklagte van wangedrag, omkopery en korrupsie deur haar party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Sy speel vir tyd en probeer aandag aflei met hierdie uitsteltegnieke. Ek blameer Zille wie hierdie oud-PAC tannie in die DA ingenooi het.

Vraagteken ·

Koos, wie gaan die plek van De Lille vat in die kaap as sy moet loop? Ek is seker dit is ‘n ou ANC man?

Dit gaan nie oor haar agtergrond nie, maar oor of sy skuldig is of nie! Tot dusvêr het sy nie ‘n slegte werk in die Kaap gedoen nie.

Be careful what you wish for!

Johann du Toit ·

As die aanklagte teen haar verkeerd bewys sou word hoop ek die DA sal groot genoeg wees om haar in die openbaar om verskoning te vra. As die aanklagte blyk waar te wees moet sy bedank.

Reti ·

Sê ek ook. Mens is onskuldig tot skuldig bewys. As niemand iets het om weg te steek nie hou dit in ope.

Gerrit ·

Ek stem saam sy het niks om weg te steek nie ,sy mag dalk die DA met rooi gesigte los?

Boet Fasie ·

Daar is baie mense wat nie gaan hou van ‘n oop verhoor nie want ek glo daar gaan ook ander dinge uitkom van mense wat ahter die deur staan en baie benoud is. Patricia moenie dat die DA van jou ‘n slaan sak maak nie , jy het baie mense agter jou en ons sal dit wys by die stembus. Jy en Zille het die DA gebou tot wat die party vandag is

Koos ·

Regtig Boet Fasie? Tony Leon en daarna Helen Zille en in sekere opsigte die ou ondersteuners van die NP en KP het die DA gekry waar hy nou is. Patricia is in 2010 eers ingebring om nog meer bruin stemme te probeer trek. Sy soek natuurlik ‘n openbare verhoor om soveel moontlik verleenthede oop te vlek. Goeie taktiek uit haar oogpunt. Wat ookal die uitslag, dis die einde van haar paadjie by die DA. Sy kla oor Sheila Camerer ‘n oud-minister in FW se kabinet op die paneel sou wees. Jy en ander vergeet seker sy was voorheen ‘n PAC-lid! Onthou jy dalk van “One settler, One bullet” en die St James kerkmoorde?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.