De Ruyter-boek vlieg van rakke, breek rekord

Andre de Ruyter se nuwe boek. (Foto: Verskaf)

Boekwinkeleienaars kan nie voorbly met voorraad van oud-Eskomhoof André de Ruyter se veelbesproke memoires, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, wat op 14 Mei oornag die winkelrakke getref het nie.

Volgens Nielsen BookScan se amptelike syfers, is 16 444 eksemplare van Truth to Power: My Three Years Inside Eskom reeds verkoop. Nielsen BookScan is ʼn platform wat weekliks lyste vir boekverkope in Suid-Afrika bekendmaak.

“Ons is baie trots op die boek se sukses. Dit is uiters selde dat ʼn boek in Suid-Afrika so goed verkoop,” sê Ian Dennewill, woordvoerder van Penguin Random House.

In Truth to Power: My Three Years Inside Eskom praat De Ruyter openhartig oor politieke inmenging, ongegronde beskuldigings van rassisme, die aanslag op sy lewe en hoe hy ʼn private ondersoek van stapel gestuur het wat eindelik onthul het hoe minstens vier misdaadkartelle op Eskom teer.

Dit is die eerste keer sedert Jacques Pauw se rekordverkope van The President’s Keepers in 2017 dat duisende eksemplare van ʼn Suid-Afrikaanse boek binne enkele dae verkoop word.

Dennewill skryf dié sukses van De Ruyter se boek aan verskeie faktore toe.

“Dit is grotendeels te danke aan De Ruyter, ʼn dapper fluitjieblaser wat geweier het om blatante uitbuiting en misdaad te ignoreer.

“As uitgewer het ons ook gevoel dat die Suid-Afrikaanse publiek ʼn reg het om te weet hoe die land en Eskom bestuur word. Die suksesvolle verkope van De Ruyter se boek dui daarop dat die publiek beslis daarin belangstel om meer te weet wat agter die skerms gebeur en bydra tot die huidige toestand van ons land.”

Steve Connolly, uitvoerende hoof van Penguin Random House Suid-Afrika, het in ʼn onderhoud met Maroela Media verduidelik hoe die uitgewer daarin geslaag het om die boek onder uiterse geheimhouding te voltooi en te versprei.

Andre de Ruyter se nuwe boek. (Foto: Maroela Media/Tania Heyns)

De Ruyter se boek is onder die skuilnaam, Moonlight, verwerk en is deur ʼn proses wat uitgewers, drukkers en ’n verspreidingstelsel behels – sonder dat ʼn enkele siel uitgelap het dat Eskom se voormalige hoof ʼn onthullende boek oor die sukkelende nasionale kragverskaffer geskryf het.

“Daar is mense wat waarskynlik sou verkies dat die boek glad nie gepubliseer word nie en dit dalk sou probeer verhoed. Ons het gevoel hoe minder mense daarvan weet, hoe beter,” het Connolly oor die groot geheimhouding gesê.

Truth to Power: My Three Years Inside Eskom verkoop steeds uitstekend en boekwinkels het al in die eerste week van publikasie groot herbestellings geplaas.

“Daar was vir ʼn wyle ʼn tekort aan voorraad, maar ons kon gelukkig baie vinnig reël vir die aflewering van ʼn derde drukoplaag. Ons sal aanhou om voorraadvlakke fyn dop te hou.”

  • Truth to Power: My Three Years Inside Eskom kos R340 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.
  • Lees hier op Maroela Media alles oor André de Ruyter en Eskom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Samuel ·

Ek glo die ANC hou geensins van hierdie boek nie en sal dit diskrediteer sover as moontlik.

Realis Thailand ·

Jy sien mos hoe hy uitgemaak word as n leuenaar en oneerlik en alles wat sleg is deur die anc
Wanneer ek die kritiek op de Ruyter lees word en sommer weer trots dat daar nog sulke mense soos hy bestaan wat gewillig is om die waarheid te praat en hom nie deur n klomp kriminele laat intimideer nie

Tanniepetoors ·

Ja “geliefde” ANC, “You cannot fool all the people all the time”.

Papsak ·

Ja ek glo anc like sy boek nie want al hulle gruwels het nou uit gekom

Cherokee ·

Watter doel sal dit tog dien? Presies soveel as die staatskapings-verslag. Die boek dien geen ander doel as om sommige sakke te vul. As die verslag oor staatskaping niks kon uitrig, dan is daar geen rede om te dink dat dit hierdie keer anders sal wees. Ek is nie lus om te lees hoe ons gelieg en bedrieg word nie. Sou eerder graag wou lees hoe hulle vasgetrek word.

JvR ·

Veral nie wanneer die persoon wat dit vir drie jaar weggesteek het, nou skielik wil geld maak daaruit nie

Cherokee ·

Presiès! Ek onthou dat hy gesê het die gebruiker betaal te min vir elektrisiteit.

Realis Thailand ·

Dit gaan jy ongelukkig NOOIT lees soalnk die anc aan bewind is nie
De Ruyter het niks in sy boek geskryf wat ek nie al op een of ander wyse persoonlik ondervind het met ondersoeke . Dit het net meer “slaankrag” as my kommentaar by braaivleis vure.
Verder wys dit dat hy nie n papbroek is en net kla in stilte nie
Hy het darem sy tyd en sy geld gegee om die probleem aan te vat.

SA is net besig om verder in die afgrond af te tuimel en miskien maak dit die mense se oe net verder oop

kragaap ·

De Ruyter se optrede en verval prestasie lewering by Eskom maak hom niks beter as die ANC nie. Mens sou beter verwag het.

Republikein in die Wes Kaap ·

ADR moes sy termyn eervol voltooi het en eers dan ‘n boek begin skryf. ‘n Werker bly lojaal tot die einde, of jy met die werkgewer saamstem of nie. Dis hoe ons grootgemaak is. Sy aksies was laakbaar en nou het hy sy reputasie verloor. Hy blameer nou ander vir Eskom se mislukkings sonder om self skuld te aanvaar. Intussen verneder Gordhan hom openlik en ADR is magteloos.

JvR ·

Het deur eerste paar bladsye van pdf gescan. Ek lees eerder n checkers advertensie uit die plaaslike koerant

Althes ·

Ek sal ook die boek aanskaf. Die inhoud van die boek bewys weereens hoe die binnekringe van die ANC werk, veral met n staatsentiteit.
Ek is trots op André de Ruyter.

Nettie ·

Welgedaan aan almal wat betrokke was. Veral Andre de Ruyter en mnr Connolly. Goed gedoen!!

Cherokee ·

Wat het hulle gedoen Nettie? Indien daar grondverkuiwingsverskille gaan wees hierna, Ja, dan stem ek met jou saam. Ek dink egter nie dat dit enige verskil gaan maak nie.

Aai ·

Wat sal so boek geteken nie werd wees maar niemand weet waar hy homself bevind.

Chris ·

Ek kan nie die boek bekostig, soos baie ander mense, maar hierdie boek en inligting is nog nie die einde nie. Andre wag vir die regte tyd om met die ANC klaar te speel. Hy laat hul nou bietjie rond hardloop tot hy die finale spyker in rie kis haan slaan. Net jammer ons Suid-Afrikaners sien alles negatief en glo te min in ons Skepper. Hy wie nooit sluimer of slaap nie.

Papsak ·

Hierdie wit mense wat so niks verkeerd wil sien die anc regering nie julle oe moet bitter vinnig oop gaan en kyk wat rond om julle aan gaan en begin stem reg hulle doen niks vir land of mense nie hoekom sal hulle vir julle iets doen

JvR ·

Ek sien alles verkeerd in die ANC regering. Die ergste is dat hulle wit leiers he. Blanko check en doen wat jy wil

kragaap ·

Ons “oe” is oop want ons oë sien die retoriek van die ANC teen wittes asook hul totale arrogansie teenoor die stemvee wat elke verkiesing hul weer aan bewind stem maar uiteindelik die meeste ly onder misdaad, werkloosheid, en verval van infrastruktuur en die dienslewering.

kragaap ·

So ipv die CEO vervul by Eskom skryf hy toe sy memoirs en maak lekker ekstra geld uit die gesukkel by Eskom wat onder sy toesig drasties vererger het. Toe hardloop hy land uit. Almal weet en stem saam met die bewyse van wanbesteding, korrupsie en politiekery by Eskom. Maar sy optrede en winsbejag maak hom niks beter as die korrupte ANC nie.

Keelvol ·

Die mense hou hulle blind vir die man se foute. Hy het in September laas jaar gesê, dat hy fase 2 permanent wil maak. November laas jaar het hy dit weer beaam, maar die keer met fase 4. Skielik die jaar bedank hy en voordat hy weghol, word beurtkrag nou n permanente ding.

Die uitlatings op die TV onderhoud, die boek, die verswyg en skielike weghol Amerika toe is te gerieflik.

Terwyl hy lekker daar ander kant sit, sit ons met n groter probleem as voor Sy 3 jaar by eskom.

L

kragaap ·

Baie praat min doen. Selfde gewees by Nampak en kyk na verliese wat aandeelhouers nou moet ly……

JohanR ·

Soos met al die ander boeke al geskryf oor ANC vrotes sal niks gebeur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.