De Ruyter nou in Skoor se visier

André de Ruyter. (Foto: ANA)

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gaan ʼn ondersoek doen na “baie ernstige bewerings” teen André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom.

Skoor het Woensdag sy vergadering met Eskom oor uitbreidings en afwykings van die normale verkrygingsprosesse in die 2020-’21-boekjaar by die kragvoorsiener, asook die ondersoeke deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE), opgeskort om regshulp oor die ondersoek na De Ruyter in te win.

Die komitee het verlede week sy vergadering met Eskom – op die versoek van die sukkelende kragvoorsiener – vroeg verdaag en na Woensdag geskuif omdat Eskom nie gereed was om voorleggings oor sekere kwessies op die agenda te doen nie.

“Dit het egter in daardie vergadering, terwyl Skoor die uitbreidings en afwykings hanteer het, aan die lig gekom dat die hoofverkrygingsbeampte van Eskom geskors is,” lui ʼn verklaring van Skoor.

Skoor sê hy het korrespondensie van Solly Tshitangano ontvang wat ʼn “wesenlike uitwerking” het op die sake wat die komitee Woensdag moes bespreek.

“Sommige van die bewerings in [Dinsdag] se brief [van Tshitangano] is al in Februarie verlede jaar onder die aandag van Eskom se raad gebring,” sê Skoor.

“Die komitee sal die baie ernstige bewerings teen die uitvoerende groephoof in die besonder ondersoek, asook verkryging- en kontrakbestuur in die algemeen.”

De Ruyter sal die kans gegun word om op dié bewerings te reageer.

Skoor sê terwyl hy met sy interne kwessies voortgaan, het hy ʼn plig om steeds sy oorsigpligte uit te voer.

Eskom se raad het teruggekap en gesê hy was gereed om met die voorleggings voort te gaan, maar dat Skoor besluit het om nie daarmee voort te gaan nie en eerder Tshitangano se getuienis wou aanhoor.

“Eskom is gereed en beskikbaar om aan die parlement verslag te doen soos wetgewing vereis.”

Die raad sê verkrygingskwessies is lank reeds ʼn “bron van besondere kommer” vir hom en Eskom is vantevore en word steeds by bewerings van staatskaping betrek.

Eskom se raad sê sy verwagte verkrygingsprosesse het nie die besparings opgelewer wat hy verwag het nie en Skoor het al herhaaldelik gehoor dat die raad nie tevrede was dat daar aan die bepalings van die nasionale tesourie oor goeie bestuur voldoen is nie.

“Die raad het dus die uitvoerende bestuur van Eskom, ook vir De Ruyter, aangemoedig en opdrag gegee om besondere aandag te gee aan verkryging om die nodige verandering en besparings teweeg te bring.”

Die raad sê die vordering in hierdie verband was stadiger as wat hy gehoop het, minstens gedeeltelik weens gebrekkige leierskap in die verkrygingsafdeling.

Die raad het ook weer sy steun aan Eskom se bestuurspan toegesê en sê hy het volle vertroue in die maatskappy se interne prosesse, ook wat tugstappe behels.

Hy sê hy glo ʼn billike proses sal ook met Tshitangano se skorsing gevolg word.

Volgens die raad is Eskom se bestuurspan steeds aanspreeklik en glo hy die span voer sy pligte behoorlik uit om Eskom weer na operasionele en finansiële bestendigheid te lei.

“Ongelukkig was daar die afgelope paar weke ʼn hele aantal bewerings in die openbare domein en in die media wat op sigwaarde lyk of dit die interne, operasionele en goeie bestuursprosesse probeer beïnvloed deur druk op instellings buite Eskom te plaas.

“Die bewerings en die meegaande ongevraagde aanvalle op Eskom se bestuurspan kan die aandag aflei van die span se belangrike rol om bedryf- en finansiële stabiliteit te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Dup ·

“Hulle” sal nie rus voor de Ruyter verwyder is nie want hy staan tussen die plunderaars en die geldkas.

Bertus ·

Ja ek stem saam. Die regering was veronderstel om agter hom te staan. Waarvoor was hy dan aangestel of was dit weer net n triek van die beroemte ANC om die wereld se oe van die skandaal Eskom af te haal. Andre het geweet die ANC,EFF en nog ander was onmiddelik gekant teen sy aanstelling. Hy sou verseker hom nie blootstel aan enige wangedrag of korupsie nie want hy het geweet waarvoor hy hom sou inlaat.
Die koruspie vlaag sal nooit uitgewis word in SA nie gewaarborg, teveel geraamtes in baie kaste van die regering.

Nie Verbaas ·

Korrek. Ek het vantevore onder de Ruyter gewerk. Hy is n reguit resultaat gedrewe man. Solly lyk my verstaan nie eers hoe om n relatiewe maklike 4% besparing teiken te implementeer nie of hy het hom doodeenvoudig nie aan de Ruyter gesteur nie.

Mariana ·

Hmmmm daar is lelike slang in die gras en de Ruyter is die een wat moet val…..hoop regtig nie daar steek enige waarheid in nie.

Nie Verbaas ·

Jip, Solly het geen idee hoe om sy pligte uit te boer nie, de Ruyter skors hom en word dan ewe skielik n verdagte in ongeruimdhede om aandag van onbevoegde af te lei. Solly, R238000 vir n hout mop. R28 vir enkellaag toilet rol. R56 vir 2 liter melk. En jy kerm?

Kerneels ·

@&*%!!!! Hulle mors met geld asof dit water is! En Jan Publiek moet net aanhou betaal!

Jack ·

Ai tog, ongerymdhede lei nie tot opgeruimdhede nie. Wat wel op ongeruimdhede volg is opgemorshede.

Elize ·

Geen persoon wat skuldig is aan sulke vergrype mag met handskoene hanteer word nie. Maak ‘n voorbeeld van hom sodat dit kan einde kry!!

Leeuwyfie ·

Kom ek verduidelik hoe die tender proses by eskom gewerk het en hoekom Ruyter aangeval word oor hy die geldkoei probeer stuit.
Jannie, Moses, Chan en Thabo gee tenders aan eskom.
Jannie vra R300 000
Moses vra R200 000
Chan vra R100 000
Thabo vra R400 000, maar hy laat Chan die werk doen en hy en eskom pocket die res.
Dis ook hoe dit werk by die munisipaliteite ook.
Ek vra dat enige joernalis, wat sy sout werd is, om video te maak oor die prosesse in die munisipaliteite en dit dan aan die wêreld bekend te maak.
Die munisipaliteit het ons maatskappy gevra vir ‘n kwotasie. Ons het dit nie gekry nie. Die maatskappy wat die tender gekry het het ons gebel om die werk te doen. Dis hoe korrupsie in Suid Afrika werk.

Magda ·

JA neejy is te WIT Mnr Ruyter en staan soos n doring in hulle pad om verder te plunder. Sterkte hoop jou ondersoek sal regverdig geskied.

Marius ·

Skoor soek skoor waar daar niks is nie . de Ruyter is daar om te bly en die plek reg te ruk wat die kaders verwoes het .

Bolander ·

Wat vir sommige mense jare gevat het om so af te breek sodat niemand dit weer in ‘n jaar kan reg kry nie, maak nou van André de Ruyter ‘n swak leier omdat hy nie bespaar nie. Wat maak dit dan van die politieke figure aan bewind wat blykbaar geen pogings kan aanwend om ons land reg te ruk nie en steeds meer en meer geld verkwis?

MakersMark ·

Wil hom verwyder om verder aan die Eskom karkas te aas.

Chris dupreez ·

Tsitangano is geskors omdat hy nie n 4 persent besparing kon bring en omdat hy uitgevang is om R28 vir een rol enkellaag toilet papier te betaal, asook kneepads aankoop van R80 000 n stel waar dit by Builders nie eers R80 n stel kos nie ens.ens.ens. Nou is de Ruiter die vlieg in die salf oor hy die skelm geskors het.

gatgogga ·

De Ruyter gaan in elk geval nooit die samewerking van die Eskom rampokkers kry nie.

Jaco ·

Ek weet nie wat de Ruyter nou juis verkeerd gedoen het nie, want hy sit maar net daar en doen niks. Hy is basies ‘n “window dresser”, wat ‘n beeld na buite moet skep dat daar nog hoë aanstellings in SA is waar net meriete tel en nie ras nie. In werklikheid is ander magte in die ANC egter in beheer van eskom. As de Ruyter soveel sou doen soos net ‘n klein opdrag gee dat teetyd vanaf 11uur na 10.30 vervroeg word, kan hy van rassisme aangekla word.

Johann ·

So ek neem aan ons kan dieselfde passie volle vervolging van ander verwag na aanleiding van medie berigte en EEN suur druiwe onbevoegde vergryper wat gefire word? Oooops…askuus. Dit gaan mos hier oor velkleur en iemand wat vergrype en wanbestuur stop?

Danie ·

En daar word die raskaart weereens gespeel. As jy wit is en jy is n pos waar hulle onder jou werk dan sal jy dit altyd kry. Witman maak vrede jy is n rassis in hul oe en klaar of jy veg of maak vrede. Jou keuse ons kan heeldag op die kantlyn sit en blaas en geraas maak of ons moet op die veld gaan en die spel speel verdedig tot ons wen of verloor dit is ons voorland.

Alet ·

Maak ‘n einde aan alle SOE’s. Privatiseer. Dis net ‘n melkkoei vir die ANC om hulle aan te vergryp en ons moet bakstaan om die spene vol melk te hou.

Jack ·

Hou goeie moed. Soos die ANC aangaan sal daar binnekort nie meer geld wees om te vermors nie. Die staatsondernemings sal een na die ander vou. SAL is reeds teen die grond (letterlik en figuurlik) en di ander nie ver agter nie. ‘n Huis wat op sand (onreg en korrupsie) gebou is kan nie staande bly nie.

Hennie ·

Speel die raskaart as niks meer werk nie. Hy is die eerste persoon in baie jare wat werklik probeer om die stinkende skip om te draai.

agnes ·

Los vir de Ruyter uit, Hy is al een wat Eskom nog kan red. Ons het meer van de Ruyter se kaliber nodig om Eskom weer op die been te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.