De Ruyter onskuldig – advokaat

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Argieffoto)

Eskom se raad het Woensdag gesê die bewerings van rassisme teen die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter, is “snert” en dat daar nie plek vir die misbruik van die “rassekaart” by Eskom is nie.

Dít volg nadat die senior advokaat Ishmael Semenya ná afloop van sy onafhanklike ondersoek bevind het dat dié aantygings teen De Ruyter ongegrond is.

Maroela Media het berig dat Semenya in April vanjaar deur Eskom se direksie aangestel is om ’n onafhanklike ondersoek na dié bewerings van stapel te stuur en sy bevindinge en aanbevelings so gou moontlik bekend te maak.

Die aantygings is deur Eskom se afgedankte hoofverkrygingsbeampte Solly Tshitangano gemaak.

Benewens die bewerings van rassisme is De Ruyter ook onder meer deur Tshitangano van magsmisbruik, swak bestuur, onreëlmatige aanstellings en onwettige verkryging beskuldig.

Luidens Eskom se verklaring kon Semenya egter geen gronde vir enige van dié aantygings teen De Ruyter vind nie. Hy het ook bevind dat niemand in Eskom aan wangedrag skuldig is nie en gesê dat hy geen aanbevelings in dié verband gaan maak nie.

“Die raad het adv. Semenya se bevindings bestudeer en geensins gehuiwer om dit in sy geheel te aanvaar nie.

“Ons is diep bekommerd oor ’n patroon wat ontstaan wanneer werknemers skuldig bevind word aan swak prestasie of wandissipline, naamlik dat daar ’n geneigdheid is om uitspattige, ongegronde aantygings in die openbaar te maak wat Eskom en sy bestuur in die skande steek.”

Eskom sê voorts hy is spyt oor die mors van belastingbetalers se tyd, geld en hulpbronne weens sulke onverantwoordelike gedrag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

henndrik ·

Ek hoop daar gaan siviele aksie wees, as daar nie gevolge vir sulke optrede is nie (en afdanking is nie genoeg nie) gaan dit nooit ophou nie

Anoniem ·

Die plunderaars sal nie ophou met vals bewerings nie, want hy staan in hulle pad na rykdom.

Bertie ·

André moet vir Solly aankla van naamskending en ‘n siviele eis teen hom indien. Dis al hoe sulke valse aanklagte gaan stop. Dis tyd dat die plunderaars en leuenaars aan die pen ry.

Hendrik Marthinus ·

Ekt nog nooit getwyfel dat hy on skuldig is nie maar hy kry niks reg nie
Ons kry Meer loadshedding as ooit van dat hy in beheer is
Net soos Enige span sport, die manager speel nie in die game nie
Maar as span swak vertoon is die manager die eerste een wat verantwoordelik moet vat en loop
Julle wat se hy is so goed, verduidelik my wat hy so goed doen, vir my gaan dit oor ligte wat moet brand
Soos persheks adri se pffft dus koud en ons betaal vir ligte wat moet brand

OW ·

Jy moet onthou dat hy jare se onbevoegtheid,korrupsie,wanadministrasie,kader ontplooing,swak instandhouding,noem maar op geêrf het.Dit is geen maklike taak nie en ek dink hy doen uitstekend onder omstandighede.

E ·

Ek stem met OW. En dan moet De Ruyter nog aanklagte van rasissme beveg. As ek hy was sou ek nie eers ooit oorweeg het om die pos te vat nie. Almal is teen jou en almal gaan jou hel gee. Jy kan byna niemand vertrou nie en jy het hemel hoe stress.

tweeling ·

Daar is ‘n sêding: “for evil to prevail good people has to stand back” dit is wat sal gebeur as ouens soos de Ruyter nie inspring nie.. so ek is 100% agter hom en bid dat hy nie sal opgee nie.

Hendrik Marthinus ·

Presies
Hy moes geweet het dit staar hom in die gesig
Hy kan nie agter dit skuil nie, en ek se nie hy doen
Ons almal sit in stres volle werke en as ons nie produce nie, guest what happens?
Hy moes Dan van dag een af gese het, as ek werk vat elke dag loadshedding vir 10 jaar, maar ek Dink hy n prentjie geskilder wat hy nou nie Meer Kan onthou hoe dit gelyk het nie

Hendrik Marthinus ·

Point taken OW
Ek voel net hy AL amper 1 en n halwe jaar aan die stuur
Wat ek probeer se is, elke dag geskied services, teen die tyd moes seer sekerlik al genoeg onderhoude gedoen is dat ons ten minste al met konstante krag voorsien word

pompies ·

Hendrik miskien moet jy bietjie wyer kyk as jou nuus bron, Mnr De Ruyter het alreeds so om en by 7miljard rand gespaar by eskom. Nou verduidelik jy vir ons hoe moet hy n dertig jare plus masjien wat nooit behoorlik onderhou was nie kry om soos n splinter nuwe een te werk en aan te hou werk. Die nuwe masjiene is ook swak van gehalte so nie veel kan van die sjinese make verwag word nie, die nuus is vol van die korrupsie vlugtelinge wat baie geld vir min of geen diens betaal is by eskom maar jy verwag 100% van hom, kom aan man.

Hendrik Marthinus ·

Pompies
Hy moet nie geld terug kry nie, daar is Ander wat dit moet doen
Hy moet krag gee, hy service al vir hoe lank, in die tyd kon hy AL vir elke provinsie krag stasies gebou het
Eskom moet krag gee niks Anders nie, dus waarvoor ek en jy betaal
Nie die politiek agter die skerms nie, dus niks met ons uit te waai nie, en ongelukkig doen dit en dit is verkeerd

My Mening ·

Ek dink dis nogals onregverdig van enige van ons om van die kantlyn af kritiek te lewer as ons nie weet wat agter die skerms gebeur nie. Ek is wel ook seker dat die dag toe Mnr de Ruyter die pos aanvaar het, hy wel bewus was van die kritiek wat hy van alle oorde sal kry.
Daar sal mos altyd mense wees wat dink hulle kan beter doen. Maar soos hulle altyd sê elke sport het sy besering!!

Mrs H ·

As Mnr De Reyter nie nou daar was nie – het Suid Afrika nou Blackouts beleef. Wonder wat sou jy dan se?

Andries ·

Dit is die vorige Ceo’s wat bemagtiging toegepas het en mense ver bo hul kwalifikasies en breinvermoee aangestel het in sleutel posisies. Hy is stadig maar seker om van die EE’s ontslae te raak.

boerie ·

” Eskom sê voorts hy is spyt oor die mors van belastingbetalers se tyd, geld en hulpbronne weens sulke onverantwoordelike gedrag. ” Ons as belasting betalers dring daarop aan dat die koste van hom verhaal word.

Althes ·

Die rassekaart wat so gulsig gebruik word om opsetlik onskuldige mense se loopbane te kelder, is uitgedien. Andre de Ruyter moet nou ñ klag van naamskendinhg maak teen die betrokke party.
Ek glo Andre de Ruyter het geweet hy gaan ñ wipwa rit by Eskom hê. Sterkte, ons syaan agter jou.

Hendrik Marthinus ·

So jy is al te Bly om in donkerte te leef, terwyl jy betaal vir n diens wat jou krag moet gee
Luister na jouself
Almal stem saam dat hy on skuldig is, ek stem saam, hy kan in Sy privaat hoedanigheid die Solly man aanvat
Maar waar stop die verantwoordelik van Eskom aan Sy kliente, om aan SA krag te voorsien
My vriend dit stop by Andre de Reyter
Hetsy Hulle hom aspris saboteer of nie dit stop by hom
Hy voorsien nie krag nie punt, en dit maak hom n onsuksesvolle CEO punt

jzjz05 ·

As jy n land wil herstel wat vol onkruit gegooi is moat jy eers die onkruit uit kry dan kan jy beter oeste verwag en en dit vat tyd, gee vir DE Ruiter kaans hy is besig op twee fronte ,die wat kwaat is vir die donkerte en die ander oor hy op hulle toonne trap om hul werk te doen ,PUNT.

Michal ·

“Ons is diep bekommerd oor ’n patroon wat ontstaan wanneer werknemers skuldig bevind word aan swak prestasie of wandissipline, naamlik dat daar ’n geneigdheid is om uitspattige, ongegronde aantygings in die openbaar te maak wat Eskom en sy bestuur in die skande steek.”,
ahhh duh, moet asseblief nie die woord, bekommerd, gebruik nie, dit verklap julle UK, dit gaan elke liewe keer gebeur. Hierdie kaart game gaan nog lank wees, al die, cadré deployment, moet stelsel matig uitgewerk word. Net een probleem, De Ruyter gaan nie lank genoeg daar wees om die kaart game klaar te maak nie.

Sambok ·

Ons wil niks hoor nie ,doen jou werk en hou die krag aan of vat die pad-ga!!

Hendrik Marthinus ·

Sambok
Lyk my ek en jy is die enigste wat verstaan wat Eskom se primere taak is
Mense skaar agter iemand wat nie aan ons diens gee nie
Maar as Cele vaal is almal se woorde vat die pad
Net soos De Reyter agter die skerms probleme kry so kry minister Cele, maar niemand se niks daaroor nie
Ek stem met jou mnr, de Reyter se enigste taak is om ons krag te gee 24 uur n dag
En hy doen nie PUNT

Nie Verbaas ·

Hulle moet n oordentlike voorbeeld van Solly maak en hom tronkstraf gee. Miskien dien dit as voorbeeld vir ander.

Anthony ·

Ek weet daar is baie om te doen en ” skoon te maak” maar ek moet bieg ek het gehoop dit sal beter gaan as wat dit tans gaan met die loadshedding……ANYWAY……wat nou van ou liegbek Solly…stap hy net weg?

Mieke ·

Ek wonder of daar nie heelwat sabotasie is net om de Ruyter se naam sleg te maak….

Hendrik Marthinus ·

Dankie Anthony
Service moet hy doen, maar krag moet ons kry en ons kry nie
Hy AL lank in die Job, lyk my maroela lesers Sal hom 20 jaar kans gee, en Steeds tevrede wees met elke 2de dag se loadshedding
Maar as iemand Anders in die stoel was en loadshedding Kom Dan eis Hulle Sy kop
Lyk my De Reyter moet n politieke party oopmaak hy Sal beslis dalk die opposisie word
Noem sommer Sy party No Power

marius ·

Wat was die totaal van die regskoste ? Verklaar dit aan die mense wat leeg gesuig word !

Aikie ·

Die totaal van die regskoste moet van die liegbek terug geëis word. Dit sal hulle twee keer laat dink voor hulle weer die klas van twak kwyt raak.
Dit is soos om voor die hof te lieg, met ander woorde, meineed.

Ian ·

Verhaal die kostes van die afgedankte persoon se pensioen. Slaan hom waar dit seer maak. ANC reel boek gevolg. Lieg en pak die skuld op iemand anders.

DIABLO ·

Dit is goed om te sien dat Eskom agter hom staan. Mense, onthou net dat hierdie man maar onlangs eers op hierdie (behoorlik geplunderde) skip geklim het. Hoe groter die skip, hoe langer die draai. Kom ons gee hom n kans.

pompies ·

Ek sou voorstel dat Solly vir die ondersoek uit sy pension geld betaal, dit sal miskien n les vir die volgende een wees wat vals aantuigings maak.

Estelle ·

Ek bid elke dag vir hierdie Andre en vir Jan Oberholzer, al ken ek hul nie. Ek glo slegs gebed kan hul beskerm. Slegs gebed kan ons land en ons volk red op hierdie stadium.

Jakes ·

Solly moet aangeklae word vir sy leuens. En die vakbonde wat n 15% verhoging by Eskom eis moet die pad vat.

Hendrik ·

By die huis pla Eskom nie want ek voluit af van die Eskom netwerk maar die SA ekonomie kan net nie sonder krag. Ek hoop besighede gaan voluit alternatiewe krag en daar moet net eenvoudig weggekom word van Eskom. Die oorgangsperiode gaan moeilik wees maar dit kan net werkskepping verhoog.

SjN ·

Toe ontplof die raskaart in Solly se gesig, hul is baie lief vir kaartspel , gedink hy trek n Joker, toe is dit n Ace. Looi hom met naamskending ens.

Wielspore ·

André de Ruyter, jy het ons trots gemaak, gaan voort met jou goeie werk!

Toy ·

Dagvaar hulle. Dit sal moet stop iewers dit kan nie so aangaan nie.

Genis ·

Hou op met die aantuigings en gee ons opregte duur betalers stabiele bekostigbare krag? Is dit so moeilik?

gatgogga ·

Die enigste mense wat nog aandag gee aan die rassekaart, is die TV media, wat ‘n oorval kry wanneer hulle rasse aangeleenthede kan oordryf. Die media, en Ramaphosa. By ons gewone mense is dit nou al so afgesaag, want ons weet dit is maar net ‘n politieke straregie om verdeeldheid aan te blaas.

Di ·

Ek haal my hoed af vir Andre de Ruyter – Dit gaan ‘n wonderwerk verg om al die gemors wat jare aangejaag is te probeer reg stel. Dink daar is nog vele bestuurders in Eskom wat nog uitgevang gaan word, hulle is volop. Wil in bestuursposte sit maar is onbevoeg om die werk te verrig, net daar om ‘n salaris tjek te ontvang. Hoop die res wat ook skuldig is aan korrupsie en swak prestasies word vinnig gepos dan sal dinge beter word in Eskom. Raak ook nou al moeg vir die “rassekaart” wat oral uitpop,

JJB ·

Die Fariseërs sit André ook maar eers deur die trauma van ‘n ongegronde ondersoek voor hulle hom uiters dapper onskuldig verklaar… Hoe vertrou jy weer so ‘n Raad?

Henk ·

Desnieteenstaande publiseer City Press vanaoggend op Twitter ‘n skakel na ‘n berig waarin die klaer uitgemaak word as ‘n held wat onreëlmatige tenders blootgelê het. Ek hoop werklik iemand gaan hulle ook bietjie in die bek ruk

Vonkprop ·

Hulle moet die regskostes van Solly eis en dan van die geld ‘n afdakkie bou vir die steenkool wat so gereeld nat word.

TO ·

Mnr De Ruyter eks so trots op jou. Hulle wil jou, omdat jy eerlik is, so graag uitmaak aan skelm, ek hoop jy neem die nodige stappe teen die korrupte skelms. As ek dink hoeveel beurt krag daar was en hoeveel daar nou is doen jy ‘n baie goeie werk. Nou so voort

TO ·

Trots op jou mnr de Ruyter. Hulle wat plunder en hulleself verryk wil jou so graag skuldig sien. Na mening doen jy goeie werk, as ek dink hoeveel beurtkrag daar was. Ek bid vir jou en hoop jy sal hierdie mense aan die pen laat ry, vat hulle geld deur ‘n siviele saak en hulle monde sal snoer.

Magda G ·

Eskom raad asook die ondersoeker dankie vir julle regverdige besluit teen mnr De Ruyter.
Hoekom altyd die rassrkaart speel met afdanking

Herman L ·

Dit is onaanvaarbaar dat vals aantygings lei tot groot koste vir belastingbetalers en dan is daar geen gevolge vir die persoon wat die vals aantygings maak nie. Dit behoort ‘n strafregtelike oortreding te wees om ernstiige ongegronde aantygings te maak.

Jr ·

Oh hete jou bluff met jou ras kaart “Die Ace of Apartheid” het nie gewerk nie ou Solly. Jy moet nou siviel aangekla word. Miskien moet jy jou “vet kans poker gesig oefen. Want jou bluff of blatante lieg is deur gesien. Try nou die koloniale bluff of appeleer tot in die hoogste hof

Klipkop ·

Rassismekaart is dikwels ‘n lisensie vir swart misdadigers om weg te kom met moord. Dankie tog vir eerbare swartmense wat nie meegesleep word in hierdie dodelike spel nie.

anniekiewiet ·

Die paar mense hier wat mnr De Ruyter nog verder beskuldig moet ook sê hoe hulle die sinkende skip gouer sal kan red en herstel. As eskom die Rmiljarde geïn het wat van oral geskuld word, sou dit sy taak baie makliker gemaak het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.