De Ruyter vir rassisme ondersoek

André de Ruyter. (Foto: ANA)

Eskom gaan sy uitvoerende hoof, André de Ruyter, vir bewerings van rassisme ondersoek.

Luidens berigte probeer De Ruyter van swart verskaffers ontslae te raak, ten gunste van wit ondernemings.

“Die bewerings berokken nie net Eskom se goeie naam skade nie; dit hou ook ʼn gevaar in om die aandag af te lei van veral die uitvoerende span en die uitvoerende groephoof [De Ruyter] se belangrike taak om Eskom weer na bedryf- en finansiële bestendigheid te lei,” het Sikonathi Mantshantsha, Eskom se woordvoerder, gesê.

Die raad gaan ʼn onafhanklike senior advokaat aanstel om die ondersoek te lei. Die persoon sal by magte wees om ʼn onderhoud te doen met enigiemand wat kan help in die ondersoek, sal enige bewyse kan oorweeg en sal na afloop van die ondersoek aanbevelings aan die raad doen.

“Die raad is eenparig in sy standpunt teen rassisme en seksisme en is ten gunste van transformasie en gelyke indiensneming. Terselfdertyd het die raad die uitvoerende bestuur opdrag gegee om ʼn hoëprestasiekultuur te vestig om Eskom so gou as moontlik om te keer,” het Mantshantsha gesê.

Die raad het enigiemand wat te nagekom voel oor rassistiese of seksistiese gedrag gevra om van Eskom se interne grieweproses gebruik te maak. Hy sê dit sal verseker dat griewe behoorlik ondersoek word en indien daar meriete in is, tot tugstappe in ooreenstemming met arbeidswetgewing sal lei.

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) het verlede week ook aangekondig hy gaan ʼn ondersoek doen na “baie ernstige bewerings” teen De Ruyter. Dít nadat Solly Tshitangano, Eskom se nou geskorste hoofverkrygingsbeampte, sekere bewerings teen De Ruyter en ander senior Eskom-amptenare in ʼn brief aan die komitee gemaak het.

Skoor het hierdie bewerings hanteer, hoewel die vergadering veronderstel was om oor kwessies oor uitbreidings en afwykings by die kragvoorsiener te vergader.

De Ruyter is in Januarie verlede jaar as uitvoerende hoof by die beleërde kragvoorsiener aangestel. Hy was voorheen onder meer die uitvoerende hoof van die verpakkingsmaatskappy Nampak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Misky ·

Hy weet wat is nodig om van Eskom `n sukses te maak: Mense wat opgelei is en weet wat hulle doen

Gert ·

Net ‘n kwessie van tyd dan het hulle AdR uitgewerk. As jy iemand aanvat oor wanprestasies, dan skreeu hy net rassisme en dan rol jou kop. Hartseer verby.

fs ·

kom ons hoop van harte dat Andre nie skrik vir koue pampoen… wie beweer moet bewys en hy is ‘n uitgeslape kalant…. hy LAAT koppe rol met die nodige bewyse in plek…

MakersMark ·

Gewoonlik die grootste rassiste wat eerste “rassis” skree.

Nie Verbaas ·

Dit is die enigste troefkaart wat hulle het om totale onbevoegdheid te probeer verbloem.

Michal ·

Ons moet seker maar onthou dat daar n groep mense is wat nie rassisties kan wees nie, ooit nie

Chris dupreez ·

Ag alweer die rassisme kaart wat uitgehaal word omdat kriminele uitgevang is.

Aikie ·

Dis heeltemaal reg, want “apartheid” is mos nou ‘n dooie perd. Hulle kan hom nie meer slaan nie, nou moet iets anders teen ons gebruik word.

Gert K ·

Lekker gelag toe ek lees Eskom het ‘n goeie naam! Het ‘n goeie naam gehad en kan seker weer verbeter as hulle die man los dat hy sy werk kan doen.

Fae Fubar ·

Word hy nou eers beskuldig? Ek het dit al verwag toe hy links en regs slapgat bestuurders begin aantree het.

Drikus ·

Hy is besig om op tone te trap, en dit is nou die tee-reaksie

Hoekom ·

Dit is nie rassisme nie, dit is goeie besigheid.

Die boer wat vermoor is, dit is rassisme…

Natasha67 ·

Enige persoon wat verskil van ‘n swart persoon of mpy, is ‘n rassis. André is van die begin af gekritiseer omdat hy wit is. Nou word kamstige “ernstige bewerings” teen hom ondersoek. Ek en André het saam klasgedraf op Tukkies in die 80’s, en daar was nie ‘n oomblik van rassisme of seksisme by hom nie. Hy’s een vd eerlikste mense wat ek ken.

Joe Olivier ·

Maar dan moet elke bee maatskappy ook ondersoek word. Hulle doen dan presies dieselfde, net in ‘n ander rigting. Nou “backfire” hulle rassisme in hulle gesigte.

Johan ·

Wanneer hulle aangevat word oor hul onvermoë en oortreding van die reël, is die eerste stap “viktimisering”. Dan volg “rasisme”. Het dit al soveel kere beleef in Denel. Weet nie waarom witmense hul self nog so blootstel aan swartes se vernedering nie. Los hulle, alles is reeds binne in hul maai in. Net ‘n kwessie van tyd, dan sink die hele land en al sy mense in die Afrika-graf van selfvernietiging is.

Jessey ·

Lekker het ek nou gelag “Eskom se goeie naam”, julle is ‘n regte klomp Narre. Eskom het al jare nie meer ‘n goeie naam nie. Hoekom – Wanbestuur en Nepotisme, dis een groot “MoneyCow” vir wie ookal sy handjie daar wil sit.

Ek glo Andre de Ruyter moes seker maar met die ogies wawyd oop ingegaan het, want daar is geen manier dat iemand op daai vlak nie kan besef dat hierdie aanklagte een of ander tyd sy draai sou kom maak nie.

Dis “baie ernstige bewerings” Siestog, die hoof verkrygings beampte kan waarskynlik nie meer geld onder die tafel verkry nie, en nou is almal baie omgekrap daaroor. Hy het seker uitgesien na sy 16% verhoging en toe gebeur dit nie.

Jacobus ·

Weereens ‘n bewys dat die goeie bewaker van publieke eiendom ‘n onding is in die oë van ‘n groot gros van ons landsburgers. Die geld moet oop en bloot in die trog wees – anders is dit rassisme. Ondersteuners van megakriminele wat by hofverskynings opdaag is ‘n klinkklare bewys.
Mr de Ruyter jou pogings is eerbaar – die klagtes van plunderaars bewys die krake in ons regstelsel.

Jakes ·

Sodra iemand van onbevoegdheid beskuldig word dan is hy n rassis. Dis eintlik lagwekkend dat die ANC heeltyd die raskaart uithaal. Onbevoegdheid in meeste staatsdepartemente is die hoofoorsaak waarom SA in hierdie penarie sit. Hierdie gedrag wat n kenmerk in ons samelewing sedert 1994 geword het sal nog die ondergang van n land beteken wat sterk oppad is om n mislukte staat te word.

Johann ·

Ja hy hou nou al lank daar, hoog tyd hy verdag gemaak word. Mens kan ook nou nie dink dat daar dalk iemand meer effektief kan wees as SEB maatskappye wat net swart byvoeg as waarde vermeerdering nie.

Suzette ·

As jy van iemand ontslae wil raak – speel die rassisme kaart – maak nie saak of jy onskuldig is nie, jy word onmiddellik skuldig bevind.

Deon ·

As ek mnr de Ruyter was sal ek wag tot die saak afgehandel is, skuldig of nie, dan sal ek my tassie vat en loop…. Hierdie lot gaan hom onnodige bekommernisse gee wat sy gesondheid kan beinvloed, sy naam in gedrang gebring moontlike aanslae op sy lewe en wat nog alles, gaan spandeer jou talente op n plek wat dit waardeer….. Ek gebruik glad nie eskom nie maar kan reeds n verskil sien en verstaan hoe onderhoud werk… Ek glo hulle doen die regte dinge nou om eksdom te red

tweeling ·

So jy wil hê dat daar nie ‘n moontlikheid is dat eskom reggeruk kan word deur de Ruyter nie. Nee dankie ek wil hê hy moet daar bly. Hy het werk etiek wat jy nie maklik gaan kry nie. Hoekom dink jy het Nampak so groot geword?

Natasha ·

Eskom se goeie naam? (Nou lag ek lekker) Dis oor die man besig is om Eskom reg te ruk dat hulle hom so vervolg en jag. Hoe durf hy Eskom probeer verbeter, want sonder loadshedding het die regering nie genoeg beheer nie.

Wielspore ·

Dit is algemeen bekend as jy werkers begin verantwoordelik hou vir die uitvoering van hulle pligte en hulle kan nie hulle pligte nakom waarvoor hulle aangestel en betaal word, word die rassisme kaart gespeel.

louis ·

Wanneer n wit man n swarte op die vingers tik dan is dit rassisme , die land is verdoem!!

Sakkie ·

Wat ń hoop trash !!!!! Die grootste resisted kla hom nou aan !!!

Fedup ·

Blah blah, racism, tantrums.
Excom is a broken toy.
De ruyter was used as a pawn.
Give the toy back to the anc and resign.
That will be your only scapegoat.

Tersia ·

En as Cyril prontuit se net swart besighede wat sukkel as gevolg van Covid 19 gaan deur die regering finansieel bygestaan word, dan is dit nie rassisme nie? Ag tsek man!!!!

Sandra ·

Geen wonder SA staan bo-aan die lys as mees korrupte land nie.

Cathaldus ·

Dalk moet al die wit maatskappye wat deur rassistiese gedrag te nagekom is die interne griewe proses gebruik sodat ons kan sien hoe goed hierdie proses werk. Ek is nuuskierig om te sien hoe hierdie griewe onder die arbeidswetgewing benader gaan word.

Annelise ·

Skies ek lag, kon nie verder kom as “Die bewerings berokken nie net Eskom se goeie naam skade nie”. Wanneer laas het Eskom ‘n goeie naam gehad!

Pieter ·

Meeste rasiste in S.A is ‘anc en eff comrads’. Almal verder kan goed saam leef en verstaan as skelms n skelm is en van ontslae moet raak- behalwe anc en eff.

Kerneels ·

1. Ek hoop hy word onskuldig bevind.

2. Ek hoop die ondersoek ontbloot die korrupsie van die hoofverkrygingsbeampte verder.

3. Ek hoop dat De Ruyter die hoofverkrygingsbeampte aankla vir die valse beskuldigings van rassisme (soos die twee manlike polisielede wat onlangs skuldig bevind is nadat hulle Lt Col Annemarie Oosthuizen ook valslik van rassisme beskuldig het.)

Sylvia ·

Hy is ‘n Hollander – die mees nie-rassistiese nasie, mag dalk ‘n kulturis wees maarnie rassis nie

Tino ·

Wil vir my voorkom asof AdR se vergoeding nie al hierdie gemors, stress en pogings tot ondermyding, die moeite werd kan wees nie.

Genis ·

Watter goeie naam? Eiskom dalk? Tweedens sodra jy n swart person of swart maatskapy aanspreek vir wangedrag, of verkeend doen… Dan is jy n rassis… shame seker baie sleg om met n slefbeeld probleem te leef

henndrik ·

Die mense wat nie meer kan skep nie wil hom weg he, op die manier gaan niks vooruit gaan nie

Boer ·

Dit is wat die hele land onder kry die BBBEE. Hy traai nog reg maak wat Brain Molefe op gevoeter het.

Pikkie ·

Dit is duidelik ”DIE REGERING SE STRATEGIE OM BLANKE PERSONE WAT AANSTELLING KRY IN N’ STAATS-SEKTORE TE VERWYS NA RASSISME!! NOU MY VRAAG IS ????!!!!! MOET ALLE SENIOR POSTE DAN NET SWART MENSE WEES!! NOU WIE IS NOU EINTLIK RASSISTIES IN HIERDIE SITUASIE!! DIE ANC REGERING MOET WAKKER SKRIK EN DIE ONGESKOOLDE EN FAMILIE CRONIES UIT SENIOR POSTE HOU!! SODAT DIE LAND UIT DIE ”GAT KAN KLIM WAARIN HY HOMSELF BEVIND A.G.V RASSIME EN FAMILIE EN CRONIES IN POSTE AANSTEL WAT EENS BEHOORLIK KAN SPEL OF PRAAT NIE. VIVA AFRI-FORUM VIVA SUID-AFRIKA!! CHEERS.

fs ·

ek is 3 keer op 1 dag((Vrydag) by ‘n Eskom voertuig verby wat in die veld gestaan het waar kabels reggemaak word….ongeveer 9uur am, toe weer 1uur am en toe weer net na 2nm…… die twee insittendes het heerlik gesit en slaap met hul voete by die vensters uit… die 3 werkers het onder die boom gelê… sowaar die heel dag…. daar was GEEN werk gedoen en hul het presies gesit en lê waar hul was elke keer as ek daar verby ry….. nou wonder ek maar net…. word hul betaal om te slaap? Sou die werk dalk in 2 ure gedoen kon wees en hul het heel dag daar gesit / gelê? …..en dan wil hul vir Andre ondersoek…… rerig!!!!

Pieter ·

Meeste rasiste in S.A is ‘anc en eff comrads’. Almal verder kan goed saam leef en verstaan as skelms n skelm is en van ontslae moet raak- behalwe anc en eff.

Pieter ·

So jy stel ‘n persoon aan om ‘n sukkelende maatskappy te probeer red. Om drastiese stappe te neem om jare se probleme wat diep binne die kultuur en fondasie van die maatskappy reg te maak. Maar die persoon mag slegs hande vas hou, paai, mooi praat en gebruik maak van voorgeskrewe reels wat duidelik nie die maatsakappy sal bevoordeel of vinnig omdraai nie. So kom ons stel nog ‘n raad aan om sommer nou ons nuwe aanstelling ook te probeer bestuur. Nee waaragtig, so kan en sal niks vinnig verbeter nie…

Maar trots sal ons dan wees want in hierdie verhaal / berig vind ek ‘n duidelike verwanskap met rasisme, eerlikheid en opregtheid. En so verloor dit betekenis want dit word misbruik vir allerhande nonsens.

Adri ·

Eskom sit waar hy sit a.g.v. transformasie, maar hulle wil dit steeds afdwing.

MAGRIETHA ·

De ruyter is te verantwoordellik sal nie so iets aanvang nie hyt skoon en goeie rekords by sasol en nampak hy besig om eskom reg te ruk maar nou word hy beskuldig as hy moet by eskom pad gee dans dit koe baai eskom koebaai ekonomie wat nog oor is , en ja as sekere persone in die moeilikheid is dan speel hul die ras kaart , maintanance by eskom masjienerie is nie maklik nie dis nie in enige persoon se broek om herstel werk op dit te doen nie , so sterkte mnr de ruyter

SwartBees ·

Hy is wit en dit maak hom MOS n rassis….net soos die res van ons wittes.

Herms ·

Die nasie is werklik lagwekkend. How stupid can you be. “Die bewerings berokken nie net Eskom se goeie naam skade nie”. Watse goeie naam?????

Hoopvol ·

Goeie naam… Ek hoop werklik dat Eskom eendag weer ‘n goeie naam sal hê, maar vir nou is dit net ‘n droom. Ek bid dat die pogings tot her-opbou sal slaag, en dat die oneffektiwiteit en korrupsie uitgeroei sal word. My indruk is dat die Ruiter besig is met die regte stappe, en dat hierdie aantygings kwaadwillig is!

Die Goodwoodianer ·

Suur druiwe en sensasie. Die man probeer júís nou om sake reg te ruk deur die regte mense in te kry wat bekwaam is en wat nie tenderpreneurs / korrup is nie.

Daarom dan die aanvalle. Hy probeer skade-bestuur handhaaf en die vrot uitsny. En sy velkleur is die strooi op die kameel se rug.

Samuel ·

So, rassisme is die enigste kaart wat hulle kan speel teen De Ruyter??

Althes ·

Die rassekaart word holrug en vuil gespeel om van toegewyde personeel ontslae te raak.
Dit was net ñ kwessie van tyd.

giel ·

Ek het van die begin af geweet hy gaan nie lank hou nie,hy loop n te reguit paadjie.

Kokerboom ·

Solidariteit dis nou tyd dat ons ernstig ‘n alternatiewe energieplan van stapel stuur om alle Blankes en ander Afrikaanssprekendes totaal onafhanklik van Eskom te maak

Alet ·

Verwydering van korrupte besighede is die stelling nader aan die waarheid. Want tjommas kan nou nie meer sakke volstop nie.

Piet ·

“Eskom se goeie naam” My maagspiere is nou seer gelag!!!!!

Gert ·

Goed gedoen ADR jy is besig om die pot te roer en die vrot kom op dis hoekom die jafels jou wil uit hê

SjN ·

daar is seker nie meer Tjo tjo geld betaalbaar nie, nou speel hul die kaart.

Michal ·

Wat het julle verwag gaan gebeur, die rassisme kaart, ANC politics 101, kom man outjies, julle het al hierdie movie gekyk. Eskom se goeie naam, moet ons lag of huil

Karpraat ·

Ek is verbaas dit het so lank geneem voordat hulle hom wil uitwerk.

Lian ·

Ai, ons is regtig moeg vir die raskaart wat net deur een kant gespeel word wanner hulle uitgevang is. Mag ons nie die raskaart speel oor BEE , ens nie ? Nee, want nou is dit ‘n “regstelling “ Wat van markkragte wat net geld sien nie velkleur nie ? Nee, want dan word die onbevoegdes uitgewys . OOPS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.