De Wildt-‘plaasaanvallers’ ontsnap glo

Argieffoto: www.sa-transport.co.za

Argieffoto: www.sa-transport.co.za

Twee van die drie verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle die egpaar Hannes (77) en Annetjie (74) van der Merwe verlede jaar op hul plaas in die De Wildt-omgewing in Noordwes aangeval het, het Vrydag glo uit ʼn bewegende polisievangwa ontsnap.

Altesaam vier verdagtes het uit die polisievangwa, wat verhoorafwagtendes vanaf die Mogwase Sentraal-gevangenis na die Brits-landdroshof in die Noordwes vervoer het, ontsnap. Die ontsnaptes is geïdentifiseer as Chris Sithole (24), Alfonzo Mpofu (25), Gibson Msimango (25) en Ontse Lebese (27). Sithole, Mpofu, Msimango is almal van Zimbabwe en Lebese is van Ga-Rankuwa in Pretoria.

Lebese en Msimango is albei verhoorafwagtend op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en aanranding met die opset om ernstig te beseer, nadat hulle die Van der Merwe-egpaar in Januarie 2015 op hul familieplaas aangeval het.

Volgens hul seun, Callie van der Merwe, is sy ouers erg met die vuis, ʼn byl, pistool en afgesaagde haelgeweer asook ʼn stuk pyp geslaan. Die marteling het glo sowat twee ure geduur. Annetjie se heup is tydens die aanval erg beseer en Hannes is met ʼn strykyster gebrand.

“Toe my pa na my toe aangestap kom op die toneel, kon ek sien hoe die bloederige velle van sy bene afhang soos hulle hom gebrand het. My ma se gesig was byna swart geslaan en sy het gebloei. Hulle het ook ʼn groot stuk vel van haar hand afgeruk, waarvoor weet ek nie.  ʼn Mens kon die merke en snye om hul gewrigte sien soos hulle vasgebind is,” het Callie gesê.

Van der Merwe het gesê hy is uiters teleurgesteld oor die “nalatigheid” van die polisie. “Dit het baie moeite geverg om die verdagtes in die tronk te kry en na Vrydag se voorval voel dit asof dit alles vir niks was.”

Hy sê voorts sy familie isopnuut gespanne en die sielkundige en mediese nagevolge het ʼn groot invloed op sy ouers se lewe gehad. “Ons moes die verdagtes uitken, daarom weet hulle ook hoe ons lyk. Dit is menslik om te vrees dat hulle wraak sal wil neem.”

Die egpaar se dogter was Vrydag reeds in die hof vir die verrigtinge toe hulle verneem dat twee van die verdagtes ontsnap het. “Sedert die verdagtes ontsnap het, het geen polisielid of departement met ons kontak gemaak nie. Ons is self in die duister oor die saak,” het Van der Merwe gesê.

Lt.-genl. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris van die SAPD in Noordwes, het gesê ʼn motoris op die N4 het die verdagtes sien ontsnap en die polisie dadelik in kennis gestel. Hulle was egter reeds weg nadat die polisievoertuig stilgehou het.

Maj. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Noordwes, het by navraag gesê die polisie ondersoek die voorval en enige polisielid wat nalatig of onoplettend was, sal aanspreeklik gehou word. Sy het gesê die gemeenskap moet op hul hoede wees terwyl die soektog na die verdagtes voortduur.

Lees vorige berigte oor die De Wildt-plaasaanval op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Schalk ·

Ek dink die opskrif moes as volg gelees het. De Wildt- Plaasaanvallers “ontsnap” glo

lies ·

Jy is reg Schalk! Vir wat word plaasaanvallers tussen aanhalingstekens geplaas? Glo die journalis dit nie?

Sune van Heerden ·

Dagsê Lies

Die persone is nog nie skuldig bevind op aanklag dat hulle die Van der Merwes aangeval het nie.
Slegs ‘n hof kan iemand skuldig bevind, ‘n media-instansie kan dit nie doen nie. Voor iemand nog nie in ‘n hof skuldig bevind is nie, bly hulle verdagtes.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Lies

Die persone is nog nie skuldig bevind op aanklag dat hulle die Van der Merwes aangeval het nie.
Slegs ‘n hof kan iemand skuldig bevind, ‘n media-instansie kan dit nie doen nie. Voor iemand nog nie in ‘n hof skuldig bevind is nie, bly hulle verdagtes.

Die persone het wel uit die vangwa ontsnap, dit word nie bevraagteken nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Schalk ·

Jy is heeltemal reg Sune. En hulle gaan heel waarskynlik ook nooit skuldig bevind word. Waar gaan hulle begin soek? Sekerlik al lankal terug in Zimbabwe of Mosambiek.

Charlotte ·

Ag asb…..hierdie was WEEREENS polisie SELF betrokke wat hul gehelp het om te ontsnap…..hoekom was hul nie aanmekaar se voete met n ketting verbind tot by hof nie….wil jy mu ook se die ou wat bestuur het nie in sy tru spieeltjie gekyk nie….dis mos waarvoor dit daar is!! Het die bestuurder ooit n lisensie??? NEE WAT IN SA IS ALLES TE MAKLIK EN GAAN ALLES GEPAARD MET OMKOPERY …..N MOORDENAAR WORD LIGTER GEVONNIS AS IEMAND WAT GESTEEL HET!!!!!

Ruby ·

Ontsnap of gehelp? Die beamptes moet aangekla word.

Ondersoek en dis waar dit gaan bly in hierdie piesang republiek.

CR ·

Ek het nog nooit gehoor waar wittes by ‘n plaasaanval betrokke is nie.

Wat-ek-lees ·

Of uit ‘n polisievangwa ontsnap want dan is hulle met hande, enkels, lywe, nekke aanmekaar geboei.

antjie ·

Hoekom stu.ur hulle nie die Zimbabwiers terug na oompi Bob toe nie… want dit is duidelik dat die meete aanvalle op blankes en plase deur die buitelanders gepleeg word…. Ons regering sal die grensbeheer strenger moet maak

lies ·

Hoekom is die deur nie gesluit nie, of is die sleutel ook al gesteel? Of…..vir die misdadigers gegee?

ANDRE ·

Die polisievoertuig moes seker baie stadig gery het en die veiligheids knippe op die vangwa deur moes oop gewees het ………………….nou waarom nog wonder ??

Gesiggie ·

Ja nee… hierdie skelms of amper skelmss” het te maklik uit die vang wa ontsnap” stem saam, word die slot dan nie gesluit” en kon die polisie manne dan nie vinnig genoeg keer dat hul ontsnap of wegkom”’ Het die Polisie manne dan nie meskien saam gewerk” Ek hoop hul word gou gevang… en die hofsaak kan dan bepaal wat is wat, sodat wie ook al kan boet vir hul dade.. vir die wrede manier wat hul die twee mense aagerand het. Sterkte aan jul as Familie… mag jul nagmerie gou verby wees.

HENNA ·

Hierdie ZUMA LAND is verby pateties !!!! Hoe verklaar mens met
‘n brein tussen jou ore hierdie ontsnapping uit voertuie en tronke ??

JOHNY ·

Suid Afrika en Zimbabwe het paar jaar terug teen die wit onderdrukkers geveg .Dit is hoekom hulle so maklik wegkom .

Vicus ·

Hier is n klomp ontbrekende inligting waarsonder mens nie tot n sinvolle gevolgtrekking kan kom nie. . Eerstens, was die vangwa gesluit al dan nie? Indien nie, waarom nie? Tweedens, waar was hulle verhoorafwagtend? Ek neem aan dit was by n gevangenis. Die Area Bestuurder van die betrokke gevangenis is dan daarvoor aanspreeklik om toe te sien (let wel, hy is daarvoor aanspreeklik) eerstens dat die verhoorafwagtendes se beweging met hand – en voetboeie ingeperk word. Dit is duidelik dat basiese veiligheidsmaatreëls glad nie nagekom is nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Vicus

Ons kan ongelukkig slegs die inligting publiseer wat die polisie wel in hierdie stadium van die ondersoek aan die publiek bekend kan maak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Trolle ·

Krime lyk my is besig om te wen,ons is op n punt as dit erger moet raak sal dit nie weer omgedraai kan word nie.Iemand koop mense om om sy soldate weer vry te laat.

Berhalet Beukes ·

Die ANC se taktiek was nog altyd om deur middel van anargie te beheer. Hulle het nie die verstand om te regeer nie so hulle val terug op “terroriseer”.

Theresa B ·

Lekker gerieflik. Dan kan daar maar geskryf word dat hulle uit die vangwa “ontsnap” het.

jan ·

My ouers se moordenaars het nou al 4 keer “ontsnap” in die laaste 17 jaar, en is tans op vrye voet. Hulle was altesaam 5maande in totaal in aanhouding as verhoor afwagtendes in die 17 jaar, en het nog nooit voorgekom vir die saak nie, nie eers vir borg nie………ek hoop om hulle iewers in RSA eendag raak te loop……..

Berhalet Beukes ·

Sjoe Jan… Dis ‘n traumatiese pad om te stap. Ek is jammer dat geregtigheid nog nie vir julle as familie geskied het nie. Dit raak ‘n mens diep om so iets te hoor.

Berhalet Beukes ·

Sjoe maar die kriminele ontsnap darem maklik in SA. Wat het geword van opskerp oggend met plaasaanvalle? Daardie woorde is waardeloos as reg nie eers aanvallers suksesvol in aanhouding kan hou nie. Nee wat, dis net te maklik vir kriminele om met alle vorme van misdaad weg te kom

alida ·

Hoekom wonder julle nog. Die vangwa is vir hulle oopgelos en dit is voor die hand liggend.

Anoniem ·

Hul het seker daai “plastiekgoed”om hul hande gehad! Google net om te sien hoe vinnig jy jouself kan bevry…

tamboti ·

Sune’, dis jammer dat die julle die media so gemuilband word.(deur die wet en ook julle self) Ons weet almal hoe maklik skuldiges nie deur die howe skuldig bevind word nie, soos in hierdie geval het hulle ontsnap en dus gaan hul nooit skuldig “bevind” word nie. (Geringe kans dat hul weer gevang word)
Nou met alle respek, as die hof proses hulle nie skuldig kan bevind nie – maak dit nou van hulle engeltjies? Die slagoffers het hul uitgeken, , in ons oe is hul skuldig. Hulle het gevlug van die gereg; dit bewys hulle is skuldig aan heelwaarskynlik ander misdade ook.
Ten minste is hul bewese plaasaanvallers, of die hof dit kan bewys of nie. Skryf die storie van die slagoffer se kant af, dan sit jul “rowers” en “moordenaars” in aanhalingstekens.
Net die Polisie en howe praat van verdagtes, ons gewone wetsgehoorsame mense praat van SKELMS, en dis wat hulle is en bly, “”””skuldig “”””of te nie.

Rudi ·

Ek stem saam. Die wet gee my die reg om n skelm wat n geweldmisdaad gepleeg het met geweld te stop as hy weghardloop en dit is sonder n verhoor. Belaglik dat skuldiges soos engeltjies behandel word net omdat n regter nog nie so gese het nie

Annie ·

Ek stem saam met Charlotte – hoekom was hulle nie geboei nie en waarom was die vangwa se deur nie met ‘n slot gesluit nie – nee want dan kon hulle nie ontnap nie. En Sune jou rede hoekom jy vir hulle opkom en vir hulle skerm??????? Ja maar dit is net weereens wittes wat daaronder lei en wat seergekry het en wat swaarkry. Glo my hulle is almal al lankal land uit

DPJ ·

Rassiste word swaarder gestraf as plaasaanvaller en moordenaars. Daar word ook gesorg dat hulle nie kan ontsnap nie. HA, HA, HA!!!

Net ek ·

“Ontsnap glo” spreek boekdele, wonder net met wat se hulp!!

Tammy ·

Die betrokke polisie beamptes moet aangekla word. Hulle het nie hulle werk gedoen waarvoor hulle betaal word nie en was nalatig om nie alle voorsorg te tref sodat die manne nie kan ontsnap nie. Hulle moet sommer hulle werk verloor aangesien hulle nie goed genoeg presteer nie en die belastingbetalers (ons almal wat wel betaal) gruwelik in die steek gelaat het en nou moet ons weer betaal om die ontsnaptes te vang. Nee dis skandelik om so sleg te wees en nog weg te kom daarmee.

John ·

Liewe Otter!!! Hoe lank sal ons nog hoor, lees en niks doen nie?? Natuurlik is die aanvallers sommer vroeg op parool vrygelaat om nog aanvalle te loods. Alles met n plan.

John ·

Kom ons probeer weer. Hul is op parool vrygelaat net om nog te moor en steel. Alles met n plan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.