Deacons se huiswerker kry stil-stil borgtog

Sophie Mmako (51) het 24 jaar vir die Deacons gewerk (Foto: Anja van der Merwe)

Sophie Mmako (51), die vermeende baasbrein agter die moorde van Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), is Woensdag op borgtog vrygelaat. Sy was die Deacons se jarelange huiswerker.

Dié nuus het as ʼn groot skok vir die Deacons se familie gekom, aangesien hulle nie eens daarvan bewus was dat Mmako teen ʼn vorige besluit om haar borgtog te weier, geappelleer het nie.

Mmako en drie ander beskuldigdes, Advanced Hamid (31), Casper Mudau (37) en Lazarus Mahlo (41), is kort na die moorde in September 2020 in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op twee aanklagtes van moord en roof met verswarende omstandighede.

Die vier het in 2020 twee keer om borgtog aansoek gedoen, maar is elke keer borgtog geweier.

Mmako se borgtog is van die hand gewys omdat sy onder meer nie ʼn behoorlike woonadres, wat geverifieer kan word, kon verskaf nie. Landdros Janine Ungerer het destyds in die hof daarop gedui dat sy ʼn vlugrisiko is.

Volgens hofdokumente wat deur Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), aan Maroela Media verskaf is, het Mmako later die hooggeregshof genader om teen die landdroshof se uitspraak te appelleer.

Die appèlaansoek het vandeesweek geslaag en die regter het die landdros se borgtoguitspraak ter syde gestel. Mmako is op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Luidens die hofdokumente het die regter gesê die landdros het te veel op die staat se saak gesteun en nie al die faktore ewewigtig in ag geneem nie. Die regter het op die veronderstelling van die wet gesteun wat bepaal dat ʼn beskuldigde onskuldig is totdat hy skuldig bevind is.

Dia van Staden (55), ʼn jare lange vriendin van Lizette, wat die hofverrigtinge namens Lizette se broer, Quinton Deacon, en sy vrou, Christa, bygewoon het, vertel sy was verslae en geskok toe Mmako op borgtog vrygelaat is.

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

“Vrae maal in my kop. Ek is teleurgesteld in die regstelsel,” vertel Van Staden. Sy sê sy moes die familie inlig oor die borgtog, aangesien hulle nie eens geweet het Mmako het geappelleer nie.

Volgens Van Staden was die nuus ook ʼn groot skok vir die familie.

Luidens Mmako se borgvoorwaardes moet sy twee keer per week by die polisiestasie in Magatle, Limpopo, aanmeld. Sy mag ook nie die Zebediela-nedersetting – waar sy saam met haar twee kinders woon – verlaat sonder om die ondersoekbeampte of sy gemagtigde afgevaardigde in kennis te stel nie.

Die beskuldigde mag ook nie met enige ooggetuie in kontak kom sonder die toestemming van die ondersoekbeampte of sy gemagtigde afgevaardigde nie.

Lizette en Hettie se liggame is op 10 September 2020 die aand laat in hul motor langs die R37 by die Kuschke-afrit, buitekant Polokwane, gevind. Hulle is laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie meswonde gehad.

Die lappe wat om hul monde vasgebind is, was baie styf vasgemaak, wat moontlik kon veroorsaak het dat hulle versmoor het. Die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van hul dood bevestig.

Mmako was langer as 20 jaar ʼn huiswerker vir Lizette en Hettie en word nou as die meesterbrein van hul moorde aangekla. Sy en Mahlo was glo boonop ten tyde van die moorde in ’n verhouding.

Die verhoor sal van 1 tot 12 Augustus in Polokwane hooggeregshof plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

FC ·

Nee, asb Solidariteit en Afriforum, vat hulle!
Onregverdige handeling, Janus Wallus mag nie parool kry nie, hierdie dame kry onder geheim borg.
Nee, vat hulle vas asb

sharon ·

Wat a tragedie in SA! Asseblief almal help Solidariteit en Afriforum en word ‘n lid, en betaal ‘n minimale fooi sodat hulle SA kan verbeter! 20+ jare vir die familie gewerk! Dan wonder sommige mense hoekom het hulle nie werk nie. Sies Sies Sies

thejudge ·

Janus Wallus is ‘n veroordeelde moordenaar. Hierdie vrou is nog aan niks skuldig bevind nie. Onskuldig tot skuldig bevind deur die hof. Nie so moeilik om te verstaan nie.

FC ·

En as jy in die boojie van die vermoorde se familie is.
Nee maat, jou prioriteite is nie reg nie.
Janus is al hoeveel jaar in die tronk now weer?

KatjieDeKat ·

Jaaa wel Suid Afrika. This disgusts me but it does Not surprise me. Verder gaan ek liewer niks se nie.

casper ·

Net deel van die georganiseerde en staats ondersteundeuitmoor van die blanke bevolking !!!
SA word wakker en kyk wat hier gebeur !!!

Cherokee ·

casper, SA is lankal wakker en sien wat gebeur. Probleem is, nie SA maar Afrika is in die stoel.

Manie ·

Afrika verstaan net 1 taal. Ons moet dieselfde taktiek volg as wat hulle gevolg het om sodoende Blanke onafhanklikheid te bewerkstellig waar ons onsself regeer. Dis al oplossing. Die reënboognasie is ‘n flop en flater.

Anel ·

Wat ‘n klap in die slagoffers se familie se gesigte!! Wat ‘n skande!! Verder sê ek niks!

Perdeby ·

Ek hoop van harte indien sy verdwyn die familie die staat vir miljoene gaan dagvaar!!

Marius ·

Ons regsstelsel beteken niks. Die kriminele swaai die septer.

Swerwer ·

Net weer ‘n bewys dat hierdie Kommunis vir sy mense sorg

Herpiet ·

En Pienaar van Senekal kry 5 jaar vir opstokery. Belaglik

FM ·

1000 X NEE!!!!!!!!

Volgens die aanklaer en ondersoek beampte het sy die ongemagtigde toegang en messe verskaf.
Dis boos !!!!!!!

R1000 borg en 2 lewens is wreed beïndig. Dit ruim nie

melaney ·

Geen “sophie” het ooit die voorreg gehad om hul groot toon in my kombuisdeur te sit nie.

Watsenaam ·

Iewers is daar fout. Is dit die regstelsel? Hoe gebeur sulke dinge onder die neuse van wetstoepassers?

Pieter J ·

Ek dink as sulke besluite deur die regbank geneem word, moet die publiek ingelig word oor wie die voorsittende beampte was sodat hulle weet wat om in die toekoms te verwag.

Jack ·

Geen diensrekord kan jou lewe verseker in die verkoopte land nie.

TO ·

Moenie teleurgesteld wees in die regstelsel nie, dis hoe dit werk in SA. Ek wag al amper 14 jaar vir my kind se moordenaars om net aangekeer te word, maar volgens ons Polisie kyk ek te veel TV. Nee wat ek het Geen vertroue in enigeen om my kind se saak op te los, ooglopend is ek die verkeerde kleur en het my kind se lewe niks beteken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.