Debat oor geskiedenis as skoolvak vlam weer op

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, onlangs gereageer het op ʼn vraag in parlement of geskiedenis as skoolvak verpligtend gaan wees tot op matriekvlak, het dié debat weer opgevlam.

Die DA het gesê dit moet duidelik gemaak word dat geskiedenis reeds verpligtend vir alle leerders is tot op graad 9. “Die DA ondersteun dit omdat alle leerders ons land, ons vasteland en die wêreld se geskiedenis onder die knie behoort te hê,” het die DA gesê.

Die groot vraag is nou egter of dit verpligtend moet wees tot op matriekvlak. ʼn Ministeriële taakspan ondersoek tans dié kwessie.

“Die DA steun nie die standpunt dat geskiedenis verpligtend moet wees tot in matriek nie omdat dit leerders se vakkeuses gaan beïnvloed. As ʼn dogter byvoorbeeld ʼn ingenieur wil word en sy moet reeds wiskunde, ʼn eerste en tweede taal en lewensoriëntering neem, laat dit haar met slegs drie keuses. Sy behoort vakke te kan kies wat sy nodig het vir haar rigting. Dit beteken egter nie dat leerders skool kan verlaat sonder ʼn omvattende kennis van ons komplekse geskiedenis en die fondasies van ons demokrasie nie,” het die DA gesê.

Volgens die DA dek die huidige kurrikulum die nodige geskiedenis en word dit aangevul deur die vak lewensoriëntering waarin leerders leer oor diversiteit, diskriminasie, menseregte en verantwoordelike burgerskap.

Volgens die minister sal die taakspan se bevindinge einde November beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Marius ·

Die vraag is hoe akuraat die Geskiedenis is wat aangebied word.

Ferreira ·

Drop die twede taal. Almal se 1st taal word engels. Voorbereid om in die buiteland te werk en in engels behoorlik te kommunikeer! Vat jou goed en trek Ferreira

Juan Olivier ·

Ferreira – Dit sal nooit gebeur nie. Nie almal wil Engels as hulle eerste taal hê nie. Vir baie van ons is ons kultuur belangrik.

Maria Van Dieweeck ·

Dis net n manier van langer onwaarhede en gif inpomp in jong koppe!

Johann ·

Vermorsing van tyd, watter ordentlike opgevoede kind wil in elk geval van die morsige verlede van Suid-Afrika iets weet

Racheltjie de Beer ·

As jy nie jou geskiedenis ken nie, is jy slegs n blaar wat nie weet dat dit deel van n boom is nie.

John ·

His-story… ja-nee, nuwe handboeke vol nuwe feite moet iewers verkoop.

Pim09 ·

Hulle kan geskiedenis verpligtend maar as hulle lewensorientering uitgooi!!! Vriendin se kar is gesteel met kind se tas. Boewe het ALLES gevat behalwe LO boek. Die diewe weet ook dis absolute CRAP!!!!

Susan ·

Kan hul nie die geskiedenis as geskiedenis los in die laer Skool nie. Jy moet ñ passie hê vir geskiedenis en kinders wat leer gebrekke het hoe Gaan hulle die mas bo Kom as hul sukkel om te leer!!!!!!!! Wens hul wil bietjie begin dink!!!!’

Basson ·

Die ANC feëverhaal word nie tot die vak Gesk beperk, dit is veral ook baie teenwoordig in Afr poësie, ens waar geleer word hoe die swart mag die witmense ‘opgeëet en oorwin’ het.
Tyd om baie krities te kyk na watter breinspoeling in die skole plaasvind, buiten in die Gesk klasse!

J ·

Geskiedenis van vandag gaan alles oor na 1994 in die skole. Ons huidige stand in die land en hoe ons medemens verdruk is in die verlede.

Saartjie B ·

J, dis niks nuuts nie. Ek weet nie hoe oud jy is nie, maar ek het in 1976 matriek geskryf (met geskiedenis as vak) en ons het beslis die Nasionale Party se weergawe van die geskiedenis geleer. Soos Nico so mooi hier bo vir George Orwell aangehaal het, die NP was die destydse wenner, en het besluit dat die destydse matrikulante die wêreld kon invaar sonder enige kennis van die moderne geskiedenis … die kurrikulum het net tot by die Vrede van Versailles in 1919 gestrek!

AmY ·

Nou hoeveel vakke moet die kinders dan nou hê? Hulle sit dan alreeds met sewe vakke waarvan hulle slegs drie mag kies. Vier vakke is reeds verpligtend. Ek het dit net-net gemaak met ses vakke in matriek.

Basjan ·

Ek het standerd 5 twee keer gemaak, toe beskou hulle dit as standerd 10 (Matriek).

Alida ·

Kan die vak lewensorientering nie maar uit die skool sisteem verwyder word nie? Dit is by verre die swakste vak onder die son, en dra absoluut boggerall by tot enige verdere studies.

Wessel ·

Die SA geskiedenis word verdraai in die handboeke om die ANC te pas. Om ‘n voorbeeld te noem word daar na Bloedrivier verwys as die massa uitmoor van die Zoeloes. Geen melding word gemaak van wat dit vooraf gegaan het met die aanvalle van die Zoeloes op boere op plase en waar blanke kinders en volwassenis uitgemoor is nie. Dis my opinie dat dit nie verpligtend moet wees nie maar dat dit ‘n keusevak moet wees wat slegs die wat ‘n passie het vir geskiedenis dit moet kan neem.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het baie jare gelede Matriek geskryf en Geskiedenis was een van ons vakke wat ek wel nie geneem het nie. Maar daardie tyd was geskiedenis nog “bewysbaar”. Ek hoor nou wat my kleinkinders op skool geleer word (en dise skool is tot hede 99% wit) en ek verwonder my alreeds oor waar hul die hedendaagse geskiedenis vandaan kry. Maar net soos ons strate en dorpe/stede nuwe name kry kan die geskiedenis seker ook maar herskryf word soos wat die skrywer dit uitdink. Wie sal weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.