Debat oor plaasaanvalle dán in parlement

Een van die baniere wat op die voertuie geplak was (Foto: Verskaf)

Die langverwagte parlementêre debat oor die voorkoms, aard en bekamping van plaasmoorde gaan op Dinsdag 1 September om 14:00 in die Nasionale Vergadering plaasvind.

Die parlementêre programkomitee het Donderdagoggend op sy weeklikse vergadering besluit dat die debat Dinsdag sal plaasvind.

Die debat is aangevra deur die DA-LP Dianne Kohler Barnard en sal deur haar ingelei word.

Nog ʼn langverwagte proses wat eersdaags hervat word, is die openbare insette aan die ad hoc-komitee oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Die proses het in Maart met die instel van algehele afsondering weens Covid-19 tot stilstand gekom, met die openbare inset-vergaderings in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap nog uitstaande.

Nou het die komitee egter besluit om ʼn hibriede model te aanvaar met sowel fisieke vergaderings as aanlyn vergaderings. Die presiese werkwyse word nog uitgewerk.

Daardie komitee se mandaat verval op 31 Desember.

Nog ʼn parlementêre proses wat sloer is die aanstel van die nuwe ouditeur-generaal in die plek van Kimi Makwetu. Hoewel die onderhoude afgehandel is, is die oponthoud die sekerheidsklaring van die kandidate op die kortlys deur die Staatsekerheidsagentskap (SSA).

Die spertyd vir die aanstelling is met ʼn maand verleng tot 30 September, en die LP’s het die SSA gemaan om op te hou sloer.

Daar dien tans 24 wetsontwerpe voor die Nasionale Vergadering se komitees en die meeste vorder goed, maar daar is oponthoud in die portefeuljekomitee oor justisie se hantering van wetgewing weens die dood vandeesweek van een van die komitee se knapste en vooraanstaande lede, adv. Hishaam Mohamed van die ANC.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Chris dupreez ·

Meeste van die anc kiesers dink nog steeds die kos kom van pick a pay af ,en dat die boer net groot grond het en vir homself groente plant

Androclus ·

Jy hoor dan ‘n LUR sê hy koop by Woolworths sy vleis,blykbaar kom sy voedsel vanaf ‘n klerefabriek af.

Nozi ·

DA-LP’s trek maar jul bullet proof jackets aan, ons sal solank die popcorn en coke regkry vir hierdie comedy wat oppad is. Waar die anc en eff betrokke is, is geen bespreking sonder geweld nie. Sterkte vir die DA.

Piet ·

Ek verwag nie veel nie. Laas toe die wreedheid van plaasaanvalle in die parlement opgehaal is, het die EFF lede vir Groenewald uitgelag. Dit kan met redelike sekerheid voorspel word dat die teenargument van ander partye gaan wees dat duisende mense in ander plekke ook aangeval en vermoor word. So praat almal in sirkels en niks gebeur nie.

Stefan ·

Hulle sal nie rus voordat absoluut als tot niet is en sal dan bakhand staan by die res van die wereld want ai foi tog, hulle is dan so honger.
Hulle sal waarskynlik nog as gevolg van aangeprate skuldgevoelens gehelp word ook.

Nette ·

Begin met ‘n slide show om te wys hoe word boere stukkend gekap met pangas, gesteek met tuinvurke, gebrand met water ens, miskien net miskien!

JohanR ·

Daar slaan jy die bul op die kop Nette. Wys IN die parliament op ‘n groot skerm hoe wit mense lyk, wit boere lyk, nadat hulle verniel en vermoor is. Dit behoort ‘n paar slaapende ANC’s en EFF’s laat wakker skrik. Dink baie sal uitloop want van dit is net te wreed.

Werner ·

En dit is al wat dit sal bly n debat. DA moet darem lyk of hulle iets vir hulle kiessers doen veral na die Scweizer geval om ou blanke stemmetjie weer terug te lok. Debatte en politiek gaan nie hierdie anargie wat besig is om uit te breek stop nie

JohanR ·

Hoekom moet daar altyd ‘n debat wees? Is daar nie al duisende boere vermoor sedert 1994 nie. Dit kan NIEMAND betwis nie. Die ANC wil ook alles net gryp, en wil alles verniet he. Hulle wil nou self ‘n 5G toring in jou tein opsit, en hoef nie eer jou permissie te he nie. Net een manier om van die ANC ontslae te raak en dit is waaneer jy jou X trek in 2021 en 2024.

Persheks Adri ·

Ons het tog die petisies gedoen om TEEN dit te stem. Weet julle al of hulle die toring storie gaan doen Johan? Help my net asb, want dit gaan nie gebeur nie

Persheks Adri ·

Hoop regtig iets gaan nou begin gebeur oor die moorde! Cyril en groot hoed skitter in hul afwesigheid en bly mos dood stil

Jannie van Niekerk ·

Die Economy Fail Forever en die African National Corruption sal hierdie debat BESLIS ontwrig want hulle IS plaasaanvalle en plaasmoorde goeddgesind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.