Debat oor vroeë verkiesing dán gehou

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA. Foto: Twitter

Die DA se mosie wat versoek dat die parlement ontbind en vroeë verkiesings gehou word, sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering gedebatteer word.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het gesê dié besluit is Donderdagoggend deur die parlementêre programkomitee gemaak.

Die DA het op 9 Augustus aangekondig hy sal die mosie ter tafel lê nadat ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma misluk het. Die wantrouemosie het egter tot politieke konflik binne die regerende party gelei omdat verskeie ANC-LP’s ten gunste van die mosie gestem het. Minstens 26 van die party se LP’s het tydens ʼn geheime stemming ten gunste van die mosie gestem.

Dié jongste mosie is deur die DA in terme van artikel 50(1) van die Grondwet gebring, wat voorsiening maak vir ʼn eenvoudige meerderheidsbesluit om die parlement te ontbind en vroeë verkiesings te hou.

Die DA het aangevoer daar is dwingende redes, insluitend die ekonomiese resessie en die hoë werkloosheidsyfer in die land, om vroeë verkiesings te hou. Die opposisie was op 8 Augustus verenig in sy steun vir die mosie van wantroue, maar hierdie keer het kleiner partye gesê hulle sal nié die mosie steun nie.

“Die DA sal ʼn beroep op LP’s doen om hierdie mosie te steun om nuwe verkiesings te hou,” het Steenhuisen gesê. “Gegewe die enormiteit van die uitdagings wat ons in die gesig staar, kan Suid-Afrika dit net nie bekostig om die ANC langer aan bewind te hê nie.

“Met meer as die helfte van Suid-Afrikaners wat in volslae armoede leef, 9,3 miljoen mense wat sonder werk sit en ons ekonomie wat geen tekens toon dat dit van hierdie resessie kan herstel nie, kort ons nou ʼn nuwe begin,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Swart Piet ·

Daar is nie n manier dat die ANC sal toelaat dat die verkiesing selfs een dag vroer sal plaasvind nie. Ons moet onthou dat al hulle stemme moet nog gekoop word. En dit vat tyd.

John ·

Hmmm. Nee wat die DA wil weer ‘n bloutjie loop wat die party eerder skade sal aandoen. Mmusi is heeltemal te verlief op homself na die dwarrelwind-voorspellings van genl The Law op sy merrie Money.

Eish ·

Soos my oupa altoos gesê het: ” Ek het n ernstige vermoede die poging is nie n kandidaat vir sukses nie.”

dance ·

Tot groot skok mag die DA dalk agterkom dat hulle optrede die meerderheid van hulle stemme na die Vryheidsfront plus gejaag het. Elk geval jode is nie te vetrou

Lynne ·

Stem! Die DA gaan swaar sluk aan die verrassing wat op hul wag!

Boerseun ·

Sal maar sien of enige VF toe gaan hardloop, kapenaars het nog altyd, soos met nie NP, n manier om aanthou vir dieselfde te stem

dries ·

Maar moet die parlement dit ook nie eers goedkeur nie,dan begin alles mos weer van voor af. Weer baie nuus vir die koerante.

jaco ·

as die anc n verkiesing verloor, stuur hulle eenvoudig die weermag en polisie in om opposisie stil te maak en hou hulle eenvoudig aan om te regeer. MOENIE blindgestaar word deur stadsrade waar die ANC verloor het en toe heel instemmend die mag aan die DA oorgegee het nie. dis oëverblindery. Die MDC in Zimbabwe het al die land se hoofstad Harare se stadsraad beheer. ZANU-PF het nie omgegee nie. Maar toe die MDC die verkiesing in 2008 wen, toe vat ZANU en die weermag en polisie oor en hou net aan regeer.
(Die MDC het, net nadat hulle Harare se stadsraad oorgeneem het, dadelik hulle salarisse verhoog en nuwe motors vir al hulle raadslede gekoop…)

Toppie ·

Die DA is besig met verkwissing van geld en tyd, die ANC lede gaan mos nie vanself afklim van die soustrein en salarisse verloor nie. DA gaan ‘n baie groot skok kry by die stembus.

jack daniel ·

1) Hoe verseker is die DA dat hul vir 9,3miljoen mense gaan of kan werk verskaf? **Goeie vraag??**
2) Hoe verseker is die DA dat hul die verkiesing gaan wen? **Twyfel**.
3) Sou die DA wen hoe verseker is ons dat dit nie dieselfde gaan wees as nou met die ANC aan bewind nie? ***goeie vraag***.
Soos die spreekwoord maar se “Talk is cheap”.

Gatvol ·

Om geraas te maak verseker dat ek in die media se oog bly. Ondersteuners word aan hulle neuse rondgelei.

Ouvrou ·

Dance ek weet nie van watter meerderheid jy praat nie. Dalk die handjievol wittes wat VF toe is. N swart mens sal nooit oorloop daarheen nie. Die DA moet vry na die swart kiesers, want dis hoe hy gaan wen. Ons tel eenvoudig nie. Ek dink hy moet dink aan koallisie met ander partye soos Cope en UDM. Dis al hoe hulle eendag die Terroristiese ANC sal verslaan.

Lampies ·

As daar Afrikaners is wat DA stem en dink dat dit hoop inhou vir die toekoms, leef hulle in ‘n droomwêreld. Luister gerus na Maimane se uitsprake, dan is dit duidelik waarheen hulle op pad is.

Blommie ·

Passop vir die DA leier – hy is ‘n leier wat compromise. Enige leier wat compromise is gevaarlik. Enige opregte mense wat ‘n nuwe party wil stig? Jy benodig net 50 000 stemme vir een seat in parliament. As jy een opregte mens daarbinne kan kry … met die regte authority … sal die poppedans

danie ·

Die rassiste wat selfverskrikking nastreef in SA leef in ‘n droom wêreld.

Avokado ·

Mooi so DA! Dis wat die opposisie moet doen – opponeer! Maak nie saak of julle suksesvol is nie. Ten minste hou julle die pot geroer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.