‘Deel die grond’ sê Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa by die beraad. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag gesê die land se grond moet gedeel word sodat elkeen die geleentheid het om voordeel te trek uit wat dit bied.

Ramaphosa het tydens ʼn toespraak by die  Biodiversity Economy Innovation-kongres in Thohoyandou, Limpopo, gesê Suid-Afrika behoort aan elke burger wat daarin woon.

“Alles behoort aan ons almal en dit is wat die regering wil seker maak moet gebeur,” het hy aan ʼn juigende gehoor gesê.

“Ons moet seker maak dat alles wat in die land is gedeel word. Dit moet nooit wees dat ʼn klein groep mense net vat wat die land te bied het en dit vir hulself hou en sê dit behoort net aan hulle nie.”

Ramaphosa het gesê hy het vandeesweek in die parlement gesê grondonteiening sal meer grond beskikbaar stel vir verbouing en die proses sal begin deur grond in staatsbesit te gebruik, nie grond wat privaat besit word nie.

“Dit is nodig om die land se historiese ongeregtighede aan te spreek. Dit kan gedoen word op ʼn wettige manier wat nie die land se ekonomie of voedselsekuriteit in gevaar stel nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

ZAR ·

Klink soos Marxisme vir my. So ver ek verstaan kan almal in die land grond koop, maar dit moet nou deur die wat het gegee word aan die wat nie het nie. Sosialisme op sy uiterste.

IK ·

Wonderlik!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Stem saam met jou. Sien al hoe word daar vir dienste en eiendomsbelasting betaal . . . Hou NOORD en foeter VOORT . . .

Gerhard ·

Sommige sal maar net moet “deel” en vir ander gee as dit kom by dienste. Daar gaan begin word met medies lyk dit my.

Wakker ·

Ja Parra Ramaphosa die sleutelwoorde wat jy gebruik is “ begin met staats grond” en verder oor die woord “ our people” Jy is die mens wat die ergste jou woorde kan verdraai elke dag. Vertel ons tog wie is al die burgers van die land en wie is “ our people”

Boerseun ·

Goeie plan. Hoekom deel cr nie eerste sy miljoene met die gepeupel nie.

Stuiwer ·

Ons weet almal wie CR se “our people” is, definitief nie ons nie. CR is ‘n gevaarlike man en kan nie vertrou word nie.

Talie ·

Gaan oom Cyril sy paar plasies ook verdeel? Ek wil ook graag n ou lappie grond hê.

Antjie ·

Ja, asseblief! Ek wil ook graag gratis tersiêre onderwys ontvang, met ʼn salaris om ʼn kar én ʼn eie huisie met son-water. En goedkoop openbare vervoer, en ʼn ekonomie wat nie in duie wil stort as ek en my vriende besluit om ʼn paar maande elke dag saam in die strate te dans vir groter salarisse nie. En gratis mediese sorg sonder om ʼn fortuin vir ʼn fonds te betaal wat nie eens meer die meeste wil betaal wat ek régtig nodig het, nie.

Stan ·

Talie, presies wat ek ook eerste oor gewonder het. Sal graag wil weet HOE dit nie die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan belemmer nie??????

Anoniem ·

Weer soetsapige wooorde!!! Eb almal moet alles glo ek glo niks !!!!

Paul ·

Hy kapittel mos vir Julius die week in die parlement en sê vir hom swart mense is trots op hul eiendom en sal dit nie afstaan nie. (Dis nou toe Julius nasionalisering voorstaan.)

Nou wil ek vir CR vra, is die blankes dan nie trots op hul eiendom en die blanke boere op hul plase nie? Waarom sê hy dan vir die blanke boere hulle moenie aan die grond vasklou nie?

Snowball ·

Presies!! Hy wil ander aanspoor om te deel, nou maar wees ‘n voorbeeld Mnr Multi Miljoenêr! Vat sommer stukke van Nkandla en deel dit ook met ander. Sentimentele snert wat weer Blankes uitbeeld as die onmededeelsame vergrypers wat ander uitsluit van voorspoed en vooruitgang. So siek vir dit!

Anoniem ·

Vreedsaam ! Met betaling ! Ek kan nie net in die winkel instap en ‘n brood vat en loop sonder om te betaal nie ! Mnr Die President Jy moet Jou HUIS in SEEPUNT met ons deel asb ??

BB ·

As almal gelykheid in die land het soos hulle se dan moet daar grond aan die arm witmens ook gegee word. Daar word net gestaar na die ryk witman en sy grond. Daar is ryk swart mense ook wat baie land en plase besit, gaan dit op hulle ook op toepassing wees. Volgens die nuwe bedeling mag n boer net 12000 hektaar besit of dis waarvoor hulle veg. Nou CR hoeveel hektaar besit jy saam met jou vernote in die wildsbedryf? As grond gelykheid verdien dan verdien ek ook n stukkie grond, ek besit geen grond nie met ander woorde ek kan ook regstaan vir n stukkie lappie. My oupa of pa het nie grond besit nie want hulle was te arm. Ek het niks geerf nie, met gelykheid van grond verdeling behoort ek ook n plaas te kry. Net my swart ewekniee, nie waar nie?? Anderste is daar geen gelykheid nie. Hy se mos deel die land of is ek verkeersd Cyril????????

Hanna Hoekom ·

Zimbabwe het ook grond “gedeel” en dit was blykbaar so n groot suksesverhaal dat 4 miljoen Zimbabweans oor ons grens kom kruip het om ons daarvan te vertel… Hulle is nou nog hier. Zanu PF huil nou weer oor die boere. Go figure.

Andre ·

Jy sê 4 milkoen? Ek dink jy sal van jou stoel afval as jy die regte syfer moet weet. Dit is BAIE meer as 4 miljoen!

Paul ·

Ek het vandag die eerste keer in baie jare die gedrukte Rapport gekoop, toe ek hy die huis aankom lê die Sunday Times in plastiek op die oprit. Ek het vlugtig deur van die artikels gegaan en kon met die eerste oogopslag sien dat dit wat ons op die internet lees net ‘n krieseltjie oor berig word van wat werklik in die land aangaan. Die land is in ‘n baie groter gemors as wat ons dink. Koop vandag hierdie twee koerante en vergewis julself.

In Rapport bv lees ek dat Louis Meintjies, president van TLU SA, het aan Rapport gesê hy sal geen ooreenkoms onderteken wat Mabuza ook onderteken het nie.

Jaco ·

Kan iemand lys wat alles is wat gedeel moet word. Ek teen die idee van n bad deel, en ook my selfoon.

Henry ·

Wat met geld, harde werk, toewyding ens ens verkry en ontwikkel is, kan moontlik VERKOOP word, indien die eienaar van die bate sou instem om ‘n wedersydse ooreengekome prys, daarvoor te aanvaar.
Enige ander vorm van ‘deel’ is laaaaank gelede in die ou USSR en soortgelyke marxistiese utopia’s as onwerkbaar bewys.

Arie ·

Hy het ‘n lekker gat vir homself en anc gegrawe met sy groot bek! Die buite wêreld se oë is nou op hom en sy mense!!!

“Our people” ·

Begin by Cyril se 34mil huis wat tans gebou word in Sea Point, sy talle plase en duur wild. Laat hy ons wys hoe hy deel, o ja en sy miljoene der miljoene mynaandele. Laat hy deel, ek wil ook aandele hê, van daai mooi wild en n lappie grond! O ja ek is te wit om n Suid Afrikaner kamma te wees, is nie deel van die “our people” nie.

Boeremeisie ·

Cyril vandag gaan ek vir jou aanhaal uit Anton Myburgh se song die Boer en sy Roer…..
“Los sy grond, jy speel met ‘n bom se lont….”

Hennie ·

Goeie leiers “lead by example”! O skuus, ons het hier te doen met n swak leier!

JoeV ·

Wat hy bedoel is en niemand verstaan om reg nie. “Die is ‘n sosialisties kommunistiese staat en almal verdien dieselfde ongeag jou moeite of gelettertheid”, Jysal besit wat die staat jou toeken en stilbly.”

Nou wonder mens of Cyril nou nog nie opgelet het wat die VSA nou onlangs gesê het nie… Hulle hou jou dop ou grote! Maar verwag darem nie enige ingryping op die grond nie, net die AGOA ooreenkoms wat kan wegval.

IK ·

Let op na die kewer op die voorkant van die kateder van Ramp-phosa op die foto. Dis daardie kewer wat alles opvreet in hierdie land.

Breytenbach ·

Ja, die land behoort sedert 1994 aan almal, veral die wat steeds hard werk om hulself te bekwaam, produktief was en bo gemiddeld presteer het. Daarom is daar steeds en sal daar altyd diegene wees wat het, en diegene wat nie het nie, wie se skuld is dit? Onder presteerders sal van geen plaas of plot ‘n sukses maak nie. Die bewyse is regdeur Afrika duidelik maar ons landjie wil dit ook graag probeer. Gelukkig sien Suid Afrikaners deesdae dwarsdeur die president se vals retoriek. As hy bekommerd was oor voedselskerheid en stabiliteit sou hy nie hierdie rigting van OSV ingeslaan het nie. In Engels sou ek sê ” God help us”. Ons is soos ‘n mot wat in ‘n kers vasvlieg met geen omdraaikans nie. Almal sal verloorders wees op die ou end tensy mense nou opstaan vir wat reg is.

Koos ·

CR, jou sosialisties uitsprake – deel alles – voor swart gehore, is blote opswepery van die mense teen die minderheid in dié land wat mos nou nie deel van “jou mense” is nie.

Jou ware kleure wys baie duidelik met die maak van hierdie uiters onverantwoordelike uitsprake.
Dit gee boonop swak reuke af, wat ook maar net soos alle ander reuke, vlugtig in die wind verdwyn, bloot omdat dit miks meer om die lyf het as net ‘n wind met ‘n swak reuk daaraan gekoppel!!!!

Dit is nie wat mens verwag van die leier van ‘n land nie, dus 0 uit 10 vir jou, ou!

Afrika-styl ·

‘n Miljoenêr in Afrika het 50 miljoen Rand. Omdat hy wit is word hy gevra om sy 50 miljoen rand eweredig onder 50 miljoen van ciril se “ons mense” te deel en sy 50 miljoen rand word sodoende onder 50 miljoen “armes” verdeel sodat elkeen R1.00 het. En siedaar: Nou is almal ryk. Probleem opgelos, Afrika-styl. En die liberaal klap handjies en sê: kom ons maak almal ryk.

kobus ·

Gee die mense werk.die mense soek werk CR .grond gaan die mense my ryk maak nie.dit kos geld om dit te bewerk.hulle gaan net hulle grond weer verkoop omdat hulle dit verniet kry.as julle die ANC net die helfde efort in sit om werk te skep as om grond te gee sal SA klaar beter wees

Rina ·

Wens die man wil ophou om te dink hy gaan ons softsoak Hy histories net en is soos n grammafoonplaat wat vashaak

Johann Fourie ·

Die man is so glad soos ‘n “geelslang”, as ou tussen die lyne lees is dit niks minder as Kommunisme “ka tiena”

lerato ·

Cyril is die beste ding wat met die land kon gebeur. Hy moet ons uit die moeras trek waarin Zuma se administrasie ons gedompel het.

Kyk net hoveel het hy in ‘n kort tydjie vermag.

Willem ·

Jy bedoel seker Roelf, want hy het Roelf gemesmeraais (met sy kop gesmokkel, hom ore aangesit, hom wysgemaak pêre afval is vye). Dit is waar die nuwe SA beslag gekry het (waaruit die nuwe SA gebore is).

Lerato ·

Haai Willem

Sê assblief vir my wat het Cyril verkry wat Roelf nie wou gee nie?

Ek wag in spanning.

Ouma Miena ·

Ek stem saam met Lerato. Gee die man ‘n kans. Kyk wat het hy reeds vermag.

Celtis Africana ·

Hierdie is seker een van die duidelikste toekomsaanduiders sedert die nuwe bedeling.
Dit is gestroop van die retoriek van woordgimnastiek waarmee hensoppers soos Agri SA hul wankelrige sandvesting se fondament lê.
“Alles behoort aan ons almal…”
” die proses sal begin deur grond in staatsbesit te gebruik, nie grond in privaatbesit nie.”
Dit is dus duidelik dat die regering seker wil maak die boere plant hierdie jaar aangesien die proses met staatsgrond n aanvang neem, maar nie daar gaan eindig nie, want ” alles behoort aan ons almal.”
Tyd raak bitter min en aktivisme is ons enigste wapen.

Paul ·

Toe die wêreld hier nog jonk was
En die horison wyd en oop
Was dit groen hier in die halfrond
Suid van die ewenaar
En in die skemer as die son sak
En die beeste huis toe loop
Klink die roepstem van die vroue
(Halala)
Oor die heuwels van die land
Halala, halala
Ewig is ons Afrika
Halala, halala
Ewig is ons Afrika

Tula tula mtanami
Tula tula sanboni
Tula tula mtanami
Ubab uzobuya sihlale naye
Ubab uzobuya sihlale sonke
Hmmm – hmmm

Toe kom die skepe uit die weste
Wit seile oor die see
Om te vra vir kos en water
En te bly vir soveel meer
En die land wat een tyd oop was
Die land het ons verruil
Vir die ghetto’s van die stede
Is ons koperdraad gegee ….

Her ·

Ai CR. Jy kan nie welvaart skep deur dit te verdeel nie. Afrika verstaan dit nie.

Willem ·

Maak ‘n onwettige wet, dan sê jy jy doen dit volgens die wet.

Boland ·

CR wees n voorbeeld en deel jou bates.Moenie net praat nie.

Lees ·

Lees gerus “The Ant and the Grasshopper”. Miskien sal hulle dit verstaan.

Frikkie ·

Noi deel julle eerste al doe staatsgrond uit en dan wys julle ons hoe dit gedoen word en war daarvan word cr

HPV ·

Mislukte staat! Nou moet die klompie mense wat die sinkende skip nog op ‘n manier vlot kon hou hul bates begin deel of dit gaan eenvoudig net geneem word. Siek staat, siek land, siek stelsel. Regime!

Johan H. ·

Net toe ek gedink die een is dalk beter as die vorige lot. Hoe moet jy nou jou grond deel. Hulle kry al klaar als verniet.

Lerato ·

Ek lees kort kort op hierdie blog dat Roelf Meyer, “die land verkoop het”

Ek verstaan die slogan nie. Die onderhandeling het daaroor gegaan om ‘n grondwet te kry, ter wille van gelyk beregtiging met voorsiening vir die regstel van historiese vergrype.

Sal iemand my asb antwooed.

Pierre Roux ·

Sal jou graag wil antwoord maar voor ek dit kan doen sal jy asseblief aan my verduidelik wat jy bedoel met vergrype. Ek het ‘n besigheid wat vir 42 mense voltydse werk gee en dit begin met R4000 sonder staatshulp of grants en my huis en motors gekoop met lenings. Sukkel sukkel alles bymekaar gemaak sonder enige van die staatshulp wat jou gebied word nie, sonder die voorkeur wat jy geniet as jy as BEE besigheid jou produkte aan groot besighede of die staat offer.
Ek dink jy verstaan nie die term vergrype behoorlik nie, maar ek stel voor jy kyk na die ANC en EFF en ondersoek hulle, dan sal jy werklik sien wat vergrype op ‘n groot skaal is

Vriendelike groete

Henry ·

Ek dink nie dat Roelfie Meyer, of sy pel Wessels, wie se naam ek vergeet het, hierdie droewe land verkoop het nie.
Hulle het dit sommer namens hulself en hul naïewe volgelinge, weg gegee.
Wat wil jy nog weet?

Willem ·

Hier is soveel inligting op diw webwerf wat jou die lig kan wys, maar jy is aspris.

Snowball ·

Ná ‘n KWARTEEU se BBEE, wat moet nog gebeur om die sogenaamde vergrype reg te stel? Dink jy werlikwaar wat tans verwag word van mense tov hulle eiendom is gelyke beregtiging? Of is dit net ‘n populistiese stemwerwery van ‘n korrupte en onbevoegde regering wat sy tekorte wil dokter met ‘n rasgedrewe beleid? – Presies soos wat onder die apartheidregering gebeur het. As die doel van die onderhandelinge die daarstelling van ‘n grondwet was om almal te beskerm, is die dryf om die grondwet nou onderhewig te maak aan die ANC, (en die deur om dit te doen is deur vorige onderhandelaars oopgelaat hiervoor) en nie andersom nie, nie juis ‘n verkragting van die waarde van die grondwet nie? Verduidelik asb hoe sien JY hierdie proses wat tans aan die gang is.

Lerato ·

Hallo Pierre Roux
Vergrype. Al die apartheids wette. Werkreservering. Paseette. Gedwonge verskuiwing, gebrek aan onderwys.

Ek kan ‘n boek skryf maar ek dink jy verstaan wat ek bedoel.

Oom Kalahari ·

Roelfie was ‘n uitverkoper saam sy meelopertjies en sal so in die Geskiedenis aangeteken word. Vat die staats se grond, CR se grond, Nkandla, Tradisionele leiers en Zoeloe Koning se grond en verdeel daardie miljoene hektaar. CR is die Juius pion. Belaglik van vat net grond en gee vir ons mense

Magaretha van heerden ·

Hoop die skatryk Ramaphosa begin sy baie geld ook met almal deel sodat almal voordeel daaruit kan trek. Hoekom moet party so baie he en andere nie genoeg vir basiese goed soos kos nie?

LHS ·

Mog die historiese vergrype van die San se grond deur Swart volke ook aangespreek word.

Oom Piet ·

Ontwaak, dink weer en deegliker.
Vanaf die 2006/7 in werkingstelling van die Munisipale Eiendoms Tarief Wet van 2004 is alle grond en alle verbeterings hoeookal direk of inderek daaraan geheg in effek genasionaliseer as Munisipale Eiendom [ met behoud van die (lisensieerings ) Aktes en Vryhandel Vergoeding met oordrag van die voortbestaande okkupasie, benutting en vrug Regte ] en aldus onder Politieke Party Munisipale beheer wie beide die grond en alle Vaste bates (Verbeterings) gereeld laat her-valueer en dan per die Tarief, die huur hef en invorder ( nes Zulu’s Trust). Omdat alles soos voorheen blyk het dit seepglad bykans ongemerk gebeur onder “slimmes” se neuse, met alreeds meer as 10 jaar se aanvaarde bewyse onder die belt. Pres.Zuma het menigmaal in die Parliament en op TV verklaar nasionaliseering “is alreeds gedoen” en dat geen buitelander watookal nie eiendom kan besit nie, net mag huur.
NK. Huur verhoog met beide waarde verhoging en tarief verhoging. Politieke Party beheerde Munisipale Eiendom, nie Staats ( onverdeelbare gesame net RSA Burgers ) Eiendom nie. Ook alles ondergronds per 2002 MPRD Wet wat aansoek van Nuwe Myn “Lisensies” verplig het. Ook so met Nuwe Besigheids Wet wat nou Geouditeerde Jaarverslag in voorgeskrewe gedetaileerde formaat verplig, van hoe goed dit bestuur word. Wakker slaap, die NP het oorgeloop, hou dus DA en andere samelopers optredes meer wakker dop.

Adam ·

Ek hoop Cyril sal eendag verstaan dat die besit van grond wat jy verniet kry, nie gelykstaande aan welvaart is nie. Gee erwe vir die stedelike massas waarop hulle kan bou en stel staatsgrond beskikbaar aan die wat wil probeer boer en hou asb op om ‘n suksesvolle landboubedryf, te midde van moeilike omstandighede, aamhoudend te bedreig. Die regering het reeds die mynbedryf die afgrond afgestuur en kan waaragtig nie die boodskap kry nie.

VREDE ·

Daar is meer as genoeg grond reeds beskikbaar (PUNT). Die wat deur die ‘minderheid’ besit word is voor gewerk en ontwikkel deur gedissplineerde mense.

Stuiwer ·

Die kolonialiste se plase/grond wat ontwikkel is, is goed genoeg, maar moet tog nie van kolonialisme praat nie, dis ‘n vloekwoord en alles wat sleg is. Het Hellen Zille nie gesê dat kolonialisme nie net sleg was nie? Dit het vooruitgang en ontwikkeling teweeg gebring. Sommige mense kan dit net nie kop nie.

Frik ·

Cyril, deel jou grond en alles wat jy het dan kan jy dalk begin met die grond in Zoeloe , Xhosa en ander stamme se besit. Ons het hard gewerk vir dit wat ons besit en jy wil net vat? PROBEER !!!!!

HPV ·

Het CR gewerk vir sy rykdom of was dit regstellend vir hom en ander gegee? Die antwoord sal alles sê…

Elene ·

Liewe aarde mnr Ramaphosa.. Elke dag verander jou praatjies!!!

Jerry ·

JoeV, sou SAOG aan SA onttrek word en sanksies ingestel word is daar niks wat die ANC verder sal verhoed om summier oor te skakel na n sosialistiese kommunistiese staat waarna hulle so hunker. Westerse invloed, sentiment en die grondwet sal feitlik oornag soos mis voor die son verdwyn en dan sal die grond en eiendom aan die ANC staat behoort. Afri-Forum bepleit sanksies teen die ANC en die onttrekking van SAOG terwyl ons weet dat sanksies teen Zimbabwe weliswaar Zimbabwiers vir vier geslagte lank gestraf het, maar dat dit ook witmense in Zimbabwe se doppie finaal geklink het. Sou Afri-Forum dus hul sin kry met onttrekking van SAOG en met sanksies teen die ANC sal vergelding aan die orde van die dag wees en raak n Zimbabwe tipe scenario n al groter moontlikheid. Om te deel deur onbenutte grond teen staatswaardasie te verkoop is dus glad nie so n slegte opsie vir boere nie en samewerking en versoening waarborg dat die grondwet en demokrasie behoue bly en dat die Afrikaner vir die medium termyn steeds n plekkie in die son het in SA. Die Afri-Forum agenda sal die Afrikaner reeds in die korttermyn sy plekkie in die SA son kos! Deel nou die grond sodat ons nog steeds vrugte saam met die boere kan pluk. Dit mag ook dalk net plaasaanvalle drasties inkort!

Stuiwer ·

Historiese ongeregtighede? CR en kie moet nou bykom! Is dit al waaroor hulle kan praat? Die enigste kaart wat hulle kan speel? As hulle na 20 jaar plus nog niks kon regkry nie, sal hulle nooit nie. Dit maak nie saak hoeveel grond hulle vir hulle mense gee nie. En hoe kan dit wettig wees om grond te vat by iemand, sonder om hom te betaal, en dit aan ‘n ander te gee? Dis diefstal! Ek moet sê, CR is die enigste persoon wat ek al ooit van gehoor het wat diefstal wil “wettig”.

VanAfrika ·

CR aangesien jy so vrywillig is om te vat wat nie julle sin is nie, kan ek dan maar een van jou plase kry, verniet, daar is so baie wat ek daar kan verrig. n Wildplaas, n Blomme plaas, n spa, n vakansie oord, n plaas vir events, n boerdery, n vissery. Jy sien CR, ons wil nie net grond hê vir niks, as die blanke grond sien, sien hulle potensiaal. Ons sien nie net grond om dit af te brand, die verniel, om te moor en te martel nie. Ons werk, het nog altyd deur die eeue heen. Ek wag in spanning, laat weet my gou-gou wanneer ek kan trek na daardie plaas wat jy met my gaan deel en sommer net gee

Stuiwer ·

Laat ons kolonialiste almal die land verlaat, dan sien ons bietjie hoe die kaarthuis intuimel. Don’t bite the hand that feeds you…

Gerhard ·

Die ANC gaan nie stop met hierdie nonsens nie. Dit maak nie saak wat jy doen nie. Geen weerstand sal dit net vinniger laat gebeur. Dit is tyd dat Afrikaners dit begin verstaan. Die enigste antwoord is ons eie land, die res is drogredenasies. Punt.

Lizl ·

Nie ek of my ouers het ooit grond besit nie. Ek soek ook `n stuk grond. Maar, helaas, ek is wit, daarom sal ek dit op `n eerbare manier moet bekom. Maar omdat ek arm is, sal ek seker doodgaan sonder daardie stukkie grond. Die verskil tussen wit en swart.

Piet OVS ·

‘grond in staatsbesit gebruik’ dit klink vir my reg!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.