Deel van Kaapse pad vir drie maande gesluit

bergpad

Argieffoto: JanBaby/Pixabay.com

Die Stad Kaapstad het vandeesweek aangekondig dat Didovalleiweg in Simonstad vir drie maande gesluit sal wees.

Eddie Andrews, burgemeesterskomiteelid, het gesê die pad sal vanaf 26 September 2018 vir ongeveer drie maande gesluit wees tussen Penguinrylaan en 1ste Laan.

“Dit is om voorsiening te maak vir die konstruksie van ʼn nuwe rioolpyplyn. Ons vra om verskoning vir enige ongerief, maar dit is ʼn noodsaaklike diensleweringsprojek wat tot voordeel van die gemeenskap sal strek,” het Andrews gesê.

Motoriste is aangeraai om Glen- of Scalaweg as alternatief te gebruik.

Dié projek sluit die neerlê van 400 m se rioolpyp teen R1,8 miljoen in.

“Sodra dit geïnstalleer is, sal dié pyp die gemeenskap van Woodlands en die nuwe behuisingsontwikkeling in Didovalleiweg bedien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.