Deel van N2 in die Oos-Kaap gesluit

(Skermgreep via Google Maps)

ʼn Deel van die N2 is Sondagoggend in die Oos-Kaap gesluit weens brande wat steeds op die N2 naby Witelsbos woed.

Charles Bramwell, woordvoerder van die provinsiale verkeersowerheid, het gesê die alternatiewe roete is die R62 na Kareedouw via Joubertina tot Misgund in die Wes-Kaap. “Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sal ook versoek word om die N2 in die Wes-Kaap by die Tsitsikamma-tolplaza te sluit.”

Dit is nog nie duidelik wanneer die pad weer oopgemaak sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ella ·

Is dit nuwe brande? Dit kan mos nie so aangaan.
Die hele Kaap gaan afbrand. En dan…?
Wie gaan almal, veral boere wat diere moet kos gee, help wat na dese hulp gaan benodig?
My hart is seer vir ons land.

Rynus ·

EK bly in die omgewing en ons boer hier. Dit is baie droog veral die fynbos en denne plantasies, self ook die inheemse bosse. Ons is dankbaar dat ons weidings vir die diere darem groen is en ons nie baie risiko het vir brand nie. Die groot skade is dat baie denne plantasies afgebrand het. En van die inheemse bosse het skade. Dit is alles nuwe brande wat veprei is deur sterk wind, ek het gesien hoe die weerlig die berg aan die brand steek. Die gebrande varing blare lê oral in my erf en ek is seker 15 km van die brand af.

Hannah ·

Is daar moontlik ‘n webwerf waar mens opgedateerde inligting mbt die brande en waar dit tans brand kan kry asb. Nie Facebook ni. Dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.