Deel van N3 steeds gesluit ná betoging

Vragmotors wat op die N3 aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Verkeer word steeds op die N3 naby die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal herlei nadat betogers Sondagaand chaos in die gebied veroorsaak het.

Die N3-tolkonsessie het omstreeks 05:00 Maandag op Twitter bevestig dat noordelike verkeer by die plaza op die R103 in die rigting van Estcourt herlei word. Verkeer op die N3-Suid word op die R74 herlei in die rigting van Greytown.

Die tolkonsessie het egter berig die situasie is tans kalm en owerhede ruim tans die toneel op. Opruimingspogings het omstreeks 01:30 begin. Dit is nie duidelik hoe lank die pad nog gesluit sal wees nie.

Maroela Media het vroeër berig betogers het Sondagoggend gewelddadig geraak deur vragmotors op die N3 aan die brand te steek. Volgens berigte is tussen 10 en 15 vragmotors aan die brand gesteek, maar ʼn amptelike syfer is nog nie bevestig nie.

Volgens die verkeersowerhede het daar tussen 17:00 en 18:00 sowat 990 voertuie noordwaarts deur die tolplaza beweeg en sowat 740 voertuie suidwaarts, voor die betogings owerhede genoop het om sekere dele van die hoofweg te sluit en verkeer te herlei.

Die betoging was soortgelyk aan ʼn betoging op dieselfde plek oor Paasnaweek toe betogers brandende bande en ander voorwerpe gebruik het om die N3 te versper en ook minstens een vragmotor aan die brand gesteek en ander vragmotors geplunder het. Dié betoging is glo deur vragmotorbestuurders uitgevoer weens ontevredenheid oor lone. Dit is nie duidelik of dié kwessie ook die rede vir gisteraand se betoging is nie.

Maroela Media kon nie Maandagoggend onmiddellik die KwaZulu-Natalse polisie bereik vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Selfbeskikking ·

Die tyd vir redding raak min. Ons moet nou fokus op selfbeskikkinsonderhandelinge met die buiteland en die regering, anders gaan ons saam met die land sink.

Duitser ·

Die natalse polisie weet tien teen een nog nie van die voorval nie,goed vir niks

Grassie ·

Daar is lankal voorspel dat die land onder ANC-bewind in anargie gaan verval en dit is beslis wat nou besig is om te gebeur. Hier is “tussen tien en vyftien” vragmotors aan die brand gesteek sonder enige klaarblyklike rede. Elke vragmotor is miljoene rande werd en ook hul vragte. Ek glo die enigste werklike rede is dat die vragmotors geplunder wil word. Ek wens ek weet hoeveel voertuie die afgelope maand so vernietig is. Dit sal ook nie help om vir die vragmotors ‘n gewapende geleide te gee nie want as een plunderaar geskiet word gaan die skut met sy agterent in die tronk sit. Die “peoples” mag mos protesteer want hulle is “angry.”

Ja gestem ·

Ek is baie jammer dat ek die KP lede as verkropm afgejak het, julle was reg. My sosiale kring wat my oortuig het om ja te stem het almal al geemmigreer. Julle was reg. Deklerk was n verraaier.

Salie ·

Hoe lank nog,die polisie doen niks voor die betogers ons huise begin uitbrand.

Casper Labuschagne ·

Paasnaweek was ‘n wonderlike geleentheid om vragmotors te saboteer en aan die brand te steek, maar eers nadat die inhoud gestroop is. Toe het die polisie nie een enkele stroper aangekeer of eers ‘n skoot in hul rigting geskiet nie. Nou hoekom sal hulle dit dan nie weer doen nie?

“A-loota Continua!” is die nuwe bevrydingskreet.

Hanna ·

KYK WANNEER IS GENOEG – GENOEG???
Die SAP en SADF moet ingryp met lewendige amunisie en onder betogers inklim sodat hulle behoorlik, eens en vir altyd onder beheer te bring.
BETOGERS RUK HAND UIT EN DIE REGEERING DOEN NIKS!!!! Skandelik.

leroux Strydom ·

Spreek boekdele van die intiligensie en die misdaad “voorkoming” in die gedeelte van die land !!

Koos de Meyer. ·

Ja met die nuwe dawn gaan dit nou erger. Maar een ding is
seker, as hulle probeer om hier te brand by my
sal ek die reg in eie hande neem.

Wilmi ·

Vryheidsdag. Vryheid om …
ons paaie met veiligheid te gebruik? Nee.
Veilg in ns dorp of stad rond te beweeg? Nee.
Veilig in ons eie huise te slaap? Nee.
Enige menseregte? Geen.
Slegs die kriminele het regte in ons land.
As optogte in vrede geskied sal niemand ‘n woord rep nie, maar optogte en betogings is deesdae ‘n verskoning om te roof en plunder, moor en ander mense se eiendom te beskadig waarvoor hulle hard gewerk het. Hoe hartseer dat ons mooi land tot op daardie punt gekom het.
Sal jy gretig wees om n sulke omstandighede n S.A. te belê? Die regering moet maar hulle oë begin oopmaak want hulle staar hulle blind teen die anargie wat besig is om te eskaleer.

Ore ·

Ek kry die vragmotor eienaars baie jammer.Die plaaslike trok operatuers moet dalk vra waarom buitlanders bo hulle verkies word.Antwoord is eenvoudig,want die buitelanders WIL werk en eis nie heeltyd nie.Wat gaan gebeur indien die trok eienaars hulleself beskerm en vuur met vuur beveg? Dan word hulle aangekla.Die klomp verwoesters het niks om te verloor nie,ook geen regstelsel wat slagoffers help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.