Deel van N3 steeds gesluit ná betoging

Vragmotors wat op die N3 aan die brand gesteek is. Foto: Twitter

Verkeer word steeds op die N3 naby die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal herlei nadat betogers Sondagaand chaos in die gebied veroorsaak het.

Die N3-tolkonsessie het omstreeks 05:00 Maandag op Twitter bevestig dat noordelike verkeer by die plaza op die R103 in die rigting van Estcourt herlei word. Verkeer op die N3-Suid word op die R74 herlei in die rigting van Greytown.

Die tolkonsessie het egter berig die situasie is tans kalm en owerhede ruim tans die toneel op. Opruimingspogings het omstreeks 01:30 begin. Dit is nie duidelik hoe lank die pad nog gesluit sal wees nie.

Maroela Media het vroeër berig betogers het Sondagoggend gewelddadig geraak deur vragmotors op die N3 aan die brand te steek. Volgens berigte is tussen 10 en 15 vragmotors aan die brand gesteek, maar ʼn amptelike syfer is nog nie bevestig nie.

Volgens die verkeersowerhede het daar tussen 17:00 en 18:00 sowat 990 voertuie noordwaarts deur die tolplaza beweeg en sowat 740 voertuie suidwaarts, voor die betogings owerhede genoop het om sekere dele van die hoofweg te sluit en verkeer te herlei.

Die betoging was soortgelyk aan ʼn betoging op dieselfde plek oor Paasnaweek toe betogers brandende bande en ander voorwerpe gebruik het om die N3 te versper en ook minstens een vragmotor aan die brand gesteek en ander vragmotors geplunder het. Dié betoging is glo deur vragmotorbestuurders uitgevoer weens ontevredenheid oor lone. Dit is nie duidelik of dié kwessie ook die rede vir gisteraand se betoging is nie.

Maroela Media kon nie Maandagoggend onmiddellik die KwaZulu-Natalse polisie bereik vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Selfbeskikking

Die tyd vir redding raak min. Ons moet nou fokus op selfbeskikkinsonderhandelinge met die buiteland en die regering, anders gaan ons saam met die land sink.

Duitser

Die natalse polisie weet tien teen een nog nie van die voorval nie,goed vir niks

Grassie

Daar is lankal voorspel dat die land onder ANC-bewind in anargie gaan verval en dit is beslis wat nou besig is om te gebeur. Hier is “tussen tien en vyftien” vragmotors aan die brand gesteek sonder enige klaarblyklike rede. Elke vragmotor is miljoene rande werd en ook hul vragte. Ek glo die enigste werklike rede is dat die vragmotors geplunder wil word. Ek wens ek weet hoeveel voertuie die afgelope maand so vernietig is. Dit sal ook nie help om vir die vragmotors ‘n gewapende geleide te gee nie want as een plunderaar geskiet word gaan die skut met sy… Lees meer »

Salie

Hoe lank nog,die polisie doen niks voor die betogers ons huise begin uitbrand.

Casper Labuschagne

Paasnaweek was ‘n wonderlike geleentheid om vragmotors te saboteer en aan die brand te steek, maar eers nadat die inhoud gestroop is. Toe het die polisie nie een enkele stroper aangekeer of eers ‘n skoot in hul rigting geskiet nie. Nou hoekom sal hulle dit dan nie weer doen nie?

“A-loota Continua!” is die nuwe bevrydingskreet.